Gebreklike gemsbok kalf
Posted: Sun Jul 03, 2011 4:24 pm
Dag almal
Ons het Saterdag by my paar gemsbokke en springbokke geskiet. Ek probeer toe tussen die koeie nie dragtige bokke en swak kondisie bokke uitsoek omdat ek nie regtig meer bulle kan skiet nie, want die getalle van die bulle raak min.
Skiet toe die koei, met pens uithaal kom ons agter sy is dragtig, maar die uier wys amper glad nie. Maak die sak oop en kry toe die bokkie wat geen agter- of voorbene het nie en ook 'n lang bo-kaak (of kort onderkaak).
Dit is die eerste keer dat ek so iets gesien het en die vraag is nou: is daar besig om inteling plaas te vind, of is dit net 'n mutasie wat normaal in uitsonderlike gevalle voorkom? Oor die afgelope 5 jaar het ons 4 nuwe bulle bygebring om die bloedlyne te verander.
Is daar dalk al iemand wat ook so iets gesien het?
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_2766.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_2767.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_2768.jpg[/img]
Ek luister wat julle se.
Kalahari