Jag op Queenstown
Posted: Sun May 08, 2016 1:16 pm
Sondag middag in Queenstown aangekom, mense ontmoet en gewere gezero, ons het tuis gegaan in ‘n pragtige 1901 kliphuis by Wayne se ma en Boet. Sondag aand was ons bederf met n groot braai en tonne vleis. Plase Cloetendale en Peninsula sou ons huis wees vir die volgende 4 dae.
Maandag oggend was ons so 7am in die veld, en sonder gidse was dit net ek in die veld, Peet was berge toe op soek na eland. Ek het tweekeer Ribbokke gesien maar geen skoot gekry nie. Laat oggend het ek die Kei rivier se systroompie bereik, seker so 3.5-4km se stap en ‘n mooi Vlakvark sog inni kop geskiet op 83m van bo die kranse. Die koeël was ‘n 165gr Perigrine en is in by die vrat, deur die kop en net onder die oorkantse poot in die kieliebak herwin. Die ot het nooit eers besef ek is daar nie en so paar rukke gegee, ek moes haar kranse uitdra maar het toe eerder vir die bakkie en helpers gewag. Peet het sy Eland gekry en ons het dit entjie later met die trekker loop haal.
Die Middag is ek uit vir Blesbok op ‘n ander deel van die plaas en ‘n ram binne 1km gevind..so 20m bekruip vir ‘n oop skoot en op 60m n baie swak skoot gegee, te vêr agter die blad, hy het wel gebriek en kop oppi grond rongeloop en het n tweede skoot gekry. Was weer Perigrines maar is nie herwin nie. Peet het daai middag niks kon kry nie.
Tweede oggend was effe warmer en eks in 4grade met n kortbroek uit, veld was nat gedou en mis het heeltyd ingerol..Takbokke het my en die gids ontduik en ons is koppie toe om vir die mis te wag en die vlakte te bekyk. Het niks gesien nie en het die pad weer terug gevat vlakte toe, regs gedraai en tot volgende hoogte gestap. Vandaar ‘n Ribbok gesien daar waar ons eerste koppie stop was en weer terug geloop tot so 300m waar ons die bok laas gesien het, vandaar om die wind geloop en bekruip tot ons die bok raakloop op so 40m, hy het ons nie gesien nie en eers onraad bespeur toe hy in die 308 se kruishaar is. Ek was op my kniee en gras was effe lank en het nie stabile genoeg gevoel vir n kopskoot nie. Die nek was n groter teiken reg van voor af en die koeël is net bo die rug weer uit. Was Perigrine 165gr. Ek moes die jong gids terughou,,,hy wou hol na die skoot maar ek het hom laat wag tot die bok stil geraak het. Loop en stapwerk was seker so 3km en die skull sal ek mooi laat mount.
Die middag is ek en die selle gids weer uit en na so 2km se loop, vind ons so 15 takbokke onder die bome op so 140m. Daar was geen skoot nie en ek het hande 3 voet bekruip to op 93m waar ek n mooi ooi net agter die blad geskiet het..effe optraande met ‘n 130gr GSC koeël wat nie herwin is nie. Net toe eers sien ek die Stag wat verder skuins agter die trop verskuil was, hulle het nie weggehol nie en maar verder om die dooie ooi gewy..toe ek opstaan storm hulle daarweg…..my kiee bietjie moertoe maar kwaai trots op my bekruip vernuf..maar moet toegee dat die wild by Wayne net nou en dan vir tafel gejag word so hulle is nie onnodig wild en skrikkerig nie.
Het darm ook kans gehad vir tarentale, blou aap en ‘n wilde bul wat moes slagpale toe. Peet het ook n Ribbok, Blesbok en Takbok ram gekry….bekruip tot op 29m. Ons is ook uit vir ‘n jakkals jag maar kon niks kry nie.
Dit is ‘n harde jag plaas met geen bakkie jagte nie en as jy hou van stap en jag, is die jou plek, die mense is baie vriendelik en die staf is netjies en skoon. Die plaas is baie mooi en het genoeg wild om te skiet mits jy hard werk. My plek is reeds vir volgende jaar geboek.