Page 1 of 1

Haelpatrone herlaai vrae

Posted: Thu May 05, 2016 8:40 pm
by Johnnie De Wet
Naand Manne,
Waneer jy haelpatrone herlaai, mag die lood korrels by die pluisie se rim verbysteek of moet almal binne die pluisie wees?

Re: Haelpatrone herlaai vrae

Posted: Fri May 06, 2016 5:25 am
by obasch
Nee wat, daar kan maar verby die pluisie lĂȘ.

Re: Haelpatrone herlaai vrae

Posted: Fri May 06, 2016 12:10 pm
by Johnnie De Wet
Dankie Obasch.

Re: Haelpatrone herlaai vrae

Posted: Fri May 06, 2016 2:22 pm
by Pappabeer
Gooi die regte hoeveelheid om jou sterkrip te laat werk. Te min en hy duik in. Te veel en jou krimp maak nie toe nie.

Re: Haelpatrone herlaai vrae

Posted: Fri May 06, 2016 2:48 pm
by Johnnie De Wet
Dankie Pappabeer,

Die pluisie is vir 28g, maar as ek 28g ingooi is hy net verby die rim. Die krimp is perfek met die paar korrels verby die rim.

Re: Haelpatrone herlaai vrae

Posted: Sun May 08, 2016 5:32 pm
by Martin Marais
Johnnie

Solank die krimp mooi toe maak pla die paar korrels wat verby die rim van die pluisie staan gladnie. Ek wens ek kon nog meer korrels in die dop inkry omrede ek so sleg skiet met 'n haelgeweer ;) ;)

Groete

Martin Marais

Re: Haelpatrone herlaai vrae

Posted: Wed May 11, 2016 10:44 am
by Johnnie De Wet
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/2016051 ... eaab7e.jpg[/IMG]
More Manne,
Binne in haeldop sit hierdie moly of plestic ringetjie.
Party is so gespleet soos op foto. Tans gooi ek sulke doppe weg en herlaai hulle nie, maar nou sit ek en wonder of hul nie eintlik maar so lyk nog voor hul geskiet is nie? Dat hul so vervaardig is?