Page 1 of 2

Loop kapoet?

Posted: Sat Jul 02, 2011 7:00 pm
by Hugo
Manne as my loop kapoet is, gan hy moer bont skiet, was vanoggend by Sahara, die ou daar reken die loop is klaar, ek skiet die Gemsbok, as ek vir die hart mik, een in die kop, een mis een in die pens. Kan die loop so erg bont skiet? Ma die tyd met die 30.06 en groep van vyf rand geskiet, so ek weet nie meer nie.

Re: Loop kapoet?

Posted: Sat Jul 02, 2011 8:10 pm
by .::Alwyn-U::.
Sjoe! Daai is omtrent bond ne! Nie dat ek al 'n loop gehad het wat uitgeskiet is nie, maar ek kan eerlikwaar nie dink dat hy SO erg kan wees nie..

Hoop jy kom gou reg

Groete

Re: Loop kapoet?

Posted: Sat Jul 02, 2011 8:19 pm
by blaser
ludwig
weet jy nie dalk van n geweer smit in pta omgewing wat n geweer loop kan scope nie

Re: Loop kapoet?

Posted: Sat Jul 02, 2011 8:22 pm
by JPS
Vir interesantheid, watse scope het jy op?
Het jy seker gemaak jou scope ringe is nie los nie en ander boute is ook vas?

Ek twyfel of loop wat uitgeskiet is so bont sal skiet sommer dadelik, tensy jy nou al vir uk lank agterkom sy akuraatheid faal.
As hy van een skiet dag na volgende skiet so bont skiet is dit gewoonlik iets anders as die loop in my onderving....

Groete

Re: Loop kapoet?

Posted: Sat Jul 02, 2011 8:24 pm
by Fisher
remington wrote: ludwig
weet jy nie dalk van n geweer smit in pta omgewing wat n geweer loop kan scope nie
Thinus by Formalito het een.

Re: Loop kapoet?

Posted: Sat Jul 02, 2011 11:23 pm
by Cobus(Cobb)
Pietmuis!!!!!!!!!, maar dis rerig mo&r bont skiet...ek weet nie of 'n loop dit kan doen nie.....
Dalk "wingerdgriep" van die vorige aand se kuier, of scope is los....
Voor jou gunsmit toe gaan, maak eers 'n draai by die skietbaan en check daai scope

Cobus

Re: Loop kapoet?

Posted: Sun Jul 03, 2011 7:04 am
by Hugo
Ekt die geweer by LA Arms laat ingee, want daai knaap by sahara lyk nie of hy te veel weet nie, staan ek kyk vir die gun en loer in die loop en se " eks eerlik met my kliente, die loop is klaaaaar". So ek vra mar 2de opinie, ek like die sahara ou nie baie nie, lyk of mens hom pla as jy iets vra.

Re: Loop kapoet?

Posted: Sun Jul 03, 2011 8:49 am
by Jagtersdok
Daar is iets anders fout.

"n klaar loop skiet nie so bond nie.

Re: Loop kapoet?

Posted: Sun Jul 03, 2011 9:27 am
by Hugo
En ekt al die moeite gedoen om 'n ander scope te reel en hom nie opgesit nie oor die man mos 'n "kenner" is. Hyt seker 'n paar rand gesien sy kant toe kom vir die nuwe loop. Aap!

Re: Loop kapoet?

Posted: Sun Jul 03, 2011 11:07 am
by tafjak
Hugo

Watter gewig koe?ls skiet jy? Jy kan altyd langer koe?ls laai om te check of die loop uitgeskiet is. Gewoonlik wys 200greiners dit mooi. Kyk ook mooi hoe v?r jy van die lands af is, die lope wat ek al uitgeskiet het bly gewoonlik goed tot op 'n dag en dan is alles deurmekaar.

Meet die throat, dit is al wat werk en jy kan self sien of die loop klaar is. 'n Uitgeskiete loop kan bont skiet, vreeslik bont en so erg dat jy die teiken kan mis op 200meter. Het ook gesien dat "vuil" loop/throat dit beter kan maak, maar na elke skoonmaak is dit weer dieselfde storie.

30-06- en 308's is nie so kwesbaar vir lope uitskiet nie, gewoonlik maar ou/geroesde loop omdat hulle mos net wintermaande uitgehaal word.

Hoop[ dit help

Mooiloop

Ps. Wees op die uitkyk vir 'n "blow ring", maar voel dit maklik aan die buitekant van die loop.

Re: Loop kapoet?

Posted: Sun Jul 03, 2011 11:53 am
by DSBW
Hugo

Taffie is 100% reg, as jou loop regtig gegaan het, skiet hy ongelooflik bont. Inteendeel, jy staan 'n goeie kans om niks raak te skiet nie, afhangend van hoe erg die skade is. 'n Uitgeskiete loop sal vir 'n onbepaalde tyd so so skiet, met al hoe meer onverklaarbare "flyers" tussen in, party keer twee drie skote baie swak en dan weer beter, tot op 'n dag.

As hy gegaan het is dit verby, ek het met 'n Remington Magnum 14 skote op 'n springbok geskiet op 115 meter, die laaste skoot was deur sy pens, die ander almal mis.

Baie JB paste in die "keel" area en lang punte kan vir 'n tydjie help, maar die verligting is van korte duur.

Soos taffie self s?, 30-06 is nie swaar op 'n loop nie, die geweer moes al baie geskiet het om op daardie punt te kom.

Dawie

Re: Loop kapoet?

Posted: Sun Jul 03, 2011 12:02 pm
by Monrique (SJ)
n 30-06 is difinitief nie swaar op n loop soos Taffie en Dawie se.  Ek het al met 2 geskiet, die 1ste een is n Sako en is 40 jaar oud, en is al baie geskiet, die ander ene is n Musgrave Lyttelton en is 33jaar oud en ook baie geskiet. 

Altwee die roere skiet nog baie netjies.

Groetnis

Re: Loop kapoet?

Posted: Sun Jul 03, 2011 12:11 pm
by Hugo
Dis 'n 7x57 Muaser, die ander een wat ek goed mee skiet iss 30.06, mar die 7 is gebogger en ekt al better groepe met 'n kettie geskiet, hys nou in en ons sal maandag die storie agter die storie hoor.

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 10:04 am
by Hugo
Ok, die ent van die saak is,

Die loop was dom vuil  :-[ :-[ :-[ :-[ :-[ :-[

Die kroon was uitgeskiet,

1" korter loop en nuwe kroon gesny en loop mooi skoongemaak en R400 later is die wapen weer 100%.

Dankie aan Sahara Arms wat 'n nuwe loop wou opsit, julle dra rerig julel kleinte se bealnge op die hart.

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 10:20 am
by blaser
het jy die geweer al ge skiet
klink darem of die ou by sahara darem nie heeltemal verkeerd was nie

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 10:21 am
by 300Winmag
Ag ek's bly jy het hom reg gekry! Nou wag ons vir daai papier bokke.

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 10:32 am
by Hugo
remington wrote: het jy die geweer al ge skiet
klink darem of die ou by sahara darem nie heeltemal verkeerd was nie
Ek wil hom sondag probeer skiet, ekt die groep gesien wat die smid hom geskiet het en hys mooi man.

Sahara sou my R5k gekos het die mense kos my R400.

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 1:18 pm
by martinf
Dit klink na 'n gelukkie. Nou kan jy sommer jou nuwe scope opsit met die geld wat hulle jou gespaar het!

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 1:49 pm
by Tomcat
Hugo
Hugo wrote: Die kroon was uitgeskiet,
Verduidelik bietjie daai een?
Hugo wrote: 1" korter loop...
Klink vir my of daar wel n foutjie met die lands was, kry maar vir jou n ander loop solank want jy koop net tyd. Hy gaan jou weer drop.

Groete
Tomcat

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 2:37 pm
by 300Winmag
Tomcat wrote: 1" korter loop...
Klink vir my of daar wel n foutjie met die lands was, kry maar vir jou n ander loop solank want jy koop net tyd. Hy gaan jou weer drop.

Groete
Tomcat
[/quote]

;D Die land sit aan die anderkant as die kroon (Jammer kon nie help nie  ;D ) Hulle het doe velletjie voor af gesny - niks met die lands te doen nie.

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 4:02 pm
by Tomcat
300WinMag
300Winmag wrote: ;D Die land sit aan die anderkant as die kroon (Jammer kon nie help nie  ;D ) Hulle het doe velletjie voor af gesny - niks met die lands te doen nie.
Die hele loop het lands, of behoort te he ;D anders is daar fout. Maar aangesien jy op hoogte van sake is hoekom sal n mens n loop 25.4mm korter sny om die kroon oor te sny?

T

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 4:06 pm
by Hugo
hys +- duim korter want hul het sommer die KD se thread ook afgeny want ek gebruik hom nooit nie.

Jammer ek confuse die manne.

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 5:17 pm
by tripodmvr
Jy moes net ges? het dat hy besny gaan word.

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 5:19 pm
by Hugo
Hys nou n jood.

Re: Loop kapoet?

Posted: Thu Jul 14, 2011 5:27 pm
by 300Winmag
Hugo wrote: hys +- duim korter want hul het sommer die KD se thread ook afgeny want ek gebruik hom nooit nie.

Jammer ek confuse die manne.
Sjoe dankie Hugo!! Almal dink nie dis so snaaks nie - amper word ek ged&*^$&*^er.