Page 1 of 2
Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sat Jul 02, 2011 4:12 pm
by Dewie
Halo Ooms
Altyd as ons gan jag en ons het 'n bok geskiet,dan sny ons die bok se keel af.
En ek wou net geweet het of dit regtig nodig is om dit te doen
Leker dag
Dewie
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sat Jul 02, 2011 5:39 pm
by Monrique (SJ)
Ek sal se dit is nodig, so gou moontlik nadat die bok geskiet is, sodat die bok kan uit bloei.
Groetnis
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sat Jul 02, 2011 6:35 pm
by Danie Lombard .243
Keel afsny en karkas uitbloei (soms kom daar net 'n bietjie bloed uit by die keel na 'n lyf skoot) is baie belangrik. Bloed is die lont vir die ontbinding proses. Bloed laat die karkas vrot. Dit is ook hoekom dit so belangrik is om so gou moontlik die ingewande en hartslag (longe en hart) te verwyder na die bok gejag is. 'n Skoon karkas vry van bloed is die ding om na te streef.
Binne filette smaak darem erg na pens mis as die pens eers uitgehaal word 'n tyd na die bok gejag is en die pens soos 'n ballon op geblaas is.
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sat Jul 02, 2011 6:37 pm
by Beyers
Dewie
Dis nodig dat die bok uitbloei,maar dit is nie nodig dat die keel gesny word nie. Mens kan ook die pens trek en dan die groot are wat teen die ruggraat loop afsny sodat die bok uitbloei. Mens doen dit as jy die vel wil behou om 'n trofee op te stop
Beyers
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sat Jul 02, 2011 6:53 pm
by BLOUVALKIE
dewie
oom beyers is reg as n bok dood is klop sy hart nie meer nie so hy kan nie meer bloei ni. my pa het my al gewys as ons n bok oopsny hoe baie bloed daar in hom is as jy sy pens uithaal want dan bloei hy uit deur daai dik aaar onder sy ruggraat. jy moet net gou sy pens uitsny dis al
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sat Jul 02, 2011 7:11 pm
by Hugo
Jy kan die groot aar in die agter lies afsny, of aan sy regter kant van die nek jou mes indruk en die slagaar afsny en so ook kan hy bloei, as jy 'n goeie long sskoot geskiet het gan die dier binne 80% van sy bloed in ssy cavity uitbloei, my opinie,
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sat Jul 02, 2011 7:27 pm
by BLOUVALKIE
oom Hugo
+1
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sat Jul 02, 2011 7:42 pm
by Dewie
Naand
Dankie vir die inligting dit help my baie nou weet ek hkm dit nodig is daarvoor

En Blouvalkie ek dink ook die hart klop ni meer as di bok dood is ni
Hahaha
Lekker aand
Dewie
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sat Jul 02, 2011 7:47 pm
by James Wilson
lekke Danie243, ek het al gewonder of jy os gelos het? hoe lyk daai 300 met sy laminated kolf, of is jy so stil omdat dit n fout was?
James
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sat Jul 02, 2011 9:14 pm
by Danie Lombard .243
Hallo James.
LOL! Ek is nog hier.
Gaan jou sommer hier ant. Gaan dol hier op die plaas, werk is baie en die jag vereniging hou my baie besig. Jy sal nie glo nie, ek het eers gister, Vry 1 Julie die kolf laat pak en die plek vir die loop laat uit mill. Ek wou al lank al aan die kolf werk maar kry nie tyd nie. Die .300 WM lyk kook water met die nuwe Boyds kolf. Ek is heel in my skik. Moet hom nog net skiet, sal seker so volgende week of dalk volgende naweek kans kry om te skiet. Sal jou laat weet hoe lyk die groepe.
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sun Jul 03, 2011 10:07 am
by Spanner
Ek hou ook glad nie van die keel afsny nie , ek bedoel hier van die slykderm in die keel. Ek sny wel weerskante onder die ore na die keel toe, maar net diep genoeg om die are in die nek af te sny en nie die slukderm ook nie. Die penssappe wat by die keel uitloop bemors die vleis rondom die keelsnit. Dis hoekom ek versigtig is om die slukderm nie te beskadig nie. 'n Long- of bladskoot bok gaan vreeslik baie intern bloei en ek mors eintlik net my tyd om die keel of nek are af te sny. Dis net nog 'n plek waar gemors kan inkom en dit moet later weer afgewas word.
Spanner
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sun Jul 03, 2011 1:14 pm
by BLOUVALKIE
ek stem saam oom spanner ons het nog nooit 'n keel gesny nie.
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sun Jul 03, 2011 4:06 pm
by Dewie
Dankie vir die inligting sal by die volgende jagnaweek doen
Die are afsny
Dewie
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sun Jul 03, 2011 5:43 pm
by LN (Louis)
Ek sny ook nie die keel af maar nie oor die gewone redes nie . Ek kan dit net nie oor my hart kry om die keel te sny nie

. 'n Skoot met die 9mm agter die kop is genoeg versekering dat die bok nie weer sal opstaan nie. In elk geval bloei hy/sy binne soveel dat dit net tyd en vel mors is. Het nog ook nog nooit 'n probleem gehad as ek nie die keel sny nie.
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sun Jul 03, 2011 8:17 pm
by Dewie
Halo oom LN
As ek die bok se keel afsny dan bloei hy net so bietjie
Dewie
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sun Jul 03, 2011 10:09 pm
by .::Alwyn-U::.
Nog steeds nodig Dewie

Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Sun Jul 03, 2011 11:31 pm
by Swys14
ek's nie 'n groot kenner nie maar jys reg, mutasie of inteling.
Iemand het vroeer genoem dat jy al die bulle moet laat uitskiet en nuwe bloed in koop.
Kry dalk net iemand wat kan ruil met jou, wat naby jou is. Daai vervoer is ook maak duur.
Om nuwe bloed in te kry sal jy in elkgeval moet vervoer koste betaal.
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Tue Jul 05, 2011 2:35 pm
by theedge
Jare terug is ek geleer
1. Die Ram/Bul se sak moet af.
2. Die dier moet uitbloei.
Dit is soos ek geleer is en gedoen het - toe kom die tyd wat ek nou self doen en moet leer (kennis oordra) Kom toe agter om n bok se sak af te sny maak oop plek (oop vleis vir bromers om te kom le) ek het gestop en nie meer die sak verwyder nie - kon nie verskil in vleis proe nie.
Ek moes toe ook agter kom n bok het net soveel bloed - nadat ek n kudu in die nek geskiet het, het ek gesien hoe baie bloed op die grond le - toe besef dat as die dier n goeie skoot het is dit nie regtig nodig om die keel te sny nie. Ek het toe begin kyk na hart skoot en long skoot en kop en nek skoot met n kopskoot brein sal ek aar sny vir bloei maar vir die ander skote pla dit my nie - dit is dan nou uitlik hoekom die dier val - verlies van bloed wat die bloeddruk laat val - gevolg die dier kan nie meer op die bene staan nie. As n man met boog skiet sien n ou gou hoe vinnig n dier val met n skoot deur die hart en longe daai lemme sny mooi. Ek het die naweek weer gesien hoe borrel die bloed by n bosvark uit - skoot op die knoppe - pens uitgehaal en wou nog die hoof aar in die rug sny toe is daar nie n druppel bloed nie.
Dit is net my waarneming oor die tyd. En hoe ek nou werk
Sny nie meer keel tot ek gorel uithaal.
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Tue Jul 05, 2011 3:58 pm
by .::Alwyn-U::.
Swys14 wrote:
ek's nie 'n groot kenner nie maar jys reg, mutasie of inteling.
Iemand het vroeer genoem dat jy al die bulle moet laat uitskiet en nuwe bloed in koop.
Kry dalk net iemand wat kan ruil met jou, wat naby jou is. Daai vervoer is ook maak duur.
Om nuwe bloed in te kry sal jy in elkgeval moet vervoer koste betaal.
Swys ek dink jy het op die verkeerde post reply..
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Tue Jul 05, 2011 8:09 pm
by Dewie
Halo
Ek het ook gewonder hoekom moet ek nuwe bloed intap as ek die bok se keel afgesny het
Groete
Dewie
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Wed Jul 06, 2011 4:39 pm
by BLOUVALKIE
haha dewie goeie een

Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Thu Jul 07, 2011 10:41 am
by MJK
As bok kopskoot gegee het sal sien die hart het nie boodskap gekry nie en hou aan met klop. As nek afgesny word, spuit die bloed behoorlik. Met die Kudu koei van onlangse jag kan ek duidelik sien daar is baie minder bloed in die vleis omdat behoorlik uitgebloei het. Ook gesien met die s/bokke geskiet vanjaar. Die karkas verwerking was baie aangenamer as wat nie uitgebloei het nie (plas bloed in slagpale ,ens
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Thu Jul 07, 2011 10:49 am
by Dewie
Halo Oom MJK
Toe ons so 'n maand terug gaan jag het,het die een laaitie wat saam ons gaan jag het 'n Gemsbok in die keel geskiet,en die Gemsbok het dadelik geval.
Toe ons daar kom en die keel afsny,toe spyt die bloed ook so in 'n straal
Dewie
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Thu Jul 07, 2011 11:18 am
by Lourens
Ou Dewie ek dink dit is ook grootliks maar 'n persoonlike keuse. As jy jag en 'n bok skiet (myt 'n lyf / nek skoot) en die bok word van daar af vervoer na die slag plek sonder om ure se tyd te mors dink ek nie dis noodwendig nodig nie. As jy die die dier 'n ruk lank moet los voordat hy geslag word is dit dalk wys om die keel af te sny sodat die bloed kan uit. As jy wil trofee maak sny dan eerder die hoof are by die rug af soos die manne hier bo praat.
As jy 'n kopskoot skiet of besig is om te oes en dus net kopsskote skiet dink ek dis belangrik om die keel af te sny dat die bloed kan uit, kopskote bloei nie oor die algemeen lekker baie soos 'n goeie lyfskoot nie en dus moet jy die bloed op ander wyse uitkry.
Groete,
Rooijakkals
Re: Is dit nodig om keel ooptesny
Posted: Thu Jul 07, 2011 11:44 am
by Dewie
Halo almal
Ek wil net graag weet waar sit die hoofaar in die rug,,,
en waar ek moet sny as ek die aar in die rug wil afsny???
Dewie