Page 1 of 1

Wouter, Wouter kom in.

Posted: Tue May 03, 2016 12:21 pm
by Chevvy SS

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Tue May 03, 2016 1:02 pm
by Andre308
So tjop n D4D...of wat noem hulle daai lang neus 2.8 ook al.

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Tue May 03, 2016 1:17 pm
by Wouter Roets
Chevvy

Ek weet nie meer wat om te glo nie! My vrou kry hare vanmiddag en ek sal myne seker teen die einde van die week of vroeg volgende week kry. Ons handelaars DP het vroer vandag gese die 3.0 V6 is deur VWSA confirm vir volgende jaar in die tweede helfte saam met die facelift. Hy het wel niks gese van die 2.0 enjen wat gedrop gaan word nie. Ai dit maak mens lekker deurmekaar as niemand weet wat aangaan nie. Ek wag nou al van Desember af vir hierdie bakkies met die zennon ligte.

So terloops ek het n knaap gekry in Potch wat die ECU herprogrammeer. 220-130kw en 700-750nm is wat hy gemiddeld uit die 132 kw weergawe uit kry op n dyno. Oorsee kry jy die Passat in n 176kw en 500nm weergawe. Volgens die DP wat aan die begin van die jaar by hulle fabriek in Duitsland was is die komponente op die twee enjens absoluut identies. As jy op Racechip se webtuiste gaan loer is dit ook wat hulle uit daai enjen kry met hulle Ultimate Chip. So daai knaap se syfers blyk heel geloofwaardig te wees. Hy vra maar R3000 per enjen so ek dink ek gaan dit maar doen. As die 3.0 volgende jaar kom dan sal ek maar opgradeer.

Groetnis
Wout

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Tue May 03, 2016 1:37 pm
by Smitstertjies
Wout, my eerlike opinie is dat jy dit dalk nie gaan nodig vind om op te gradeer volgende jaar nie. Daars absoluut niks fout met daai 2L se verrigting nie. Jy gaan heel verbaas wees.

Baie geluk met die nuwe wa.

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Tue May 03, 2016 1:43 pm
by Capt. Yoda
Hoes daai ding wat hulle se wat alles in 2L kom?

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Tue May 03, 2016 1:49 pm
by Wouter Roets
Martin

Nee ek ken die bakkie goed. My broer is nou al op sy tweede een. Ek is ook maar ongelukkig een van daai manne wat glo aan Too much power is just about enough! Ek oorweeg dit om ook n ECU upgrade op my nuwe Q7 te doen. Ek begin nou mak word met hom en soek al klaar weer n vinniger een. Meskien moet ek maar wag vir die SQ7.

Ek is baie opgewonde oor die Amarok. Dit is n helse lekker bakkie en met hierdie nuwe zennon ligte lyk hy sommer heel anders. Dankie vir die gelukwensing.

Groetnis
Wout

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Wed May 04, 2016 8:10 am
by Wouter Roets
Chevvy

Ons DP het gister terug gekom na my toe. VWSA het bevestig dat hulle volgende jaar die 3.0 V6 TDi 165kw 550nm weergawe gaan beskikbaar stel as hulle vlagskip model. Die 2,0 weergawes in enkel en dubbel turbo sal nog steeds beskikbaar wees en die se syfers bly onveranderd.

Groetnis
Wout

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Wed May 04, 2016 8:17 am
by tripodmvr
Die naweek die eerste keer in 'n Amarok gery. Daardie 8 spoed ratkas is 'n droom. Van 8 na 7 verwissel sonder dat ek dit kon hoor of voel. Rygerief is ook iets besonders.

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Wed May 04, 2016 8:27 am
by Smitstertjies
Wouter. Lyk my dis maar jou persoonlikheid om alles te laat Ackley. Selfs jou voertuie. Niks fout daarmee nie ;D ;D

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Wed May 04, 2016 8:45 am
by Wouter Roets
Martin

Jy moet my vrou sien! ;D

Oom Maruis die Amarok is in n hele paar afdelings ligjare voor die opisisie. Die 8 spoed ratkas is dieselfde as wat in die Taureq gebruik word en het nie gelyke in die bakkie segment nie. Dit is ook die enigste bakkie met permanente 4x4 wat baie mense nie van bewus is nie. Sy rygerief en hantering laat my Hilux skaam kry.

So gepraat oor bakkies. Ek kan julle nie vertel hoe teleurgesteld is ek met Toyota se poging met die nuwe Hilux nie. Om te dink hy is in 2014 deur die hoof van ontwikkeling van Toyota teruggestuur nadat hy gevoel het die nuwe bakkie is nie opgewasse vir die opisisie nie en dit wat hulle mee vorendag kom is n skande. Niks jel vir my op daai bakkie nie. Ek dink wel dit is n goeie enjen, maar o-wee daai outomatiese ratkas laat veel te wense oor. Die handrat is wel een van die beteres. Ek kan ook net nie gewoond raak aan daai swak ken nie.

Drie van ons bestuurder kry nou nuwe bakkies en al drie het die nuwe Ford 2.2 DC gekies. Twee van hulle is ook ou Toyota manne en kon kwailfiseer vir die 2.8 Toyota DC. Dit se vir my bitter baie. Die dae van die Toyota dominansie is lyk my vir eers iets van die verlede.

Groetnis
Wout

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Wed May 04, 2016 9:00 am
by Carl
Wouter Roets wrote:Ek kan ook net nie gewoond raak aan daai swak ken nie.

Groetnis
Wout
http://www.dumpaday.com/wp-content/uploads/2014/03/im-phreaking-out.jpg

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Fri May 06, 2016 8:28 am
by Wouter Roets
Carl

Netso! Dan moet daar nog n nudge-barr ook opkom op daai neus.

Groetnis
Wout

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Fri May 06, 2016 7:05 pm
by Pappabeer
Wouter, die nuwe Hilux is beslis n teleurstelling. Ek het so n gevoel ek is tans op my laaste Toyota, mits ek oor n paar jaar een van daai "5 jaar oud, met 20K kilos op" 3.0 D4Ds tweedehands raakloop. En die kans daarvoor is kleiner as dat ek swanger word.

Wat die Q7 en die Touareg betref, hoekom het jy vir eersgenoemde gegaan?

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Mon May 09, 2016 8:01 am
by Wouter Roets
Dewie

Ek het iets gesoek wat meer dimanies is as die Land Cruiser 200, maar ek wou tog nog steeds baie van die aspekte van die 200 behou soos spasie. In kort het die nuwe Q7 die naaste daaraan gekom. Ek moet se ek is baie in my noppies met die kar en geniet hom geweldig. Hy is vir my the pick off the bunch as dit by die Duiters kom. Die enjen veral is n juweel.

Groetnis
Wout

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Mon May 09, 2016 8:46 am
by tau
EK verstaan die manne kla oor die Amarok se 4x4 vermoë as dit by reverse kom. Blykbaar is daar nie die opsie vir Lowrange Reverse nie en dit is 'n probleem. Is dit so? Of is daar 'n hill desent funksie wat help?

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Mon May 09, 2016 9:53 am
by Wouter Roets
John

Die Amarok het nie low range nie. Sy ratverhouding van die 8 spoed ratkas is wel aangepas om daarvoor te kompenseer. Dit kan n geldige punt wees met die reverse gedeelte dat hy nie laag genoeg gerat is nie. Hy het wel n hill decent funksie.

Groetnis
Wout

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Mon May 09, 2016 10:45 am
by tau
Wouter Roets wrote:John

Die Amarok het nie low range nie. Sy ratverhouding van die 8 spoed ratkas is wel aangepas om daarvoor te kompenseer. Dit kan n geldige punt wees met die reverse gedeelte dat hy nie laag genoeg gerat is nie. Hy het wel n hill decent funksie.

Groetnis
Wout
Dit is die storie van die gidse wat die Sesriem - Walvisbaai roete aanbied. EK dink die 8 spoed is asemrowend, maar na my 2.0 TDI ervaring in my Passat is ek eers bietjie bang vir die klein engine in die groot bakkie.

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Mon May 09, 2016 10:50 am
by Pappabeer
Vir die van julle wat al 600m, om twee draaie, moes reverse teen Sani Pas af in die sneeu en ysreen oor n Landrover voor jou wat gebreek het. Low Range Reverse is n riem onder die hart.

Dankie vir die reply oor die Q7 Wouter. Ek was nog nooit in een nie, maar wel in n Touareg. Dit maak sin wat jy sê.

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Tue May 10, 2016 8:00 am
by Wouter Roets
John

Ja daar is baie manne wat huiwerig soos jy voel oor die klein kapasiteit motors in bakkies veral. Ons sal maar moet gewoond raak daaraan of ons daarvan hou of nie. Dink maar net hoe skepties ons n paar jaar terug was oor turbo diesel tegnologie. ;)

Kyk bietjie deesdae hoe maak die 2.0 en 2.2 diesel en petrol motors hulle buiging in groot SUV's sowel as die groot sedans. Wel dit is nou by die Europeers, maar hulle is maar die trendsetters in die motorbedryf. Die realiteit is dat die bakkie vervaardigers so bietjie agter is as dit kom by veral dieseltegnologie enjens met die uitsondering van die Volkswagen groep. Met die uitlaatgas restruksies en wetgewing gaan hierdie vervaardigers geforsseer word om meer geld in hulle RD programme te stoot. Ek weet die VW groep se RD budget sal selfs vir JZ opgewonde maak oor n nuwe projek of drie daar by Nkandla.

Dewie doen jouself bietjie die guns en maak n draai by n Audi handelaar en gaat vat n nuwe Q7 vir n draai. Ek waarsku jou vooraf dat dit so bietjie anders is as jou average 3.0 D4D!

Groetnis
Wout

Re: Wouter, Wouter kom in.

Posted: Fri Jun 10, 2016 11:15 am
by Arnold van Wyk
Carl wrote:
Wouter Roets wrote:Ek kan ook net nie gewoond raak aan daai swak ken nie.

Groetnis
Wout
http://www.dumpaday.com/wp-content/uploads/2014/03/im-phreaking-out.jpg