Page 1 of 3

Tips vir Julie maand

Posted: Fri Jul 01, 2011 12:46 pm
by Gerhard
Ek dink daar het n klomp manne die laaste week agter gekom dat die jakkalse reeds begin paar het en dat die jakkals pare begin om hulle gebiede te beskerm...

Julie maand is die begin van die "maklike" tyd perk wat voorl?.

Onthou die basiese goed moet nog steeds reg gedoen word om daai jakkals om te kry.
  • Staan plek
  • Gebruik die wind
  • Skiet raak
  • Trek warm aan
;D  ;D  ;D


Soos julle die maand roep en skiet kom sit asb terugvoer op en gee tips oor wat vir jou gewerk het om jakkals in te kry en dood te skiet

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 7:53 am
by Wiehan111
Reg manne loop oop met die tips laat ons juniors kan leer hoe wat waar  ;D

Groete

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 9:44 am
by MEERKAT
Maters

Eerste twee vir Julie maand

Het goeie idee waar hulle kerngebied is.
Stilte 15 minute

Kosklanke vir 20 minute met 3-4 minute tussen poses. (ore 5 , steenbok combo, dg2 , ore3)

Mooihuil , goete antwoord mooi. Stilte 15 minute , weer kos op selfde manier.
Eers kom teef links oor pad , maak haar dood . Lang stilte tel reun oe op regs van pad maak hom dood.
Baie mooi broeipaar 3jr plus , beide leeg , was seker maar hongerig.

Dit was geensins my idee van hoe ek vir hulle klanke gaan speel die aand nie. Praat net voor donker met Taffles en siedaar. Taffie as ek dit reg kan onthou het jy dit so uitgespel of altans ek het dit so gespeel,verander tog die volgorde indien dit verkeerd is voor ek my naam gat maak.

Vir julle daar buite luister maar as die baas van klanke met julle praat.
Mooi loop
MEERKAT

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 9:57 am
by tafjak
Meerkat

Die geheim hier is natuurlik dat die kerngebied bepaal is, en weer: "Jy kan nie jakkalse hierdie tyd van die jaar jag sonder om kerngebiede te bepaal nie"! Finish en Klaar!

Die sequence wat jy gegee het is wat ek gebruik.

Mooiloop

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 10:59 am
by Wiehan111
Taffie

Waar kom die territoriale en agressiewe klanke dan in? Hul gaan mos van nou af baie aggresief begin word.

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 11:12 am
by tafjak
Wiehan

Waarom wil ons f?nsie word? As ons nou 322 klanke tot ons beskikking het, moet ons seker nou nie almal gebruik nie.

Jakkalse is geselsers en kan hulle possisie weggee daarmee, maar dit is nou nie nodig vir ons om in geselskap te tree met hulle nie. Ons ken nie hulle taal nie en moet maar daarvolgens handel. Dit is beter om jakkalse se lewenssiklus en gedrag te verstaan en te ken eerder as hulle taal.

Bly by jou sequence wat werk en moenie worry dat jy miskien so paar gaan mis nie(inroep nie), die sequence gaan mos sorg dat jy die meeste(50-80%) van hulle skiet. Later as jy jou eie sequence verstaan en gebruik sal jy so ietsie ekstra leer wat om te maak in sekere gevalle. Nagte omsit met die spesie is die beste leermeester! Daarom is daar klanke beskikbaar om sekere gevalle te hanteer, maar is nutteloos as jy nie die ondervinding(nagte in die veld) het nie.

Hoekom is 2+2=4, 1+1+1+1=4, 3+1=4? Weet nie, maar dit is net so.

Mooiloop

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 11:14 am
by tafjak
Wiehan

En nog so ietsie:
Wiehan111 wrote: Hul gaan mos van nou af baie aggresief begin word.
..........vertel jy my hoekom.

Mooiloop

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 12:21 pm
by Louis102
tafjak wrote: Die geheim hier is natuurlik dat die kerngebied bepaal is, en weer: "Jy kan nie jakkalse hierdie tyd van die jaar jag sonder om kerngebiede te bepaal nie"! Finish en Klaar!
Wiehan, skryf die stelling van Taffie hierbo met pen (nie potlood nie) op bladsy 1 in jou klein swart roepboekie.  Sommer groot swart letters - drukskrif, as jy wil.

Hoekom s? ek so?  Ek het dae/nagte om spandeer om my eie goeie roepklanke vir hierdie spesifieke moeilike tyd waarin ons nou is, te vervaardig en 'n klomp proenemings te maak.  Ek het al my bietjie kennis, ondervinding en passie vir die tipe van ding gebruik en wat my aanbetref met 'n paar voortreflike klanke vorendag gekom.  Ek is vol hoop veld toe met hierdie nuwe klanke en wat kom ek agter?  Waar jou staanplek is, is veel belangriker as die klank wat jy speel.  Andersom, maak nie saak hoe mooi en uitstekend die klank is nie, sukses word eerder deur die keuse van jou staanplek bepaal.  Of nog anders ges?, selfs die eenvoudigste klankie wat 'n jakkals nuuskierig maak, werk in hierdie tyd uitstekend, met die voorwaarde dat jy "die beste staanplek" binne sy kerngebied gebruik. ("die beste staanplek" het natuurlik 'n baie lang definisie)

Nog 'n ding, hoekom leer Jaracal ons dat die moeilike tyd eers op 15 Julie op 'n einde is?  Ek weet nie hoe hy aan daardie datum gekom het nie, maar ek kan raai.  Ek het al die OTA's en ander data wat ek in die hande kon kry, fyn bestudeer.  Heinrich is 100 % reg, jakkalse kry van middel Julie tot Oktober kleintjies, met die piek iewers in Augustus.  Hoog dragtige stelle of stelle met kleintjies sal geneig wees om meer agressief te reageer op klanke soos Jakkalshuil.  Die wet van gemiddeldes is dus dat jou kanse eers van middel Julie af beter raak met iets soos Jakkalshuil.  Nie te s? dit kan in uitsonderlike gevalle nie voor die tyd werk nie, maar voor die tyd is beslis 'n slegte idee, in die oorgrote meerder van gevalle.

Heinrich Funck is 'n ou uitgeslape GURU wat se raad nie sommer so versmaai moet word nie.  Ek is lief om myself slim te hou, maar kom keer op keer agter dat ek besig is om die wiel te herondek.

So dink ek in elk geval.  Julle moet my maar reg help waar ek twak praat.

Mooiroep
Louis

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 12:32 pm
by Louis102
Mag ek net bys? my slimstories in die vorige post verwys na plase waar jakkalse gejag word en hulle relatief min per hektaar is.  Waar jakkalse baie vollop is, mag die gebruik van jakkalsroepe dalk heel anders toegepas kan word.

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 12:49 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:...Nog 'n ding, hoekom leer Jaracal ons dat die moeilike tyd eers op 15 Julie op 'n einde is?... ...al die OTA's en ander data wat ek in die hande kon kry, fyn bestudeer.  Heinrich is 100 % reg, jakkalse kry van middel Julie tot Oktober kleintjies, met die piek iewers in Augustus... ...Heinrich Funck is 'n ou uitgeslape GURU... ...maar kom keer op keer agter dat ek besig is om die wiel te herondek.
...weer deur die argiewe gepeuter... ...die datums hieronder was bloot bedoel om die teiken (jongingsperiode) soort van te te bracket
Ambessa wrote:...na bestudering van inligting wat ingesamel is (en baie beperkte literatuur) kan na die volgende drie subperiodes gekyk word:
1 - 31 Julie, 1 - 31 Augustus, 1 - 30 September.

Dit kan as OTA V-i, V-ii en V-iii bekend staan. Die drie subperiodes sal gesamentlik 'n goeie beeld lewer van die aankoms, getalle en verspreiding van die kleintjies - byges? natuurlik moet ons poog om die minimum gegewens volledig met elke bydrae te rapporteer.
Ambessa

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 1:04 pm
by Louis102
Ambessa, wanneer hoor ons meer van wat in daardie geheimsinnige boek staan wat London toe is?

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 4:11 pm
by Wiehan111
Louis
Dankie vir die raad, ek het eers laas jaar begin effektief jakkals jag en het nie so baie kennis nie, so ek gaan dom vrae vra waaroor ek wonder, wil nie uit gaan en foute gaan maak waaroor jul my kon waarsku nie, laatweet net as dit simpel vrae is.

Taffie
Vir die beskerming van hul gebied en omdat die tewe dragtig gaan wees gaan hul mos nou aggresief raak.

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 4:23 pm
by tafjak
Wiehan

Natuurlik is jy reg en wou maar net seker maak dat jy dit iik so het. Ongelukkig kry jakkalse nie binne een week kleintjies nie en kan dit oor twee maande duur en selfs nog langer. Daarom die die middeweg van middel Julie en dan kan ons aanneem dat alle merkende tewe sal dragtig wees. Jy kan net in gebied toevallig is waar die jakkalse nog nie dragtig is nie en tog maar die Standaardmetode(moeiliketyd) moet gebruik om seker te wees van sukses. Ook moet binne die kerngebied van jakkals geroep word om sukses meer moontlik te maak.

Mooiloop

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 4:31 pm
by tafjak
Louis

Nou lekker gelees aan jou verhaal hierbo, myne het nie veel anders so klompie jare gelede gelyk nie. Sing self ook deesdae ander deuntjie as dit by klanke kom. Ons almal en ek is die grootse ene in hierdie "ons" het Heinrich Funck baie dank verskuldig.

Mooiloop

Ps. Staanplek is die enigste tip wat soos 'n paal bo water staan in enige jag agter jakkalse. Hoe gouer ons dit leer en verstaan, hoe gouer gaan ons die jakkalse wen.

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 4:41 pm
by Wiehan111
Taffie

Ek weet darm hoe lank is 'n teef min of meer dragtig

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 4:46 pm
by tafjak
Wiehan

Jy verstaan my verkeerd. Ek praat nie van dragtigheidsperiodes nie, maar dat die eerste tewe in ons land vanaf die einde Julie kleintjies kry en die laaste hier in Oktober. So om seker te maak dat ons met die regte sequence roep, neem ons aan dat alle tewe(80%) teen middel Julie reeds dragtig is en dat die beskermingsdrag ingeskop het.

Mooiloop

Ps. Ek probeer jou nie leer nie, maar het al te veel antwoorde probeer gee net om agter te kom dat die persoon nie lekker op datum(geen fout nie) is met die lewenssiklus nie.

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 4:52 pm
by Wiehan111
Taffie

Nee ek hoor wat jy se, want jy weet nou nie waar is my kennis met die lewensiklus nie, dan sal dit nie help dat jy my tips gee maar ek weet nie waaroor dit gaan nie ;D. Ek wil leer want die jakkals storie het my gevang en nou gaan ek nie laat los nie. En hou van die uitdaging daarvan. Skuus oor die dom vrae.

Groet

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sat Jul 02, 2011 5:05 pm
by tafjak
Wiehan

Jy is so reg. Ek hou daarvan om te weet hoekom ek eerder met kosklanke moet begin en watter tipe jakkalsroepe. Bly maar net my eie idee van dinge doen en hou niks van papegaaiwerk nie. Jammer dat ek dit so moet stel, maar dit was die enigste manier van vinnig leer hoe om die jakkalse te jag.

Jakkalse sal aggresief reageer op jakkalsroepe(maak nie saak watter jy gebruik nie) wanneer die tyd ryp is en hulle sal ook weer passief bly as die tyd reg is. So, ons moet weet wanneer dit watter tyd is in hulle siklus.

Mooiloop

Ps. Daar bestaan nie dom-vrae nie!

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sun Jul 03, 2011 9:01 am
by Wiehan111
Taffie

Nee ek gee glad nie om, om aan die oor geruk te word nie, dis al manier om dit te leer, want ou kan baie gou aanjaag as jy in die veld is.

Groete

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sun Jul 03, 2011 11:41 am
by Louis102
Wiehan111 wrote: ... laatweet net as dit simpel vrae is ....
Wiehan, jammer, ek lees nou eers wat jy hierbo s? raak. 

Ek dink nie daar is iemand wat al meer "simpel" vrae op hierdie forum gevra het as ek nie ...  en meer simpel antwoorde gegee het nie (terloops).  Dis nie die punt nie, vra wat jy wil vra, dink oor wat jy vra en as jy die reaksie en antwoorde hier oes, behou die goeie en gooi die slegte maar eenkant.  Ek / Ons kan passievol oor die goed gesels wat vir ons saakmaak.  T? gereeld verstaan ons mekaar nie heeltemal so suiwer nie.  As my manier van antwoord, meerwaardig klink en lyk of ek op jou vrae neersien, verstaan jy my heeltemal verkeerd!

Louis

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sun Jul 03, 2011 4:02 pm
by Wiehan111
Louis

Nee ek weet dis glad nie wat aan die gebeur is nie, maar dis goed dat die ouer manne (jy, taffie, heinrich) ons jonger latte aan die ore ruk en reg help, anders is daar nie 'n doel vir die forum nie. :)

Groete daardie kant

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sun Jul 03, 2011 7:15 pm
by 222
Manne

Het bietjie gedink en met Taffie gePM. Hy stem saam met my dat die seker een van die grootste foute wat nou gemaak kan word is dat mens maklik oorroep met aggresiewe klanke as mens nie reaksie op die "normale" hierdie tyd van die jaar klanke kry nie.

Taffie help bietjie maar as mens wel 'n aggresiewe klank gebruik sal mens nie meer na die jakkals-kat baklei tipe van klank toe gaan eerder as met 'n skoon jakkals agro klank nie?

Die wat wel gaan inkom op agresiewe klanke sal tewe ens wees wat wel al baie naby aan kleintjies kry is.

Louis102, Taffie, Oom Am????????????

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sun Jul 03, 2011 7:43 pm
by tafjak
222

My rigtinwyser is dat as die teef al omtrent by roeper is en jy moet nog smeek na die reun is die teef gewoonlik al gedek/dragtig. Toevallig die week het en Niel Viljoen saam gejag en presies dit gebeur. Darie teef was al dragtig met 5kleintjies. Niel het die teef in my afwesigheid geopereer. Sy was so 2jaar oud en haar reun seker in die omgewing van 4.

Dit is nie nodig om as jy geen vokale reaksie van jakkalse gekry het nie, om nou die klankbox van hoek tot kant skoon te maak nie. Die stel wat ek genoem het, het ook in stilte(sonder enige vokale reaksie) ingekom. As jou sequence geen vokale reaksie en geen jakkalse maak hulle opwagting in die sequence nie, skuif en roep op ander plek verder.

Mooiloop

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Sun Jul 03, 2011 7:52 pm
by 222
Taffie

Dankie presies soos sy gemaak het. Met so stofstrepie aangekom roeper toe en pappa het maar hier agter rond aangekom

Mooi loop en lekker jag manne ek is oppad bos toe ;D ;D ;D ;D

Gerrie

Re: Tips vir Julie maand

Posted: Mon Jul 04, 2011 8:20 am
by Wiehan111
Taffie

Ekt alweer 'n vraagie hehe. ;D M.a.w wat oom Gerrie se is dat 'n ou die tyd( Einde Julie) eerder 'n suiwer aggresiewe jakkals klank moet gebruik as 'n baklei sou 'n ou nie reaksie kry op die normale sequence nie? Ek is bietjie onseker en soos ons ook gepraat het kan 'n ou oor roep wat tot baie probleme kan lei.

Groete