Page 1 of 4
Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Fri Apr 29, 2016 6:02 pm
by pieter h
ImageUploadedByTapatalk1461945685.878449.jpg
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Fri Apr 29, 2016 6:03 pm
by pieter h
Sommer vir interesantheid geplaas.Foto wat iemand vir my gestuur het
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Fri Apr 29, 2016 6:04 pm
by Andre308
Sjoe, vir so boer sal ek se dat n AK47 die regte jakkals geweer is.
Ek dink daar is boere by wie dit so gaan, en dan weet hulle nie eers daarvan nie.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Fri Apr 29, 2016 8:17 pm
by Penkop
Mortier.....
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Fri Apr 29, 2016 8:28 pm
by pieter h
So n groep jakkalse op jou plaas dan het hul jou klaar gewen.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Sat Apr 30, 2016 11:03 am
by Wayne
If we had that bunch in our district, I think we'd be in . I am amazed at how many get shot on the OPS and on relatively small amounts of ground.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Sat Apr 30, 2016 11:09 am
by pieter h
Wayne as die jakkalse in n mens se eie area almal bymekaar sou kom dink ek sal n mens nogal skrik.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Tue Jun 14, 2016 7:34 am
by pieter h
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160614/60cb8fb9eb64c05ce18c18ca31540006.jpg
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Tue Jun 14, 2016 7:36 am
by pieter h
pieter h wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20160614/60cb8fb9eb64c05ce18c18ca31540006.jpg
Rooikatmannetjie vorige aand springbok ram gevang en gisteraand hom naby karkas geskiet. 14kg
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Tue Jun 14, 2016 8:02 am
by Trompie
Nice. Geluk!
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Tue Jun 14, 2016 8:13 am
by pieter h
Trompie die kat het nie n saak met my gehad nie toe ek sy oë optel het hy rustig na karkas toe gestap.So n uur vir hom gewag.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Tue Jun 14, 2016 8:53 am
by Geno
Netjies Pieter.
Vertel bietjie meer asb. Dalk is hier iemand wat kan leer.
Hoe ver het jy gesit?
Het jy op jou bakkie gesit, of op die grond?
Windrigting?
Tyd?
Ons het maar min rooikatte hier bo, so ek kan baie leer by julle Karoo manne.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Tue Jun 14, 2016 9:08 am
by pieter h
Geno ek het so 70m v karkas op bakkie gesit.Teen lyndraad stil gehou .Wind was noord en karkas was noord windop v my aan voet v rand.Het springhaas geroep.Die kat het egter vanaf n spitskop suid-oos v my waar my lammer ooie loop gekom.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Tue Jun 14, 2016 9:11 am
by pieter h
Het so 6h45 stil gehou en kat is net na 8h00 geskiet.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Tue Jun 14, 2016 9:18 am
by Flip Groenewald
.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Tue Jun 14, 2016 9:19 am
by pieter h
pieter h wrote:Het so 6h45 stil gehou en kat is net na 8h00 geskiet.
Springbokkarkas die middag gekry.Dit was vars en met koue vront was kans goed dat kat sou terug kom.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Tue Jun 14, 2016 9:20 am
by Geno
Dankie Pieter, nuttige info!
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Tue Jun 14, 2016 9:21 am
by pieter h
Flip skiet hom

Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Wed Jun 15, 2016 8:52 am
by Trompie
pieter h wrote:Trompie die kat het nie n saak met my gehad nie toe ek sy oë optel het hy rustig na karkas toe gestap.So n uur vir hom gewag.
Dis nou ding wat ek my lewe lank al wil skiet!!! Ek het hulle al raakgeloop in die veld 2 keer maar hulle het al2 kere gehardloop!!
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Wed Jun 15, 2016 8:54 am
by Trompie
Pieter wat doen die koue dat jy gereken het hy gaan terugkom agv dit?
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Wed Jun 15, 2016 9:04 am
by Wanna
Dis 'n meneer KAT
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Wed Jun 15, 2016 9:43 am
by Suidwes
Ek sukkel nie met katte nie, maar om my 2c te gee or die koue...
As n reel stel ek nie slagysters by vangste vir die jakkalse nie, want ek het al gesien, my jakkalse kom nie terug na n vangs toe nie. Hulle vang net n varse. Laas jaar het ek egter by n lam se karkas gestel oor net een rede. Die oggend die weer gekyk en gesien die nag gaan snerpend koud raak. Later in die dag ry ek n lam raak wat die vorige nag gevang is en besluit toe om ysters te stel net agv die erge koue wat die volgende 2 dae gaan inkom. Dit was n Vrydag. Daardie nag drop temperature tot -5 en die volgende dag kom n mis in wat heeldag hou, baie onsmaaklike paar dae gewees.
Sondag toe ek ysters gaan kyk, toe sit n 5 jaar oue teef met 6 kleintjies binne in haar in die yster. Ek glo agv die weer het sy terug gekom na haar vangs toe, want die weer maak die vir hulle ook onsmaaklik. My plaas honde le net met hulle snoete onder hulle stertes as dit so koud raak.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Wed Jun 15, 2016 9:51 am
by pieter h
Trompie ek het by my agter gekom as koue front op pad is dan vang die katte gewoonlik .Die middag toe ek die springbok ram kry was hy nog vars en agter gevreet.Het hul al n paar keer by so n vangs geskiet.
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Wed Jun 15, 2016 9:55 am
by Trompie
Baie interesting!! Seker minder moeite vir hom om iets te vang omdat die koue die prooi basies lui en stadig om te reageer maak? dankie
Re: Gesig wat veeboer sal laat weg hardloop
Posted: Wed Jun 15, 2016 4:45 pm
by pieter h
Suidwes nogal lekker gevoel om hul in yster te kry.