Page 1 of 1

Sako AIII - 375 H&H

Posted: Fri Jul 01, 2011 11:30 am
by Johan JvR
Dagse mense

Ek het 'n Sako AIII geweer in kaliber 375H&H.  Ek wil graag iets met hom doen, maar wil eers by julle raad en opinies vra.

Hoe goed en akuraat is hierdie ouer AIII aksies en hoe geskik was hulle in die groter magnum kalibers - enige probleme wat mense al ondervind het?

Ek hou van die geweer soos hy is, het al die kolf vervang omdat hy die blou rook uit my geskop het, maar wonder elke nou en dan of mens hom moet laat herloop na 'n ander kaliber toe. Ek het 'n 300Winmag, so daai is nie 'n opsie nie. Kan mens die aksie se 'boltface verander en gaan na 'n kleiner dop - kaliber soos 7x64, of groter dop - kaliber soos 300WSM ? Of moet mens die geweer hou soos hy is (ek skiet nie nou meer so baie met hom vandat ek die 300 het nie). 

Is dit die moeite werd om die aksie te gebruik vir so 'n projek?

Baie dankie, groete
Johan

Re: Sako AIII - 375 H&H

Posted: Fri Jul 01, 2011 11:58 am
by baboonstalker
Johan,

Ons kan mos onderhandel dat hy by my kom intrek, dan koop jy liewer vir jou die kaliber wat jy soek.

Re: Sako AIII - 375 H&H

Posted: Fri Jul 01, 2011 12:33 pm
by Johan JvR
Nee man...sal dit nie oor my hart kry om hom te verkoop nie. :'(

Ek het nie 'n noodsaaklike behoefte aan 'n ander kaliber nie (wel 'n jeukerigheid)  ;D 

Re: Sako AIII - 375 H&H

Posted: Sun Jul 03, 2011 10:18 pm
by .::Alwyn-U::.
Johan

So jeuk is nooit goed nie.. Koop nog 'n roer en kry klaar ;D

Groete

Re: Sako AIII - 375 H&H

Posted: Wed Jul 13, 2011 10:45 pm
by fanie17
Johan
Hou daai geweer net soos hy is,dit is n baie goeie geweer.Koop n nuwe Houwa,dit sal goedkoper wees as om daai een te verander

Re: Sako AIII - 375 H&H

Posted: Thu Jul 14, 2011 4:47 am
by Gerhard
Johan,

Daai 375H&H is n baie lekke kaliber...

Man kan baie met hom doen as jy laai vir hom...

Kyk by die herlaai data vir 375.

Fred het 2800fps gekry met 210gr punte en dan kan jy hom laai tot met 350gr as jy agter die dukvel goete aan stap.

Kan nie wag vir my lisensie nie

Re: Sako AIII - 375 H&H

Posted: Thu Jul 14, 2011 11:43 am
by Johan JvR
Fanie, Gerhard - dankie vir die terugvoer. Ek sal hom dan eers netso los.  Ek was maar meer nuuskierig om uit te vind of die aksie goed is, maar klink so as ek na almal luister.

My geweer is nie baie lief vir die ligter koeels nie, ek skiet meestal met 300gr. Wens net ek kon die patrone laai dat die koeels nader aan die groewe kom, maar my magasyn is te kort daarvoor en ek is nie lus vir enkelskoot voer nie.

Gerhard ek hou duimvas dat jou lisensie vinnig kom. Ek het vir jou so 'n paar Hornady 225gr koeels as jy met hulle wil speel en groepering kyk voor jy 'n boksie koop. (ongelukkig niks 300gr koeels nie, almal gelaai)

groete