Page 1 of 1

Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Thu Jun 30, 2011 9:45 pm
by JohanvB
Ek is opsoek na 'n nuwe kolf vir my nuwe ou geweer, het gekyk na sinteties maar teen R5000 bietjie duur, het julle dalk raad?

Dankie

Re: Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Thu Jun 30, 2011 10:31 pm
by JPS
Bestel 'n kolf by boyds.

Groete
Jp

Re: Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Fri Jul 01, 2011 9:41 am
by Arnold
Boyds maak nie kolwe vir daardie aksie nie ...

Re: Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Fri Jul 01, 2011 9:44 am
by JPS
Dis 'n jammerte.

Re: Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Fri Jul 01, 2011 9:47 am
by Witpietskiet
Kan n klaar kolf koop sonder "inletting" en dan die "inletting" by n plaaslike geweersmit laat doen.

Mooi loop

Re: Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Fri Jul 01, 2011 1:34 pm
by JohanvB
Dankie, waar hier in die Kaap kan ek 'n kolf koop, sal reel vir die" inletting".

Re: Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Sat Jul 02, 2011 8:29 pm
by Fisher
Noors wrote: Ek is opsoek na 'n nuwe kolf vir my nuwe ou geweer, het gekyk na sinteties maar teen R5000 bietjie duur, het julle dalk raad?

Dankie
Jy moet bietjie vir Armtech in Potch bel hulle sit glo met klomp kolwe wat daar bly as kliente kolwe vervang. Sako's Brno's/CZ's het nie kolwe beskikbaar in die aftermarket nie.

Re: Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Sat Jul 02, 2011 8:50 pm
by Christo
probeer www.rifle-stocks.com hulle gaan jou mates wil he, en behoort jou kolf vir jou te maak. Dan moet jy die final touch doen en jy gaan 'n baie mooi kolf he.

Re: Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Sun Jul 03, 2011 7:58 pm
by JohanvB
Dankie Christo

Was op Rifle-stock se site, en ja hulle het my tipe kolf.

Het vir hulle 'n epos gestuur en sal maar wag.

Re: Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Wed Jul 06, 2011 10:46 pm
by Christo
Jy gaan hulle dalk maar moet bel. E-posse met hulle vat 'n ewigheid.

Maar die gesukkel en wag is die moeite werd.

Kyk my kolf is iewers op die forum.

Re: Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Wed Jul 06, 2011 11:37 pm
by .::Alwyn-U::.
Noors

Weet jy van plekke om te jag in die kaap area wat orait pryse het? Ek het 'n paar kli?nt wat ek moet vat in die kaap. Ek het maar afgelei dat jy van die kaap is.

Help as jy kan asb

Groete

Re: Bruno 270 ZKK 600 Kolf

Posted: Wed Jul 13, 2011 10:41 pm
by fanie17
Noors
Hoekom wil jy die kof vervang,n kolf moet baie beskadig wees om hom nie te kan oor doen dat hy soos n nuwe een lyk nie.