Page 1 of 1
Kleiduif en algemene haelgeweer skiet tegnieke
Posted: Tue Apr 26, 2016 3:18 pm
by Kalahari
Middag almal
Ek het 'n geleentheid om volgende naweek 'n bietjie kleie te gaan skiet. Ek besit nie 'n haelgeweer nie, maar het darem al een keer so 4 jaar gelede met 'n semi bietjie kleie geskiet.
Ek is 'n linkshandige skut.
Enige iemand wat dalk so bietjie tegniek (pointers) kan gee vir wat mens doen en nie moet doen nie asb.
Ek weet nie met wat se ammunisie en geweer daar geskiet gaan word nie, so klein kompetisie wat aan die gang is.
Dit is dalk moeilik sonder 'n praktiese demonstrasie, maar ek sal enige raad waardeer.
Baie dankie
Johan
Re: Kleiduif en algemene haelgeweer skiet tegnieke
Posted: Tue Apr 26, 2016 3:19 pm
by Geno
Re: Kleiduif en algemene haelgeweer skiet tegnieke
Posted: Tue Apr 26, 2016 7:25 pm
by Kalahari
Dankie Geno, dit gee darem al 'n idee van waar om te "lead".
Re: Kleiduif en algemene haelgeweer skiet tegnieke
Posted: Tue Apr 26, 2016 10:22 pm
by SAHunter
Staan gemaklik met jou voete oop en rug reguit. Bring die geweer na jou wang - moenie vooroor buig en jou kop laat afsak na die geweer/kolf nie - dis 'n seker resep om jou kop weer te lig om die klei te sien. Die heel belangrikste is om op die klei te fokus (met beide oe oop) en nie op die haelgeweer se loop of visier nie. Sien die klei en bly daarop fokus - jou arms sal instinktief na die klei swaai en wanneer jy op die klei vir teikens wat weg van jou vlieg (of net verby die klei vir links/regs teikens) is, trek die sneller en swaai steeds deur (in die rigting waarheen die teiken beweeg). Hou jou kop af (styf teen die kolf) met jou neus wat amper jou snellerhand se duim bo die kolf raak. As jy gaan begin mik of op die klei gaan probeer bly (met ander woorde jy "ry" die klei), gaan jy 8 uit die 10 keer after die klei verby skiet. As jy jou kop gaan lig om te sien waar die klei is of in antisipasie van die skoot en terugskop, gaan dit pure geluk wees indien jy die teiken raakskiet. Onthou jou dominante oog is jou agterste "visier" en as jy jou kop gaan beweeg en nie op die klei fokus nie, dan weet jou brein en arms nie waarheen jy wil swaai en skiet nie. Geniet dit.
Re: Kleiduif en algemene haelgeweer skiet tegnieke
Posted: Tue Apr 26, 2016 10:29 pm
by Gerhardus Nel
Lekkerte, as jy modder duiwe begin skiet is n haelgeweer die volgende kettie wat jy sal aanskaf.
Groete!!!
Re: Kleiduif en algemene haelgeweer skiet tegnieke
Posted: Tue Apr 26, 2016 10:46 pm
by Kalahari
SAHunter wrote:taan gemaklik met jou voete oop en rug reguit. Bring die geweer na jou wang - moenie vooroor buig en jou kop laat afsak na die geweer/kolf nie - dis 'n seker resep om jou kop weer te lig om die klei te sien. Die heel belangrikste is om op die klei te fokus (met beide oe oop) en nie op die haelgeweer se loop of visier nie. Sien die klei en bly daarop fokus - jou arms sal instinktief na die klei swaai en wanneer jy op die klei vir teikens wat weg van jou vlieg (of net verby die klei vir links/regs teikens) is, trek die sneller en swaai steeds deur (in die rigting waarheen die teiken beweeg). Hou jou kop af (styf teen die kolf) met jou neus wat amper jou snellerhand se duim bo die kolf raak. As jy gaan begin mik of op die klei gaan probeer bly (met ander woorde jy "ry" die klei), gaan jy 8 uit die 10 keer after die klei verby skiet. As jy jou kop gaan lig om te sien waar die klei is of in antisipasie van die skoot en terugskop, gaan dit pure geluk wees indien jy die teiken raakskiet. Onthou jou dominante oog is jou agterste "visier" en as jy jou kop gaan beweeg en nie op die klei fokus nie, dan weet jou brein en arms nie waarheen jy wil swaai en skiet nie. Geniet dit.
SAHunter, baie dankie vir hierdie raad, waardeer. Dankie sal so maak, sien nogal uit.
Gerhardus Nel wrote:Lekkerte, as jy modder duiwe begin skiet is n haelgeweer die volgende kettie wat jy sal aanskaf.
Groete!!!
Ek sal eers ander plan moet maak , want my "boekie" is vol.

Re: Kleiduif en algemene haelgeweer skiet tegnieke
Posted: Tue Apr 26, 2016 11:02 pm
by Boersonderroer
Volg deur al het die skoot al geklap. Jy sal met 7.5 hael skiet so hy sal nie te veel stamp nie. Soos SAHunter se kyk met al twee oe en moet nie mik soos met n geweer nie
Sent from my E5823 using Tapatalk
Re: Kleiduif en algemene haelgeweer skiet tegnieke
Posted: Tue Apr 26, 2016 11:08 pm
by wlm
Probeer om 'n haelgeweer te kry met 'n reguit kolf. Meeste skuts wat regs skiet se haelgewere het kolwe wat weg wys van hulle regterskouer. Vra my, ons hotkloue skiet moeilik iets raak met so 'n haelgeweer.