Page 1 of 1

Hoekom is die subsonic .22 onwettig om mee te jag?

Posted: Thu Jun 30, 2011 6:44 pm
by gaaf
Goeie naand

Ek wil graag by julle hoor waarom is die .22 subsonic patrone onwettig en wat sal gebeur as jy hulle skiet met 'n geweer wat nie 'n knaldemper op het nie. Ek het 2 x .22 en net een het 'n knaldemper op.

Groete

Gawie

Re: Hoekom is die subsonic .22 onwettig om mee te jag?

Posted: Thu Jun 30, 2011 6:58 pm
by Beretta
Gaaf
Sover ek weet kan jy met hulle skiet net waar jy wil.Sonder die silencer klap hy maar soos n gewone .22 dit is wat ek met my beperkte kennis weet
Groete
Beretta

Re: Hoekom is die subsonic .22 onwettig om mee te jag?

Posted: Thu Jun 30, 2011 10:38 pm
by 243Songdaug
Gaaf

Hoekom dit onwettig is kan ek jou nie s? nie, ek vermoed dat dit te doen het met die beperkte energie waaroor die kaliber beskik en dan natuurlik ook oor die liefde wat "Langplaas" jagters het vir die betrokke kaliber.

Wat ek jou wel kan s? is dat dit in meeste provinsies van die RSA onwettig is om met 'n .22 (randslag) te jag en nie net met subsonics nie.  Dit sluit alle .22 randslag kalibers in - .22 Short, .22 Long, .22 Long rifle en ook die .22 Magnum.

Maak 'n punt daarvan en vergewis jou van jou profinsie se wetgewing - die diere wat met 'n .22 geskiet mag word is baie beperk. 


Groete.
Songdaug

Re: Hoekom is die subsonic .22 onwettig om mee te jag?

Posted: Fri Jul 01, 2011 7:58 am
by gaaf
Dit maak sin manne dankie!

Re: Hoekom is die subsonic .22 onwettig om mee te jag?

Posted: Fri Jul 01, 2011 8:18 am
by Hugo
Email my dan stuur ek vir jou die norms en standaarde aan wat in die gazette afgekondig is einde Mei 2011.