Page 1 of 1
338 Sabi
Posted: Thu Jun 30, 2011 12:54 pm
by Louis Kriel
My Cz550 30-06 is hierdie jaar 12 jaar oud en met +-5000 skore deur sy loop wil ek hom na die jagseisoen verander na ietsie "anders". My eerste keuse is 338 Sabi. Is hier manne wat ondervinding van die kaliber het. Waar kan ek 'n loop kry? Is 'n 9,3x62 nie 'n beter opsie nie? Die geweer sal hoofsaaklik vir gemsbokke in die Kalahari en koedoes in die Oos-Kaap hebruik word.
Re: 338 Sabi
Posted: Thu Jun 30, 2011 1:20 pm
by 300Winmag
Ek dink nie enige van daai 2 kalibers is regtig gemaak vir wat jy hom voor wil gebruik nie.
Al is altwee 'n kaliber wat ek nie sal omgee om te h? nie.
Re: 338 Sabi
Posted: Thu Jun 30, 2011 1:30 pm
by Nico Harris
ek laai 250gr koeels in my 9.3x62 teen 2600ft/s- dit werk baie goed tot op 250m vir my!
groete
nico
Re: 338 Sabi
Posted: Thu Jun 30, 2011 2:09 pm
by tripodmvr
Met die nuwe monometaal punte van Barnes, Hornady,GS, Frontier en Impala kan die ouer kalibers nou platter skiet omdat daar ligter gewigte met langer lengtes beskikbaar is wat goed groepeer.
Re: 338 Sabi
Posted: Thu Jun 30, 2011 2:26 pm
by Arnold
Persoonlik sou ek eerder vir die 9.3 gaan. Ek het die 195gr HV koeels van GS custom teen 3000 fps geskiet uit 'n 24" loop, en hulle was akkuraat ook.
Re: 338 Sabi
Posted: Thu Jun 30, 2011 2:29 pm
by DWB
Bel sommer vir Oom Fanie Combrinck direk wat die 338 SABI ontwikkel het.
Hulle is die Magnum Shop in Nelspruit.
Gawe ou Oom met baie kennis.
Het self so rukkie terug met die heel eerste 338 SABI wat ooit gebou is in my hande gestaan.
013 755 1782
Re: 338 Sabi
Posted: Thu Jun 30, 2011 2:30 pm
by BLOK
Ek is nie n kenner op een van die twee nie, maar ek dink uit n herlaai oogpunt gaan komponente en doppe vir die 93 meer beskikbaar en bekostigbaar wees.
Blok
Re: 338 Sabi
Posted: Fri Jul 01, 2011 9:51 am
by Louis Kriel
Dankie vir julle advies. Ek sal met oom Fanie moet praat. Ek weet die .338 Sabi is eintlik 'n bosveld geweer, maar ek het nou al beide koedoes en gemsbokke onder 100 meter met my 30-06 geskiet. Ek dink met die 200 grein punt teen 2800 sal mens darem maklik tot op 250 tree kan jag.?
Re: 338 Sabi
Posted: Fri Jul 01, 2011 11:45 am
by DWB
Oom Fanie het my al vertel hoe hy 'n Kameelperd met daai ding van skuins agter die blad geskiet het en dat die koeel voor die skouer uitgekom het.
Ek is bly jy kon jou nulkwes behou.
Ek is so gelukkig soos kan kom met myne!!!
Re: 338 Sabi
Posted: Fri Jul 01, 2011 11:57 am
by tripodmvr
338 Sabi is slegs beskikbaar in Nelspruit. Dit is sekerlik 'n goeie kaliber, maar die komponente is nie vrylik beskikbaar nie. Vir jou jagdoeleindes genoem sal ek kyk na 7x64, 30-06 of 300 Win Mag. Kry of 'n nuwe geweer of vervang jou ou loop met weer 'n 30-06 van goeie kwaliteit. Uit 'n lisensie oogpunt sal dit die maklikste wees.
Re: 338 Sabi
Posted: Fri Jul 01, 2011 1:05 pm
by Louis Kriel
tripodmvr wrote:
338 Sabi is slegs beskikbaar in Nelspruit. Dit is sekerlik 'n goeie kaliber, maar die komponente is nie vrylik beskikbaar nie. Vir jou jagdoeleindes genoem sal ek kyk na 7x64, 30-06 of 300 Win Mag. Kry of 'n nuwe geweer of vervang jou ou loop met weer 'n 30-06 van goeie kwaliteit. Uit 'n lisensie oogpunt sal dit die maklikste wees.
Ja en die ook seker die goedkoopste, want ek het alles klaar.
Re: 338 Sabi
Posted: Sat Jul 02, 2011 8:06 pm
by Fisher
Ek verstaan as jy dalk iets meer vreemds wil he, dan sal ek eerder vir die 338 sabi gaan - dis meer vreemd....
Maar as jy net lus is vir 'n verandering hoekom oorweeg jy nie eerder die 338 Win Mag nie. Die dop is vir alle praktiese doelendes net so lank soos die ander 2 opsies (en ook 30-06) en Winchester het reeds die kalber ontwerp sodat dit in 'n standaard aksie pas.
Dis net 'n shlep om met die Sabi se doppe/Die sets te sukel
Ek het ondervinding met die 270 Sabi, jy gain niks behalwe complications nie...
Om die kaliber verandering saam met 'n loop verandering te doen is nie regtig meer moeite nie.
338 WM kan presies doen wat die ander 2 doen en dan oortref.
Re: 338 Sabi
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:43 pm
by GERT vd M
Ek jag nou al n klompie jare met n 338-06 improved wat basies dieselfde is as 338 sabie. Huidiglik skiet ek 250gr teen 2350 vt/sek (kan opgaan na 2600) Het ook al 180gr GS KOELS geskiet teen 3000vt/sek asook 200gr spartan teen 2750vt/sek. My gevoel is net dat as jy iets wil he , gaan vir dit...... Jy het reeds goeie raad gekry by iemand wat vir jou gese het om met Fanie te praat.
GROETE
GERT
Re: 338 Sabi
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:55 pm
by Wouter Roets
DirtyOldSix
Indien jy van kaliber verander sal jy jou forumnaampie ook moet verander! Dink mooi!
Groetnis
Wouter
Re: 338 Sabi
Posted: Tue Jul 05, 2011 4:58 pm
by tripodmvr
Die verkryging van 338 komponente lyk my is nogal problematies. Ek sal liewers bly by die gewilde 7mm, .30 en 375. Hulle is volop en orals beskikbaar. Veral fabrieksammunisie kan 'n groot pyn wees.
Re: 338 Sabi
Posted: Tue Jul 05, 2011 8:20 pm
by .::Alwyn-U::.
My raad is ook om weg te bly van die SABI, soos tripod se - fabriek ammunisie is alklaar 'n gesukkel as jy nie die regte mense ken nie.
Groete
Re: 338 Sabi
Posted: Mon Jul 11, 2011 3:49 pm
by Louis Kriel
Fisher wrote:
Ek verstaan as jy dalk iets meer vreemds wil he, dan sal ek eerder vir die 338 sabi gaan - dis meer vreemd....
Maar as jy net lus is vir 'n verandering hoekom oorweeg jy nie eerder die 338 Win Mag nie. Die dop is vir alle praktiese doelendes net so lank soos die ander 2 opsies (en ook 30-06) en Winchester het reeds die kalber ontwerp sodat dit in 'n standaard aksie pas.
Dis net 'n shlep om met die Sabi se doppe/Die sets te sukel
Ek het ondervinding met die 270 Sabi, jy gain niks behalwe complications nie...
Om die kaliber verandering saam met 'n loop verandering te doen is nie regtig meer moeite nie.
338 WM kan presies doen wat die ander 2 doen en dan oortref.
Dankie vir die advies. Ek is nie 'n ou vir "complications" nie.
Re: 338 Sabi
Posted: Mon Jul 11, 2011 4:24 pm
by Janjak
Ek ken n paar manne met 338 Sabi's en sal beslis die 9,3x62 kies tussen die 2. Dis ook mar n 338-06 met n ander naam.
Dies en doppe is net by oom Fanie hulle beskikbaar teen n prys. Ek het self n 9,3x62 en sal hom nie ruil nie.
Fisher het egter genoem wat ek ook in gedagte gehad het. Die 338Win Mag kan ook alles doen en beter -veral op daai laaaaang skote. Hy sal ook n goeie boskaliber wees met 300gr punte.
Re: 338 Sabi
Posted: Mon Jul 11, 2011 5:43 pm
by tripodmvr
Die 338 WM is 'n bekwame kaliber, maar die ammunisie kwessie bly opduik. Dan vat ek liewer 'n 375 (H&H of Ruger) en skiet 200 - 235gr koe?ls vinniger of net so vinnig as die 338. Hier is ammunisie volop en dies en komponente is ook beskikbaar teen bilike pryse.