Page 1 of 2

Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 1:42 pm
by Morne Van Der Merwe
Middag Manne,

Ek het so bietjie gelaai, ek het met PMP 180 bruin punte gelaai met S365. Ek kon beste groepering kry met 49.5gr, op 100m kan jy 4skote met n 50c munt toe maak, die chrony vir 'n gemiddeld van 2446vt/sek gegee.
Ek Gaan in Namibia jag, koedoes en gemsbokke. Sal die bo genoemde lading voldoente wees op skote tot so 350m?
Ek gaan wel die bruin boks punte vervang met PMP proamm.
Ek luister graag.

Groete
Morne

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 1:50 pm
by Capt. Yoda
Dit behoort goed genoeg te wees, die ouens met hul 308s skiet hom mos teen daai spoed maar ek sou hom laai soos n 30.06 en nie n 308 nie.
Uit n 24" loop kan jy hom maklik nog 390-400fps op stoot maar as hy mooi skiet en jy ken die trajek sal ek hom so gebruik, spoed gaan elk geval nie die bok dood maak nie

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 1:52 pm
by Geno
Ek sou eerder 'n 150gr Swift Scirocco, Hornady Interbond, GMX, Barnes TSX etc. vat vir daardie langer skote.

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 2:00 pm
by Morne Van Der Merwe
Capt. Oblivious wrote:Dit behoort goed genoeg te wees, die ouens met hul 308s skiet hom mos teen daai spoed maar ek sou hom laai soos n 30.06 en nie n 308 nie.
Uit n 24" loop kan jy hom maklik nog 390-400fps op stoot maar as hy mooi skiet en jy ken die trajek sal ek hom so gebruik, spoed gaan elk geval nie die bok dood maak nie
Hi Capt,

Ek het die lading opgestoot tot by 52gr, maar toe skiet ek vir jou bond, ek weet nie of dit dalk my skiet vermoë was nie, maar die geweer kwaai gebokspring, dis CZ550, kon nie opvolg met die skoot nie, heel van teiken af gewees.
::)
Dankie vir die info.
Dankie Geno vir jou terug info ook.

Groete
Moren

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 2:24 pm
by Capt. Yoda
Morne as hy raak skiet is die saak mos reg, die spoed help maar so bq vir die verder skote maar as jy weet waar hy skiet is daar nie fout om hom stadiger te skiet nie.Ek skiet my koels uit my 06 teen so 2550fps maar hulle is bq groter as 180gr :)

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 2:45 pm
by henried
Hier is my 30-06 met 180gr Sierra Game King op 100m, en dan met Barnes 150gr TSX.
Ek het nog nooit die spoed getoets nie, Oom Marius gaan my daarmee help. Fritz op die forum het wel genoem hy dink die lading is laag.

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 2:59 pm
by Morne Van Der Merwe
Capt. Oblivious wrote:Morne as hy raak skiet is die saak mos reg, die spoed help maar so bq vir die verder skote maar as jy weet waar hy skiet is daar nie fout om hom stadiger te skiet nie.Ek skiet my koels uit my 06 teen so 2550fps maar hulle is bq groter as 180gr :)

Is dit met daai Bergers wat erens raak gelees het?
Dis netjies skiet daardie.

Groete
Morne

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 3:01 pm
by Morne Van Der Merwe
henried wrote:Hier is my 30-06 met 180gr Sierra Game King op 100m, en dan met Barnes 150gr TSX.
Ek het nog nooit die spoed getoets nie, Oom Marius gaan my daarmee help. Fritz op die forum het wel genoem hy dink die lading is laag.
Hi Henried,

Baie netjies geskiet. Wat veroorsaak dat hy so mooi groepeer, dan dan kry een skoot wat weg staan? Ek dit ook net so gekry? Myne lyk nes joune, ook een wat hoog uit is. Myne fotos op iphone is te groot om op te laai, is daar iets wat gedoen kan word om dit te verander om fotos kleiner te kry om op te laai?

Groete
Morne

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 3:20 pm
by henried
Morne Van Der Merwe wrote:

Dis als my skuld, as dinge mooi gaan maak ek so met die 3 of laaste skoot... :):

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 3:31 pm
by Morne Van Der Merwe
Ek ook dink raak haastig met die laaste skoot, gister ek iets nuuts geleer, ek laat die patroon dalk te lank in die warm kamer los voor ek skiet, ek weet ek het dit gedoen.
Groete
Morne

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 4:03 pm
by Henry
Morne Van Der Merwe wrote:
henried wrote:Hier is my 30-06 met 180gr Sierra Game King op 100m, en dan met Barnes 150gr TSX.
Ek het nog nooit die spoed getoets nie, Oom Marius gaan my daarmee help. Fritz op die forum het wel genoem hy dink die lading is laag.
Hi Henried,

Baie netjies geskiet. Wat veroorsaak dat hy so mooi groepeer, dan dan kry een skoot wat weg staan? Ek dit ook net so gekry? Myne lyk nes joune, ook een wat hoog uit is. Myne fotos op iphone is te groot om op te laai, is daar iets wat gedoen kan word om dit te verander om fotos kleiner te kry om op te laai?

Groete
Morne
Dalk eerste skoot uit koue of ge-oliede loop?

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 4:10 pm
by Morne Van Der Merwe
Ek nooit so opgelet, volgende keer gaan ek meer oplet en beter notas maak.

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 4:36 pm
by Leon Crous
Yes Morne,
Vat sommer die .270 man. Hy sal mooi werk.
Ander is my resep vir my Musgrave .30-06:
52gr S365 agter 180 grein Sierra Game King.
Loop pragtig en skiet duim groepe op 100m.
Wat jag aanbetref is dit oor goed genoeg.
Groete,
Leon.
ps. Patroon lank in warm kamer los sal defnitief verskil in trefpunt veroorsaak.

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 5:14 pm
by 308Win
In my 30-06:
-werk bootsterte nie so goed soos platstertpunte nie
-Swift Scirocco 150gr groepeer hy glad nie. Selfs 'n eenskootgroep is groter as 2 duim.
-Ek skiet Hornady 180gr spits
-Gewone PMP Pro amm 180gr gekoopte patrone groepeer onder 'n duim. Probeer een pakkie.

Ek vind dit oorbodig om vreeslike duur 180gr punte in 'n 30-06 te skiet. Ek moet nog die bok sien wat weghol agv 'bullet failure' wat met 'n gemiddelde punt soos 180gr Pro Amm geskiet is.

2400f/s is maar effe aan die stadige kant vir vlaktejag.

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 6:15 pm
by Morne Van Der Merwe
Ek weet die 270 sal mooi werk, maar wil graag die 30-06 n toets gee, dit sal sy 1ste jagtog wees, dis n nuwe geweer.
Maar dankie almal so ver vir al die informasie.

Lekker aand
Groete
Morne

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 6:22 pm
by Ashley
Soos Geno bo gesê het;
Barnes, Swift, GMX, Noslers ens gaan baie goed werk, veral as jy hom lekker vinnig kan stoot.
Die Gameking, Interlock, Proamm ens gaan ook die job doen, maar die sagter punte vekies matige spoed om mooi te blom. En die probleem kan dan inkom dat jy n reënboog trajek moet skiet op 350m.

Maar as jy jou trajek ken is als reg

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Thu Apr 21, 2016 7:22 pm
by Capt. Yoda
Morne as jy iets wil verander en dit bq meer tegnies wil doen as ladings uit ruil Pm my dan kyk ons met ql maar ek het nie enige files vir n 270 nie

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Fri Apr 22, 2016 7:57 am
by Morne Van Der Merwe
Capt. Oblivious wrote:Morne as jy iets wil verander en dit bq meer tegnies wil doen as ladings uit ruil Pm my dan kyk ons met ql maar ek het nie enige files vir n 270 nie
More Capt,

Baie dankie, ek sal dit waardeur. Net vir my sê asb watse informasie nodig het van my dan stuur ek dit deur?

Groete
Morne

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Fri Apr 22, 2016 7:59 am
by Morne Van Der Merwe
Ashley wrote:Soos Geno bo gesê het;
Barnes, Swift, GMX, Noslers ens gaan baie goed werk, veral as jy hom lekker vinnig kan stoot.
Die Gameking, Interlock, Proamm ens gaan ook die job doen, maar die sagter punte vekies matige spoed om mooi te blom. En die probleem kan dan inkom dat jy n reënboog trajek moet skiet op 350m.

Maar as jy jou trajek ken is als reg
More Ashley,

Dankie vir die informasie, ja ek so bietjie met getalle op istrelok pro ingesit en gesien dit nogal n kwaai boog trajek.

Groete
Morne

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Fri Apr 22, 2016 8:05 am
by Geno
Morne Van Der Merwe wrote: ek so bietjie met getalle op istrelok pro ingesit en gesien dit nogal n kwaai boog trajek.

Juis hoekom ek 150gr premium koeels aanbeveel het. Teen die regte spoed sal hulle trajek baie beter wees.

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Fri Apr 22, 2016 8:09 am
by Capt. Yoda
Morne Van Der Merwe wrote:
Capt. Oblivious wrote:Morne as jy iets wil verander en dit bq meer tegnies wil doen as ladings uit ruil Pm my dan kyk ons met ql maar ek het nie enige files vir n 270 nie
More Capt,

Baie dankie, ek sal dit waardeur. Net vir my sê asb watse informasie nodig het van my dan stuur ek dit deur?

Groete
Morne

Morne vir Quick load het ons die nodig:
Spoed wat jy met lading X en koel Y gekry het
Loop lengte
Patroon se totale lengte
Dop se H2o capacity
Die lading (kruit en hoeveelheid) wat jy gebruik het toe jy spoed gekry het
Die koel wat jy gebruik het

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Fri Apr 22, 2016 8:24 am
by Johan van Wyk
Kyk of jy `n 165-gr SPBT wat hard genoeg is vir jag doeleindes by die loop kan uitkry teen 2 800 vps met aanvaarbare akkuraatheid. Dis `n kombinasie wat uitstekend werk op die vlaktes.

Ek stem saam dat 2 400 met 180-gr te skraps is. 2 680-2 750 met S365 is gewoonlik nie te moeilik in meeste gewere nie. Geen sin om van die .30-06 `n .308 te wil maak nie.

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Fri Apr 22, 2016 9:39 am
by Morne Van Der Merwe
Ek gou so vinnig op somchem se webblad gekyk. Is dit reg om S355 kruit te gebruik vir 150gr? Dit behoort n min van 2770 tot 2999 maks vt/sek te gee.Ek gedink om PMP pro amm punte te gebruik.

Capt,

Ek sal al die informasie by mekaar kry en dit deur gee, baie dankie.

Groete
Morne

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Fri Apr 22, 2016 9:59 am
by THOMAST
Jy kan hom maar gebruik. Wees net bewus dat die nuutste lot (11) S355 heelwat stadiger is as die vorige lotte. Hou net ingedagte as jy eendag nuwe lot S355 koop en dit dalk weer op normale vlakke is dat jy jou lading weer (afwaarts) sal moet aanpas

Re: Algemene jag punt vir 30-06?

Posted: Fri Apr 22, 2016 10:06 am
by Morne Van Der Merwe
THOMAST wrote:Jy kan hom maar gebruik. Wees net bewus dat die nuutste lot (11) S355 heelwat stadiger is as die vorige lotte. Hou net ingedagte as jy eendag nuwe lot S355 koop en dit dalk weer op normale vlakke is dat jy jou lading weer (afwaarts) sal moet aanpas
Hello,

Watse kruit sal dan voor gestel word met die ligter punt? Om die spoed hoër te kry?
Dankie vir die informasie.

Groete
Morne