Page 1 of 1

Bekendstelling

Posted: Wed Apr 20, 2016 3:39 pm
by NicovanderMerwe
Goeie dag almal

Ek wil ook reg begin, deur te sê ek is al paar jaar op die forum maar nog nie myself bekend gestel nie. Ek glo aan "rules are rules". So jammer as ek op tone getrap het. Ek wil graag die ding reg doen.

Ek is Nico van der Merwe.
Oudtshoorn
Hou van skiet en jag graag.
Is op die oomblik in die begin fases van die Langafstand Skiet kuns en sal graag by enige iemand wil leer. Hoe meer hoe beter.
Hou daarvan om deur die jaar enige iets te skiet, van papiere, gonge, bobbejane en bokke op hulle tyd saam met my gesin en my goeie vriende.
Herlaai ook self.
Ek was lank in die weermag en nou verkoop ek pale.

Het 'n 6XC op 'n Sako aksie.
300 Win Mag Tikka
.222 Sako
.308 FN Mauser
12 boor pompaksie
9mm CZ
.357 Mag Desert Eagle
.22 Brno'tjie

Dankie
Nico

Re: Bekendstelling

Posted: Wed Apr 20, 2016 3:42 pm
by BRNO (Pierre)
Welkom. Geniet dit.

Re: Bekendstelling

Posted: Thu Apr 21, 2016 8:34 am
by Boesman10
Dagse Nico. Mooi wereld waar jy bly. Welkom op die forum.

Re: Bekendstelling

Posted: Thu Apr 21, 2016 9:10 am
by Armand Steenkamp
Lekker Nico! Welkom! Ek was nourie dag daai in jou dorp met die kunstefees..

Groetnis

Re: Bekendstelling

Posted: Thu Apr 21, 2016 9:50 am
by 243Songdaug
Welkom Nico - mooi bekendstelling

Re: Bekendstelling

Posted: Thu Apr 21, 2016 12:42 pm
by jamalley
Welkom Nico

Re: Bekendstelling

Posted: Mon Apr 25, 2016 2:46 pm
by Johan L
Hallo Nico,

baie welkom. Ek sien jy is n 6XC man. Ek het verlede week een gekoop en aansoek Vrydag ingedien. Dalk kan jy my vertel wat vir jou goed werk in jou roer. Geniet dit.

Re: Bekendstelling

Posted: Mon Apr 25, 2016 3:44 pm
by NicovanderMerwe
Hi Johan

Nee jislaaik. Ek sukkel nog huidiglik en moet hom nog uitsorteer. My uittrekker het gebreek en toe staan alles stil. Ek laat maak toe sommer een op Mosselbaai vir R400 want die goed is vrek duur en dit lê ook nie orals rond nie. Toe net toe ek aan die gang is met lading ontwikkeling gebeur dit weer. Sukkel toe weer om een te kry, hierdie keer kry ek toe die oorspronlike, en R1565 later is die nuwe extractor toe in my hand. Omrede ons nie in die SuidKaap wapensmede het wat ek sal vertrou nie staan die roer en wag vir my volgende geleentheid Kaap toe of so dat iemand daar my kan help. Ek sal hom self moet vat anders is die koerier koste nie die moeite werd nie en kos die oefening my nog duurder.

Ludi Stark het die geweer gebou op 'n Sako aksie. En hy het my gevra wat ek wil skiet, 87gr V-Max, en dit is die punt wat op die oomblik die beste presteer. 95gr SMK het getuimel, 88gr Bergers was ok, maar die 87gr V-Max doen die beste.

Die kamer is baie tight en nuwe doppe moet gefullsize word voordat ek hulle indruk en dit was my fout tot 'n pel my geleer het. Nou fullsize ek alles voor ek dit indruk. Wou sê hulle gaan bietjie stram in....???

Ek dink hier is genoeg ouens op die forum wat jou sal kan help met ladings en die tipe goed. Begin net 'n nuwe topic onder herlaai of so iets dan gesels hull emet jou.

Sterkte
Nico

Re: Bekendstelling

Posted: Tue Apr 26, 2016 8:26 am
by Johan L
Ja dit klink na n nagmerrie. Ek hou ook nie van sukkel nie. Ek het een van daardie Sabatti's gekoop met tactical kolf. Die ding is vrek swaar maar ek reken hy gaan lekker speel op langskote na gongs ens. Ek het sy slot ook gevoel en dit voel of hy sommer lekker styf gaan wees. Sal maar moet sien hoe die dope chaimber as ek hom een dag kry. Die 6XC is n maklike kaliber om voor te laai soos ek by hele paar manne gehoor het. Ek het n Tikka 243 in varmint en met die regte dope, outside neck turning en goeie dies het ek nog net plesier out die ou gekry. My seuntjie Hannes (11) skiet met die 243 en skop my gat elke naweek met gongskiet by ons plaaslike kompetisies..... Hahahaha

Ek skiet 87Vmax in die 243. Hy het n 1/10" twist en hy skiet hulle baie mooi. Die 6XC het n 1/8.5" twist en ek hoop om 105gn punte met hom mooi te kan druk.

Re: Bekendstelling

Posted: Sun May 01, 2016 9:40 am
by Toyrsi
Welkom Nico