Page 1 of 1
Howa 22" .270 met Hornady GMX 130gr en S365
Posted: Wed Apr 20, 2016 2:00 pm
by Henry
Mense
Ek sukkel maar om GMX laai informasie te kry.
Met my eerste batch het ek dit so gelaai:
Lading: 47gr
COL: 81.5mm
Ek dink hy skiet effens laag, maar het ongelukkig nie 'n Chrony om spoed te bevestig nie.
Ek het nounet my tweede batch so gelaai:
Lading: 48gr
COL: 82.8mm
Ek moet nog hulle gaan skiet om te sien wat hulle maak.
Is daar iemand wat my advies kan gee van wat 'n goeie beginpunt vir lading en COL?
Re: Howa 22" .270 met Hornady GMX 130gr en S365
Posted: Wed Apr 20, 2016 9:28 pm
by Henry
Niemand?
Re: Howa 22" .270 met Hornady GMX 130gr en S365
Posted: Thu Apr 21, 2016 6:20 am
by musgrave270
Henry. Ek gaan jou nie kan help met n lading nie maar net so bietjie advies.
Bepaal jou maks TPL of as jy uit die magasyn wil voer jou magasyn se maks TPL. Trek 0.2mm af van jou Maks TPL en begin dan herlaai. Alles op een TPL want sodra jy daai lading kry wat werk kan jy bloot deur jou TPL te verkort die groepering verbeter.
Jy moet verkieslik nooit jou TPL langer maak en jou lading terselfdetyd verhoog nie. Dit kan lei tot druk probleme en self erger as jy reeds op maks druk is.
Re: Howa 22" .270 met Hornady GMX 130gr en S365
Posted: Thu Apr 21, 2016 12:08 pm
by ruaanb
Henry ek skiet die GMX in my 300. Beste is om TPL te meet en dan so 1mm korter te begin. As hy dan alreeds in die magasyn pas is dit goed anders moet jy kyk wat maksimum lengte in die magasyn is en aanpas soos hierbo genoem.
Gebruik die Barnes info vir mono's in die Somchem boekie as 'n begin punt vir 'n lading. Skiet dan 3 tot 5 skote oor chrony en dan kan die QL boffins jou help.
Re: Howa 22" .270 met Hornady GMX 130gr en S365
Posted: Thu Apr 21, 2016 1:12 pm
by Henry
Dankie
Ek het nie 'n Chrony op die oomblik nie, ek sal iewers een moet probeer leen tot en met ek een kan aanskaf.
Re: Howa 22" .270 met Hornady GMX 130gr en S365
Posted: Thu Apr 21, 2016 1:14 pm
by Armand Steenkamp
Skaf maar so gou as moontlik een aan..... Dis maar die ding wat jy koop voor jy jou pres en skaal koop.
Groetnis
Re: Howa 22" .270 met Hornady GMX 130gr en S365
Posted: Thu Apr 21, 2016 1:18 pm
by ruaanb
Henry wrote:Dankie
Ek het nie 'n Chrony op die oomblik nie, sal ek sal iewers een moet probeer leen tot en met ek een kan aanskaf.
Ek stuur jou 'n pm.
Re: Howa 22" .270 met Hornady GMX 130gr en S365
Posted: Thu Apr 21, 2016 1:22 pm
by Henry
Nog 'n vraag, so half van topic af.
Waar kan ek gaan skiet om my geweer in te zero vir 200m? Die Durbanville 500m baan is net op Saterdae oop, en die bane is maar gepak op Saterdae. Is daar nog 'n ander opsie?
Re: Howa 22" .270 met Hornady GMX 130gr en S365
Posted: Fri Apr 22, 2016 8:36 am
by Henry
Mense
Ruaan het aangebied om my te help met die meting van my spoed, en sommer QL ook. Nou moet ek net kyk watter Saterdag ek oop kan maak in my en my gesin se mal program van MTB races die volgende maand, asook die weer wat sy sê wil hê.
Ek het intussen ook my TPL verander na 81.5, wat dieselfde is as my eerste batch wat ek met 47gr gelaai het.
Re: Howa 22" .270 met Hornady GMX 130gr en S365
Posted: Sun Oct 30, 2016 8:07 am
by CasualHunter303
Hi Henry
Op watter lading het jy toe ge eindig? Wat was jou spoed op daai lading?