Page 1 of 1

Nuwe Lid

Posted: Wed Apr 20, 2016 1:47 pm
by Toyrsi
Middag manne.
Ek is al so ruk hier.
Seker onwettig. :angel:
Stel myself nou eers voor.

Ek woon in Kathu in die Noord Kaap.
Is lief vir skiet(baan en jag)
Het so paar speelgoed.
Remington 700 308
Howa 6mm Dasher
Zastava 223
40S&W Vektor

Hoop ek sal nog baie leer hier by julle.

Re: Nuwe Lid

Posted: Wed Apr 20, 2016 1:55 pm
by Heinz Petersen
Jacques, welkom en sommer dankie vir jou bekendstelling. Nou weet ons van waar jy is en sommer met wat jy skiet.
Vra net.

Re: Nuwe Lid

Posted: Wed Apr 20, 2016 2:34 pm
by Ashley
Welkom Jacques

Nou dat wettig is en nie meer roofkyk nie kan laat wiel met die vrae, opinies, raad en sommer fotos ook :laugh:

Geniet die forum!

Re: Nuwe Lid

Posted: Wed Apr 20, 2016 3:36 pm
by JuanVE
Baie welkom Jacques, kan sien jy is reeds deel van forum. Glo jy sal dit geniet!

Re: Nuwe Lid

Posted: Thu Apr 21, 2016 8:34 am
by Boesman10
Baie welkom.

Re: Nuwe Lid

Posted: Thu Apr 21, 2016 8:43 am
by joe rocket
Welkom Jacques vertel ons meer van jou Dasher ek en Heinz gaan elk ene bou.

Re: Nuwe Lid

Posted: Thu Apr 21, 2016 9:58 am
by 243Songdaug
Joe, ek kan jou dit sĂȘ - die Dasher skiet 'n koekhou - hyt met die laaste President Streekskiet op Kathu so amper amper 'n voltal op die Vlakte tabel geskiet.

......Nou wonder ek net of ek weer my kolf wat op die betrokke dasher is gaan terugkry?

Re: Nuwe Lid

Posted: Thu Apr 21, 2016 10:26 am
by Toyrsi
Haha. 243
Ja sodra my nuwe kolf hier is.
Hi Joe.
ja die Dasher is n baie lekker geweer.
Ek nog besig om doppe te vorm maar skiet klaar n 2" groep op 300m en 1 gat op 100m.
Dit was n standaard 243 wat net gesny is.

Jy sal nooit spyt wees nie.

Re: Nuwe Lid

Posted: Thu Apr 21, 2016 12:40 pm
by jamalley
Welkom Jacques