Page 1 of 1
Nuwe GRS kolf
Posted: Wed Apr 20, 2016 11:36 am
by Johan04
More Manne
Het enige een van jul al die nuwe sintetiese GRS kolf onder hande gehad of dalk al een gekoop. Ek stel ook belang,maar wil net n paar dinge weet voor ek koop.
Ek luister graag.
Groete
Johan
Re: Nuwe GRS kolf
Posted: Wed Apr 20, 2016 12:32 pm
by Hano243
Ek het na hulle gekyk by Huntex en oorweeg dit baie sterk om self een te koop. Ek sal ook graag wil hoor wat dink die manne van hom.
Re: Nuwe GRS kolf
Posted: Thu Apr 21, 2016 12:18 pm
by Johan04
Hano,wat was hul prys daar en hoe voel die kolf in jou hand? Is dit harde plastiek of is dit ook buigbaar soos van die Howa plastiek kolwe?
Ek verstaan dat by die pistool greep en aan die voorkant is dir rubber.
Groete
Johan
Re: Nuwe GRS kolf
Posted: Fri Apr 22, 2016 11:36 am
by Hano243
Johan04 wrote:Hano,wat was hul prys daar en hoe voel die kolf in jou hand? Is dit harde plastiek of is dit ook buigbaar soos van die Howa plastiek kolwe?
Ek verstaan dat by die pistool greep en aan die voorkant is dir rubber.
Groete
Johan
Hi Johan
Hulle prys was R7500.00 as ek dit nie mis het nie. Ek het na hom gekyk en vasgehou op n geweer waarop hy gemount was en hy het perfek in my hand en skouer gepas. Die plastiek is hard en glad nie buigbar soos die Howa se kolwe nie, hulle het ook genoem dat hy n stewige persentasie fibreglass ook in wat hom baie hard maak.
Jy kan gerus hier meer gaan lees oor die nuwe GRS:
http://www.grsriflestocks.com/our-model ... rs-berserk
Ek was rerig beindruk met die kolf en gaan beslis vir my so een aanskaf in die nabye toekoms, hoop net Safari se prys sal nie nou die hoogte in skiet nie.

Re: Nuwe GRS kolf
Posted: Fri Apr 22, 2016 11:52 am
by Eugene
Re: Nuwe GRS kolf
Posted: Fri Apr 22, 2016 12:11 pm
by Hano243
Janee Eugene dis darem een lig punt in die tonnel, ons hou maar duimvas hy doen so voort

Re: Nuwe GRS kolf
Posted: Fri Apr 22, 2016 12:18 pm
by Henry
Dis nou as die winkels die prys verandering terugvoer na die gebruiker toe, en nie soos die motor vervaardigers met allerhande verskonings kom nie. In die 2001 Rand krisis het hulle in stede van die prys afwaarts aanpas, eerder diensplanne ingesluit by die prys.
Ek sal die wag en kyk game speel hier. Die slim mense verwag dat die Rand nog meer gaan versterk teen die USD. Ek het ook 'n GRS kolf in my planne, maar gaan heelwaarskynlik die gelamineerde een wees.
Re: Nuwe GRS kolf
Posted: Sat Apr 23, 2016 1:32 am
by hierswolf
Dit is rerig 'n stewige kolf. Ek het een op huntex gekry vir 'n pel. Die enigste sagte (eerder sticky) dele is die grip op die handvatsel en voor op die kolf. As ek een kon kry wat my gewere sou pas sou ek verseker gekoop het.
Die huntex prys was R7990.
Re: Nuwe GRS kolf
Posted: Sat Apr 23, 2016 8:40 am
by ruaanb
Ek het na een gekyk vir my Winchester en email GRS toe. Die CEO antwoord my toe self binne n dag met die slegte nuus dat ek nie gehelp kan word nie.
Re: Nuwe GRS kolf
Posted: Mon Apr 25, 2016 6:20 am
by Johan04
Ek kan by my plaaslike Wildman een kry vir R8200. Dit klink heel goed teen oor die Huntex prys.Natuurlik vir n Howa.
Groete
Johan