Page 1 of 1

Outo elektries - ECU kontakte

Posted: Wed Apr 20, 2016 10:50 am
by Willie
Dagse almal

My bakkie gee probleme met die kontakte na die ECU. Ek moet dit gereeld skoon maak om van 'n spesifieke fout kode ontslae te raak en die voertuig uit "limp" mode te kry.

Is daar enige iemand met raad? OF outo elektriese manne in die Kaap wat julle kan aan beveel ?

Groete
Willie

Re: Outo elektries - ECU kontakte

Posted: Wed Apr 20, 2016 11:22 am
by THOMAST
Watse bakkie?
Hoeveel kilos?
Die verdomde goed is te fancy deesdae. My Navara het ook sulke nukke gehad. Toe lees ek erens van 'n sensor in die uitlaatstelsel wat "emissions" blok en as daai ding "verstop" raak het hy so geneuk.
Ek het die sewe soorte **k uit hom uitgery en nog nooit weer probleem gehad nie.

Re: Outo elektries - ECU kontakte

Posted: Wed Apr 20, 2016 11:29 am
by Willie
Mazda BT50 met 280 000 km. Hy maak al baie lank so.
En ja daardie sensor waarna jy verwys het al vuil geraak maar dit gee dan 'n ander fout kode. (Ek het 'n toestel om foutkodes te kry vanaf die ECU)
Die huidige (foutiewe ) fout kode wys na die turbo se vakuum valve. Maar soos ek gese het. Ek maak net die proppe by die ECU skoon en dan is die probleem weer 'n tyd weg. Probleem is dit daardie intervalle nou al korter raak . Ek reken dit is tyd vir ander ECU of ander proppe OF ander bakkie

AS ek net kon uit find watter pin die probleem gee het ek gou plan gemaak !

Re: Outo elektries - ECU kontakte

Posted: Wed Apr 20, 2016 12:45 pm
by Dirkvh
Praat met Henri van Heerden by Combined Electronic Services in Plattekloof

http://www.autosource.co.za/Seller.php?USER=combined

Re: Outo elektries - ECU kontakte

Posted: Wed Apr 20, 2016 12:50 pm
by joe rocket
Dirkvh wrote:Praat met Henri van Heerden by Combined Electronic Services in Plattekloof

http://www.autosource.co.za/Seller.php?USER=combined

Hendri verstaan daai besigheid