Page 1 of 6

Lynx LX3 5-30

Posted: Sat Apr 16, 2016 4:30 pm
by Sangoma (IAN)
Wat dink julle van die outjie. Het hom op Huntex raak geloop.

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Sat Apr 16, 2016 7:32 pm
by Jurie Vermaak
Sangoma (IAN) wrote:Wat dink julle van die outjie. Het hom op Huntex raak geloop.
Ek het ook na hom gekyk. Baie netjies en die kruishaar lyk lekker.

Die prys gaan blykbaar rondom R18 000 wees en dit sal so vanaf Junie beskikbaar wees

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Sat Apr 16, 2016 8:53 pm
by Fanie Nel
Hello Ian.
Se bietjie vir ons wat dink jy van die scope
Groete Fanie

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Sun Apr 17, 2016 8:58 am
by Sangoma (IAN)
Hier is my eerlike opinie-

(Ek is def geen scope expert nie)

Die "proto" tipe wat hulle daar gehad se afwerking lyk vir my redelik cheap. Mar vir die prys is dit heel aanvaarbaar.

Die glas kan mens nie eintlik binne in n saal toets nie. Ek glo die scope sal baie goeie glas he. Hulle praat van Japanese ED glas. So behoort uitstekend te wees.

Wat my wel gepla het was die turrets wat baie "mushie" is. Ek hoop rerig Lynx kry dit uitsorteer voor dat hulle die groot bestelling plaas in Japan.

Ek het so jaar terug terug met Lynx gesels toe hulle begin kyk het na die scope en het gevra of hulle hom in FFP ook sal uit bring? Hulle het gese as die SFP goed verkoop sal hulle kyk na die FFP. Bietjie vreemd, want ek dink die FFP sal net so goed verkoop, indien nie beter nie. Wat dink julle?

Lynx scopes is nog altyd baie goeie waarde vir geld. Back up is seker van die beste in SA! Ek glo die scope behoort baie goed te verkoop teen R18k.

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Sun Apr 17, 2016 9:07 am
by Fanie Nel
Dankie Ian. Ek kan nie opinie gee nee nog nie die scope in my hande gehad nie net op site gesien.
Groete

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Sun Apr 17, 2016 1:29 pm
by Jurie Vermaak
Ian

Ek wou presies dieselfde as jy oor die turrets in my vorige post se maar het gedink ek het my dalk verbeel. Dat jy dit ook noem bevestig dan my gevoel oor die turrets dat hulle nie so positief stel nie

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Tue Apr 19, 2016 5:46 pm
by Bushpig7
Ek skiet nou al vir ses maande sy kliener boet (5 - 20 ) met dieselfde turrets, en myne stel baie presiies.Die nommers is mooi duidelik en hy het baie elvvasie vat my lekker tot by n 1000m.

Die LX3 moes al laaste Julie beskibaar gewees het maar hulle sukkle met sy parallax by hoe vergrooting.

groete
Bushpig 7

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Apr 20, 2016 8:39 am
by Hercules Louw
Daar het drie van die pre-produksie 5-30x56 LX3 teleskope die land ingekom so 2 maande gelede. Ek skiet met een sederdien op my 308. Die pre-produksie modelle is met die hand gebou en het vir Lynx 'n kleinhuisie vol geld gekos, maar hulle moes dit koop as 'n voorwaarde vir die produksie bestelling. Die handgeboude modelle is nie so uniform soos wat produksie modelle sal wees nie - myne se turrets werk en stel byvoorbeeld perfek, klieks is baie positief en daar is geen "mushy" gevoel nie.

Na aanleiding van die evaluering is 'n paar veranderinge aan die produksie modelle aangebring:
- Die skrif op die turrets gaan effens kleiner wees sodat die 10 en 11 beter van mekaar onderskei kan word.
- Die greep op die parallax verstelling gaan breër wees sodat 'n mens nie so maklik die skakelaar vir die verligting draai wanneer die parallaks verstel word nie.
- Die afstand skaal van die reticle op die onderkant van die onderste vertikale post word na die onderkant van die boonste vertikale post geskuif sodat dit nader aan die senter is en omdat dit makliker is om die agterkant van die geweer uit die lê posisie effens te lig om die skaal te gebruik as om dit te laat sak. Hierdie verandering het Lynx sowat R50 000 gekos om die nuwe mould vir die reticle te laat maak, maar ek het dit as noodsaaklik beskou. Baie moeilik om 'n reticle te ontwerp, 'n mens moet eers sien en prakties toets en dit kos ongelukkig baie geld en tyd as dit gewysig moet word en het die produksie bestelling ongelukkig met sowat 2 maande vertraag sodat dit nou eers einde Junie sal afgelewer word.
- Die kleur van die scope gaan verander na 'n soort van metaal bruin.
- Die merkies om die rigting van verstelling vir die turrets aan te dui word duideliker en meer volledig gemaak.
- Presiese indikasie en 'n knik om 20x vergroting waarop die reticle gekalibreer is word op die zoom ring aangebring.

Hoe meer ek die scope gebruik hoe meer geniet ek dit en besef ek hoe goed die scope eintlik is. Die optika staan niks terug vir my 8-32x56 Nightforce nie. Die reticle werk regtig baie lekker en die 1 moa skaal is bruikbaar vir afmik. En die zero-stop is uitstekend. Dan is daar ook die ware 80 moa vertikale verstelling - as jy heel bo is het jy nog steeds die volle horisontale verstelling ook beskikbaar - nie soos sommige scopes waar jy bykans geen horisontale verstelling beskikbaar het op die einde van die vertikale verstellings nie.

Ek kan net sê dat Lynx werklik baie moeite gedoen het om 'n besonderse teleskoop op die mark te kry, hierdie was die 3de model teleskoop wat evalueer is as 'n moontlike produksie teleskoop gemik op die sportskiet mark. Die vorige twee (5-30x50 met 30mm buis en 'n 6-24x56) was net nie goed genoeg bevind nie, maar hierdie 5-30x56 met 34mm buis het al die boksies gemerk. Die produksiemodel gaan iets besonders wees. Myne is bestel!

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Apr 20, 2016 9:21 pm
by Sangoma (IAN)
Soos ek se, ek glo ook die model behoort baie goed te verkoop. Die vergroting van 5-30 is great. Perfek vir bos jag, gonge skiet, papier skiet, en lang afstande ook.

Hercules, weet jy dalk of hulle besluit het op die ffp model? Gan hulle hom uitbring?

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Apr 20, 2016 10:58 pm
by Hercules Louw
Die verkope van die huidige model en die navrae na n ffp model sal bepaal wanneer die ffp op die mark sal kom. Dit sal waarskynlik nie binne die volgende jaar wees nie. Die ontwerp van n reticle vir ffp teleskoop met n 6x zoom (5-30) is ook nie maklik nie omdat die dikte van die kruisdraad so baie verskil tussen minimum en maksimum vergroting. Die bestaande kruisdraad wat op 20x gekalibreer is sal bv glad nie werk nie - dit sal vir meeste skuts te dik wees op 30x en amper onsigbaar dun op 5x wees.

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Thu Apr 21, 2016 7:08 am
by Hein22
Ian, ek stem ook vir ffp scope. Miskien terwyl ons geduldig daarvoor wag kan lynx solank 'n mrad weergawe beskikbaar stel. Die reticle is seker glass edged so kan nie sien dat dit 'n probleem behoort te wees om te verander nie en ek wou eens op 'n tyd my lynx 5-20 model se 1/8 clicks na 1/4 clicks verander en hulle het gesê dit sal nie 'n probleem wees nie.

So Hercules, 'n mrad reticle met .1 mrad verstelling dalk in die naby toekoms 'n opsie?

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Mon Apr 25, 2016 1:54 pm
by Hercules Louw
Hallo Hein

Jammer ek antwoord nou eers, baie besig gewees.

Die reticle is op glas geëts en dit kos so R50 000 om 'n nuwe mould te maak.
Dit is geen probleem om 'n 0.1 Mil rad reticle te ontwerp of om die scope se turrets te verander na 0.1 Mil rad klieks nie.
Die probleem is egter die potensiële mark.
Ek het 'n Nightforce 8-32x56 teleskoop met presies die 0.1Mil rad verstellings en MLR kruisdraad soos jy versoek, maar ek weet nie van een ander persoon wat so 'n konfigurasie het nie - dit is net eenvoudig nie populêr nie.
Die verstelling van 1cm per kliek op 100m is vir die manne wat fyn wil skiet net nie aanvaarbaar nie. Die spasiëring van die strepies op die 1Mil reticle beteken dat die afstande tussen die strepies is 100mm op 100m, of as jy na 0.5Mil spasiëring gaan is dit 50mm op 'n 100m - dit is net te grof om nuttig te wees vir daai klein afmik wat 'n mens doen as die wind bv effens verander terwyl jy skiet. Ek gebruik bv. nooit my reticle vir enige afmik doeleindes nie, dit is te grof, gebruik net die turrets en die reticle kon net sowel 'n gewone dupleks gewees het.
Die ander probleem kom in wanneer 'n mens in spanverband kompetisie skiet - 0.1Mil Rad of 0.05Mil rad klieks is altyd anders as jou spanmaats se 1/4moa klieks.

Ek kan dus nie sien dat Lynx jou voorkeur konfigurasie maklik op die mark sal bring nie, in Suid Afrika is die mark daarvoor net te klein. Die FFP model het 'n baie groter kans om binne sê die volgende 2 jaar op die mark te kom, maar hoe om daai reticle sinvol te ontwerp sodat dit ten volle bruikbaar en sigbaar is by 5x vergroting en ook by 30x vergroting nie te dik is nie, is vir my nog 'n kopseer.

Ek het nou die afgelope naweek die pre-produksie 5-30x56 model gebruik tydens 'n SA Jagters streekskietkompetisie by Sebra tak. Die scope is op my 308 gemonteer en dit was die eerte keer dat ek die springbok tot 300m in 'n kompetisie daarmee geskiet het. Die wind was baie rukkerig tussen 5 en 15mph en ek moes juis daai 1 moa merkies gebruik om te kompenseer tussen skote. Kon maklik my gaatjies op 300m sien. Ek moet sê dat die teleskoop baie lekker werk en dat verstellings presies is, my hoogtes was oral perfek, net daai rukkerige wind het dit moeilik gemaak om in die hart te bly.

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Tue Jul 05, 2016 6:30 pm
by Diesel Dog
Het vandag met Lynx Optics gepraat en die Lynx LX3 5-30 is nou in voorraad sal graag een wil besigtig.

DD

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Tue Jul 05, 2016 7:32 pm
by Hercules Louw
DD, daar is nog net die 3 pre-produksie modelle in die land, een is by Lynx, ek het een en die derde een is by 'n skietmaat van my.

Die vooraad land volgende week, so jy sal nog so bietjie moet vasbyt om een te sien by 'n handelaar, en baie van die scopes is klaar bespreek op vooraf bestellings by die handelaars.

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Tue Jul 05, 2016 8:09 pm
by Diesel Dog
Hercules Louw wrote:DD, daar is nog net die 3 pre-produksie modelle in die land, een is by Lynx, ek het een en die derde een is by 'n skietmaat van my.

Die vooraad land volgende week, so jy sal nog so bietjie moet vasbyt om een te sien by 'n handelaar, en baie van die scopes is klaar bespreek op vooraf bestellings by die handelaars.

As jou inligting reg is dan lieg die ou van Lynx Optics deur sy tande en dit nogal in" Brits" .We ordered hundreds

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Tue Jul 05, 2016 10:01 pm
by Fanie Nel
Hello oom Hercules
Hoe vergelyk die lx3 5-30*56 met die lx2 5-20*50
Groete Fanie Nel

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Jul 06, 2016 8:00 am
by Sangoma (IAN)
Fanie Nel wrote:Hello oom Hercules
Hoe vergelyk die lx3 5-30*56 met die lx2 5-20*50
Groete Fanie Nel
Cheese and Chalk...

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Jul 06, 2016 8:09 am
by Fanie Nel
Dankie Ian
Wil sommer weet of daar virskil i glas. Die kosmetiese weet ek. Oom hercules sal mos mooi kan vergelyk hy het mos albei by hom
groete

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Jul 06, 2016 12:17 pm
by Hercules Louw
Hallo Fanie

Die 5-20x50LX2 reeks is 'n uitstekende teleskope wat baie goeie waarde bied vandag. Hulle stel presies en die optika staan vir niks op die skietbaan terug as jy bv na jou gaatjies op bv 300m wil kyk nie.

Maar die 5-30x56LX3 is wel in 'n ander klas. Dit is nie net die hoër vergroting en die groter zoom bestek nie, maar ook die kwaliteit van die optika is beter. Vergelyk jy beide scopes op 20x vergroting, dan is die beeld van die groter een wel beter, dit is asof jy meer ontspanne deur die groter scope kan kyk. Selfs teen 30x vergroting verloor dit niks van sy helderheid nie. Tewens op 'n koel bewolkte dag op Piet Joubertskietbaan kon ek gaatjies op my bure se teikens op 300m op die jakkalsteiken sien wat hulle self nie kon sien nie, die een het 'n 8-32x56 NSX Nightforce gehad en die ander 'n 12-50x56 Schmidt & Bender. Dan is daar die interne verstelling van 'n ware 80MOA, die zero stop funksie wat baie maklik en effektief werk, die kruisdraad verligting waarvan die verstelling in die parallaks knop ingebou is, 'n lekker kruisdraad met 'n afstand skat skaal, lewenslange waarborg en vinnige plaaslike ondersteuning en jy sit met 'n pakkie wat baie moeilik geklop gaan word.

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Jul 06, 2016 12:28 pm
by Hercules Louw
Diesel Dog wrote:
Hercules Louw wrote:DD, daar is nog net die 3 pre-produksie modelle in die land, een is by Lynx, ek het een en die derde een is by 'n skietmaat van my.

Die vooraad land volgende week, so jy sal nog so bietjie moet vasbyt om een te sien by 'n handelaar, en baie van die scopes is klaar bespreek op vooraf bestellings by die handelaars.

As jou inligting reg is dan lieg die ou van Lynx Optics deur sy tande en dit nogal in" Brits" .We ordered hundreds
My inligting is korrek.
Dit is egter nie te sê dat 'n groot bestelling alles op een slag afgelewer word nie. My inligting is dat daar daar Saterdag 200 van die scopes land en hulle sal van volgende week af deur Lynx versprei word. Maar dit is ook 'n feit dat meer as 100 van die scopes reeds deur vooraf bestellings by handelaars verkoop is.

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Jul 06, 2016 12:38 pm
by LoopSoosStroop
Wat kos hulle?

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Jul 06, 2016 12:48 pm
by Hercules Louw
Sal volgende week weet wat die voorgestelde kleinhandelsprys is sodra die totale "landed cost" deur Lynx bepaal kan word.

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Jul 06, 2016 12:59 pm
by Sangoma (IAN)
Nou kort ons net n paar pics van die finale produk

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Jul 06, 2016 1:06 pm
by Fanie Nel
Dankie oom hercules

Re: Lynx LX3 5-30

Posted: Wed Jul 06, 2016 2:30 pm
by Diesel Dog
Hercules Louw wrote:
Diesel Dog wrote:
Hercules Louw wrote:DD, daar is nog net die 3 pre-produksie modelle in die land, een is by Lynx, ek het een en die derde een is by 'n skietmaat van my.

Die vooraad land volgende week, so jy sal nog so bietjie moet vasbyt om een te sien by 'n handelaar, en baie van die scopes is klaar bespreek op vooraf bestellings by die handelaars.

As jou inligting reg is dan lieg die ou van Lynx Optics deur sy tande en dit nogal in" Brits" .We ordered hundreds
My inligting is korrek.
Dit is egter nie te sê dat 'n groot bestelling alles op een slag afgelewer word nie. My inligting is dat daar daar Saterdag 200 van die scopes land en hulle sal van volgende week af deur Lynx versprei word. Maar dit is ook 'n feit dat meer as 100 van die scopes reeds deur vooraf bestellings by handelaars verkoop is.
Dan vra ek verskoning 100= hundred 200= hundreds.

DD