Page 1 of 1

Nuweling op forum

Posted: Sat Apr 16, 2016 11:04 am
by Wolfman
Goeiedag,

Wynand van Thabazimbi.

My motto is dat mens nooit te oud is om te leer nie, en ek is gretig om meer te leer van alle aspekte van die skiet sport by die "gurus" op hierdie forum!

Re: Nuweling op forum

Posted: Sat Apr 16, 2016 6:55 pm
by goodstuff
Welkom, hier leer mens baie!

Re: Nuweling op forum

Posted: Sun Apr 17, 2016 7:06 am
by FHM
Dagse Wynand,
baie welkom by ons kampvuur.

Vertel bietjie van jou skietgoed en waar en wat jy gewoonlik jag?

Sien uit na jou deelname ;)

Re: Nuweling op forum

Posted: Sun Apr 17, 2016 8:45 am
by andre007
Welkom geniet dit in die klas

Re: Nuweling op forum

Posted: Sun Apr 17, 2016 11:24 am
by Boesman10
Dagse Wynand en welkom op die forum.

Re: Nuweling op forum

Posted: Sun Apr 17, 2016 12:26 pm
by Ashley
Welkom Wynand.
Ja heeltemal genoeg info hier om self die ou honde ietsie te leer
;) ;) ;)
Hoop jy geniet dit.
Vertel bietjie meer oor wat in jou kluis aangaan..

Re: Nuweling op forum

Posted: Mon Apr 18, 2016 12:57 pm
by jamalley
Welkom

Re: Nuweling op forum

Posted: Tue Apr 19, 2016 10:52 am
by ROBBIE1
Welkom Wynand.

Re: Nuweling op forum

Posted: Tue Apr 19, 2016 11:42 am
by KalahariKlong
Baie welkom.

Re: Nuweling op forum

Posted: Tue Apr 19, 2016 12:12 pm
by Hilux01
Wynand

Geniet dit

Re: Nuweling op forum

Posted: Thu Apr 21, 2016 12:20 am
by Wolfman
Baie dankie vir die welkom boodskappe! Ek voel sommer reeds tuis langs hierdie vuurtjie!

Alhoewel ek lief is vir die skiet/jagsport, spandeer ek heeltemal te min tyd en geld daaraan..

My hartsgeweer is my eerste geweer wat ek 24jr gelede gekoop het, nl. 'n Brno 308. Wanneer ek my hand in die kluis insteek, spring hierdie geweer gewoonlik dadelik in my hand in, en hy verset homself wanneer ek hom wil eenkant sit! My tweede geweer wat ek aangeskaf het is ook my swaarste kaliber, 375 H&H Winchester Safari Grade aksie met 'n Truvelo loop. Hierdie is my Groot Vyf en gevaarlike wild jag/opvolg geweer. Volgende het ek 'n 308 Remington SPS Tactical aangeskaf asook 'n Brno .22.

Dan is daar 2 handwapens in die kluis, naamlik 'n ou .45 Webbley (erfstuk) en 'n SIG P226 in 40S&W.

Ek is 'n biltong jagter en deesdae kry ek eers 'n jagbeurt nadat my dogter en seun hul bokke geskiet het.. Ons jag hoofsaaklik in die Thabazimbi area, maar ook verder noord in Limpopo provinsie sowel as Noordwes provinsie. Ons jag gewoonlik koedoes, rooibokke, blou wildebeeste en enige ander wild wat lyk of hul pot toe wil gaan! ;D

Ek herlaai wanneer ek tyd kry, en begin nou eers werklik met meer ernstige lading ontwikkeling. Het met die SPS begin en die reseppie wat ek nou het, maak lekker kossies (beste groepering op 100m was 7mm)

Spandeer tans nie genoeg tyd op die skietbaan om kompeterend in skiet kompetisies deel te neem nie, en speel baan-offisier en skiet net waarskuwingskote by kompetisies ;D

Re: Nuweling op forum

Posted: Thu Apr 21, 2016 12:29 am
by Heinz Petersen
Welkom Wynand. Nou het ek ook iets by jou geleer.
Jy skiet nie mis nie. Dit is waarskuwings skote. ;D