Page 1 of 1

140 TTSX vs 160 Accubond - wat sou julle?

Posted: Wed Apr 13, 2016 11:37 am
by Ashley
Môre

Tussen die 2 bogenoemde punte, wat sou julle voorkeur wees vir n 7x57, meestal bosveld gebruik?
Vlakvark tot Kudu grootte wild
Die TTSX kry ek nou teen so 2690fps, en die AB behoort teen so 2550fps ongeveer te loop uit die 7x57.

Ek besef dat beide punte uitstekende "performers" is, en dat skoot plasing seker meer tel as die punt.
(Dit sal seker op persoonlike voorkeur ook neerkom.)

Net julle gevoel kry, dankie

Re: 140 TTSX vs 160 Accubond - wat sou julle?

Posted: Wed Apr 13, 2016 1:37 pm
by OomMatt
Ashley
Verseker soos jy self genoem het is al twee die koeels baie goed , en het self die twee al gebruik en ander ( Rhino / Peregrine / Nosler Partition / Swift) geskiet in my 7x57 , en is beslis persoonlike keuse , waar ek maar n Barnes man is , bly ek by en skiet nou net 150gr Barnes TSX teen 2607vps.
Skoot plasing bly maar altyd die belangrikste , ek se altyd vir die manne "my 7x57 is my 9.3 se klein boet" , druk die sneller en wat ever voor die die loop gestaan het , is nie meer daar nie.
Geniet hom

Re: 140 TTSX vs 160 Accubond - wat sou julle?

Posted: Wed Apr 13, 2016 1:55 pm
by M98mauser
Ek sal die Barnes kies!! Ek het laas jaar baie punte geskiet en op die einde die 150gr TTSX gebruik en hulle was great die 140gr het nie vir my mooi gegroep nie. Ek het egter nou 160gr TSX en ek dink vir die bosveld is hulle uitstekend. Vroeer jare met 160gr nosler partition gejag en hulle was ook baie goed maar die lood in die vleis ding het my bietjie laat wegbeweeg van hulle.

Re: 140 TTSX vs 160 Accubond - wat sou julle?

Posted: Wed Apr 13, 2016 2:23 pm
by Piet Pille
Skiet die akkuraatste een tussen die twee in jou geweer....

Ek kies die Barnes, maar dis maar net persoonlike keuse omdathulle werk in my geweer.