Page 1 of 2

Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 12:49 pm
by OupaZA
HI Almal,

Wil solank my fotos van my bokke deel, Bietjie besig by die werk... maar as ek tyd kry sal ek bietjie meer vertel. was my droom gewees om 'n mooi ou eland bul te skiet en ek het hom gekry. ;D .308 Barness 130gr 2940FPS.

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 12:50 pm
by OupaZA
.

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 12:51 pm
by OupaZA
.

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 1:00 pm
by ruaanb
mensig dis nou 'n mooi bul geluk!

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 1:02 pm
by Stephan86
Well done my vriend. Daai is regtig 'n baie spesiale dier wat nie aldag oor 'n man se pad kom nie.

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 1:08 pm
by sako 30-06
Damn, dis n oupa.

En dit met n .308 en 130gr Barnes.
Sien uit om die storie te hoor.

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 1:24 pm
by Joe13
Baie mooi, daai is nou vleis!

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 1:36 pm
by OupaZA
Verskoon maar, eks nie te goed met opstelle skryf nie :-[

Die plaas is gelee in die tulieblok in botswanna, 15 000 hektar. Die opset werk so, 2 manne stap saam met 'n GPS. om jou plek weer te vind waar hul jou moet optel later die dag en jou bokke merk. Jy moet ook die pens uithaal en die bok toe maak met takke en blare anders kom hal die jakelse en assvoels hom.

Ons het die ogend vroeg begin loop, toe ons so deur die bosse a paar ore sien wapper... my broer het my dadelik met opwinding gewys daar staan a grooot eland bul. Ek het hom bekyk en gesien hy is nogi rerig blou nie. Ons het toe bietjie nader beweeg om beter te sien... dis toe ons vir "blackie" sien. Ek het dadelik geweet die is my droom bul. Ek het in possisie gekom en gesit en skiet oor die stokke. Die bul het toe beweeg in die oopte waar ek 'n oop skoot kan kry. Die skoot het geklap en die kon duidelik sien dit was raak op die blad so in die helfde van se lyf, hy het stadig weg waggel so 10m verder. Wou nie 'n kans vat en kon 'n mooi kopskoot toedien agter die oor. Skoot was so 90m ver.

Ek kanie die opwinding beskryf wat ek gevoel het en die hartseer van dankbaarheid dat ek so ongelooflike dier kon neem. Om in Botswana te jag was loshande my beste jag van my lewe nog.

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 1:50 pm
by Supacow
Volgende jaar kap jy hom met die Hoyt

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 2:51 pm
by heywillie
pragtige bul !!

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 3:34 pm
by JohannC
Ja, dit is 'n mooie!

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 3:47 pm
by win270
Gewig? Julle gaan sommer vir lank goeie vleis geniet! Baie geluk.

Re: Botswanna Jag

Posted: Fri Apr 08, 2016 5:52 pm
by JDKey
Verseker n droom bul!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Botswanna Jag

Posted: Sat Apr 09, 2016 5:45 pm
by koos 2
Pragtige bul.baie geluk aan die jagter

Re: Botswanna Jag

Posted: Sun Apr 17, 2016 5:48 am
by Vlakvark Soldaat
Awesome!

Re: Botswanna Jag

Posted: Mon Apr 18, 2016 9:25 am
by Evert
Baie Mooi Bul daai baie geluk, Lyk soos Tuli Blok daai Naby Stokpoort

Re: Botswanna Jag

Posted: Mon Apr 18, 2016 12:03 pm
by FrancoisW
Baie geluk. Verseker 'n droom bul

Re: Botswanna Jag

Posted: Mon Apr 18, 2016 12:10 pm
by OupaZA
E-Bird wrote:Baie Mooi Bul daai baie geluk, Lyk soos Tuli Blok daai Naby Stokpoort
Jy is reg,

Baie dankie vir die goeie wense manne.

Groete

Re: Botswanna Jag

Posted: Mon Apr 18, 2016 1:20 pm
by dnl.hattingh
Hi baie geluk dis 'n baie unieke bul daai.

was dit nou onlangs gewees?

Ons is veronderstel om die 27ste Apr in Ghanzi te gaan jag maar hulle het blykbaar
laas week buffels net anderkant Kanye gekry met bek en klou wag nou nog vir die
plaas om my te laat weet wat gaan vir wat.

Re: Botswanna Jag

Posted: Tue Jun 07, 2016 3:29 pm
by Krokkie
Mooi bul en dit met 130 gr ja.

Re: Botswanna Jag

Posted: Tue Jun 07, 2016 3:41 pm
by Kotze .204R
Baie mooi bul geluk hoe het daai 130gr gemaak op die lyf?

Re: Botswanna Jag

Posted: Tue Jun 07, 2016 5:32 pm
by Mellies
Mooi man!

Met n vleisie...

Re: Botswanna Jag

Posted: Tue Jun 07, 2016 7:15 pm
by Daniel J
Baie cool

Re: Botswanna Jag

Posted: Tue Jun 07, 2016 8:21 pm
by Jurgen Visser
Hel ja , dit is een in 'n leeftyd bul daardie hoor

Re: Botswanna Jag

Posted: Tue Jun 07, 2016 10:04 pm
by MichielC
Baie geluk !! Om in die Tuli Blok te jag is voorwaar n ervaring.