Page 1 of 1
jakkalse word meer
Posted: Wed Apr 06, 2016 2:14 pm
by arno65
My oom het n plaas in lydenburg en ek gaan kuier so 2 keer n jaar daar.Laasnaweek het ons 4 geskiet en die twee kere voor laasnaweek was 4 en 6.my oom vertel dat 10 jaar terug het hulle baie meer varke geskiet en as hulle 1 jakkals gekry het was dit n goeie aand.nou sit ek en wonder of die jakkals nommers groei of is dit dalk net op sy plaas.
Re: jakkalse word meer
Posted: Wed Apr 06, 2016 2:35 pm
by M98mauser
Ek dink jakkalse word meer, Onlangs oppad vaaldam toe sommer twee pare twee verskillende plekke op die oranjaville /heilbron pad gesien. Hulle verspeidings gebied word beslis groter, maar ek is n leek miskien kan Geno meer hieroor uitwei of een van die ander jakkals jagters.
Re: jakkalse word meer
Posted: Wed Apr 06, 2016 2:43 pm
by Capt. Yoda
Hoe baie mense ken jy wat vandag op enige vlak Jakals jag? Daar is nie regtig enige ander roofdier wat hul nommers sal beheer nie en kos is volop oor die hele land.Wat meer kort enige dier om sukses te behaal? 1 Paar op n plaas is oor 4 jaar 30 pare
Re: jakkalse word meer
Posted: Wed Apr 06, 2016 3:48 pm
by JuanVE
Hulle getalle neem definitief toe. Luister maar na die manne wat jag en kyk hoe skiet die manne hierdie hondjies en steeds neem die getalle toe.
Die NWKV het in samewerking met Humansdorp Kooperasie 'n projek vir April waar boere 1.2m sifdraad teen R499.95 per rol kan koop om die probleem te probeer aanspreek. Span toe, haal uit en hou skoon.
Re: jakkalse word meer
Posted: Wed Apr 06, 2016 4:12 pm
by tripodmvr
Meer wild, meer kos, meer roofdiere!!!!!!
Re: jakkalse word meer
Posted: Wed Apr 06, 2016 4:47 pm
by Henry
tripodmvr wrote:Meer wild, meer kos, meer roofdiere!!!!!!
+1. Dis maar hoe die natuur werk om balans te verseker.
Re: jakkalse word meer
Posted: Wed Apr 06, 2016 7:09 pm
by Capt. Yoda
Henry wrote:tripodmvr wrote:Meer wild, meer kos, meer roofdiere!!!!!!
+1. Dis maar hoe die natuur werk om balans te verseker.
Groot verskil is net in die natuur is daar gewoonlik iets wat die roofdier se nommers beheer om n balans te verseker, of dit nou n sterker roofdier is of n tekort aan kos iets hou die nommers in toom.Met boere (skaap/bees/wild) en jakalse is daar niks anders as n boer en n roer/yster/gif wat die nommers gaan beheer nie so as hul nie geskiet of gevang word nie gaan hul net meer word
Re: jakkalse word meer
Posted: Wed Apr 06, 2016 7:40 pm
by NicoSmit
En ek glo defnitief die groenes se redenasie dat as daar geskiet word dan word hulle meer nie
Re: jakkalse word meer
Posted: Wed Apr 06, 2016 9:20 pm
by Dawie
Ons maak ongelukkig te min vrek punt
Re: jakkalse word meer
Posted: Sat Apr 30, 2016 8:20 pm
by Rix
Hallo julle, ek boer so 70km oos van die SKA (Square Kilometre Array),
wat meer as 100 000 ha beslaan. Oor n paar jaar as hulle nou goed teelkans
gekry het, dans ons in die moeilikheid.