Page 1 of 2
Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Mon Apr 04, 2016 12:21 pm
by Geno
Manne,
Na ek in die laaste 6 jagnagte 6 papwiele gekry het, en my Cruiser 'n slag van sy bottel jack afgeval het, het ek besluit om 'n Hi-Lift te koop.
Nou, wat koop man?
Genuine HiLift - R2000.00
Adendorff - R900
T-Max - R???
Dankie!
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Mon Apr 04, 2016 12:34 pm
by Alwyn
Genuine HiLift...
Want n Adendorff hi-lift pas nie by n cruiser nie....
Ken nie die T-Max nie, maat die adendorff hi-lift werk nie selg nie.
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Mon Apr 04, 2016 12:35 pm
by Gerhardus Nel
Hi Lift
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Mon Apr 04, 2016 2:57 pm
by blaser
kom haal
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Mon Apr 04, 2016 3:05 pm
by Geno
blaser wrote:kom haal
Dankie Oom Frans!
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Mon Apr 04, 2016 5:52 pm
by Giepie
HiLift, die langste wat jy kan kry.
Wees net versigtig, dit is nie baie stewig vir wiel omruil nie, dit is ontwerp om van af te ry. :-)
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Mon Apr 04, 2016 6:19 pm
by alecjohnson
NEE 'n hi lift koop jy om as spaar parte saam te ry!
Kry 'n hidrolise vloer jack of
exhorst/air jack!
https://www.youtube.com/watch?v=aILTlKPu3Zs
Ek het al baie met hi lifts gewerk! regtig vir my nie 'n ding om te gebruik vir bande ruil nie! Dit werk vir as jy in 'n aardvark gat geval het en moet uitkom. dan jack jy op en ry uit gat.
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Mon Apr 04, 2016 9:01 pm
by Apie
Exhaust jack werk nie as jou kezors n gaatjie in het nie.
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Mon Apr 04, 2016 10:12 pm
by JJV
Al die ander word verkoop as 'n "FarmJack", die Hi Lift jack is die oorspronklike een met spares om hom oor te doen as hy begin lol. Pasop agter vir kakebene an arms wat in die pad kan kom!
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Tue Apr 05, 2016 8:01 am
by Carl
Geno
Jy moet ook ingedagte hou die ding moet kan staan as die Cruiser vassit

'n Groot basis plaat help.
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Tue Apr 05, 2016 8:05 am
by Geno
Geen probleem Carl. 'n Cruiser sit darm nie vas nie

Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Tue Apr 05, 2016 8:13 am
by Capt. Yoda
Wens ek kon daar in die veld sit en kyk hoe jy daai wiel ruil toe daai cruiser van sy jack af spring
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Tue Apr 05, 2016 10:03 am
by ruaanb
Wees maar versigtig vir 'n hilift......hy moet 'n baie stewige basis he en daar moet nie te veel aan die voertuig beweeg word nie.
Persoonlik sou ek sommer een van die 2 ton vloer jacks saam gery het.
Ek het al gesien hoe klim hy daar af en dan is die skade erg. 'n Air Jack werk ok maar daar moet nie skerp doring etc naby wees nie so dit gaan jou net irriteer as jy elke keer eers moet skoon maak voor jy dit gebruik. Dit werk bitter lekker in sand.
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Wed Apr 06, 2016 7:11 am
by Gerhardus Nel
Geno wrote:Geen probleem Carl. 'n Cruiser sit darm nie vas nie

Dis n feit!!!!
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Wed Apr 06, 2016 8:15 am
by andre007
Geno wrote:Manne,
Na ek in die laaste 6 jagnagte 6 papwiele gekry het, en my Cruiser 'n slag van sy bottel jack afgeval het, het ek besluit om 'n Hi-Lift te koop.
Nou, wat koop man?
Genuine HiLift - R2000.00
Adendorff - R900
T-Max - R???
Dankie!
Geno
Hier by ons ry baie manne cruisers, ons het nie n 4x4 megaworld en daai klas winkels nie. Baie van my skietmaats koop maar by Midas hulle "housebrand" almal waarmee ek gepraat het is o k met hom, self innie mark vir 1
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Wed Apr 06, 2016 8:23 am
by Heinz Petersen
Die heel maklikste is n trolly jack. As jy nie die regte anker plekke het vir die Hi-lift jack nie, werk dit nie. Of jy beskadig jou bakwerk of die voertuig beweeg heen en weer. Nie lekker veilig nie.
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Wed Apr 06, 2016 8:31 am
by Geno
Heinz Petersen wrote:As jy nie die regte anker plekke het vir die Hi-lift jack nie, werk dit nie. Of jy beskadig jou bakwerk of die voertuig beweeg heen en weer. Nie lekker veilig nie.
Ook bewus daarvan.
Ek het darm jack punte op my ARB bumper en agter bumper.
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Wed Apr 06, 2016 8:53 am
by Heinz Petersen
Geno, koop dan maar n goeie Hi-lift jack. Jy kan dit vir baie ander goed gebruik.
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Wed Apr 06, 2016 9:12 am
by Suikermuis
Goeiedag
Die Hi Lift tipes werk lekker, maar soos genoem wil hulle n stabiele platform hê. Die ander ding is dat jy maar die bottel Q20 ook kan saam ry. Daardie skarniere tel maklik stof op en dan is hulle taai om aan die beweeg te kom. Dit is soms n groot frustrasie.
Mooi dag
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Wed Apr 06, 2016 1:00 pm
by Pappabeer
Die grootse verskil tussen die farmjack en HiLift is lg se skag is vas op sy basisplaat met n splitpin, wat beweging toelaat. Die Farmjack het n bout deur.wat die voetplaat 90 grade met die skag hou. Vervang dit met n splitpin of gee die moerskiet dat jou skag effens kan pivot op die voetplaat, dat hy nie spring nie.
Die beste attachement punt vir wiel vervang is om n HiLift sling aan die wiel self te sit en op te jack. Sit dan die voertuig weer neer op n tressel of jou botteljack en werk aan hom. Wanner jy net n doring of spyker moet trek en plug, kan jy gewoonlik op n bakkie dit netso doen sonder om die wiel af te haal.
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Wed Apr 06, 2016 6:31 pm
by Apie
Pappabeer wrote:Die grootse verskil tussen die farmjack en HiLift is lg se skag is vas op sy basisplaat met n splitpin, wat beweging toelaat. Die Farmjack het n bout deur.wat die voetplaat 90 grade met die skag hou. Vervang dit met n splitpin of gee die moerskiet dat jou skag effens kan pivot op die voetplaat, dat hy nie spring nie.
Die beste attachement punt vir wiel vervang is om n HiLift sling aan die wiel self te sit en op te jack. Sit dan die voertuig weer neer op n tressel of jou botteljack en werk aan hom. Wanner jy net n doring of spyker moet trek en plug, kan jy gewoonlik op n bakkie dit netso doen sonder om die wiel af te haal.
Soos Dewald hier sê!
As jy n wiel wil ruil en jy jack by die voor of agter bumper se jack punt moet jy n bakkie baie hoog lig voordat die wiele die grond begin verlaat agv die vere se artikulasie.
Wees maar wakker!
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Wed Apr 06, 2016 9:09 pm
by Dewitt
Geno ek het dieselfde probleem en die trolliejack werk nie vir my lekker by die Cruiser agv sy hoogte. Ek weet mens kan 'n blok of iets onder sit, maar wil nie nog klomp goed saamry nie. Ek het toe vandag 'n Titan High Lift Jack vir R940 BTW in by ons plaaslike Koop gekry.
Groete
Dewitt
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Thu Apr 07, 2016 7:49 pm
by Pappabeer
Heinz Petersen wrote:Geno, koop dan maar n goeie Hi-lift jack. Jy kan dit vir baie ander goed gebruik.
korrek. Soos om n regte kluis met n 3 geweer kluis rond te skuif...
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Fri Apr 08, 2016 5:35 am
by Henry 7
Daai ding wat jy 'n papwiel kry met 'n vrag en die jack nie onder in kan kry nie---ry sommer met die pap wiel bo-op die spaarwiel en walla!
Re: Hi-Lift jacks - Wat koop mens?
Posted: Wed Apr 27, 2016 5:43 pm
by Geno
Oom Frans (blaser). Baie baie dankie vir die HiLift wat Oom vir my gegee het.
Dankie ook dat Oom my nou laat rond rol in die nag oor daardie mooi Cruiser (mooiste wat ek nog gesien het) en bedonnerde herlaai setup van Oom!