Page 1 of 1

6mm Dasher

Posted: Sat Apr 02, 2016 11:05 am
by Toyrsi
Hi manne.
Help asb met lading vir my geweer
1-10 twist
S321
Lot239
Loop lengte 596mm
Dop lengte 39.45mm
Maks tpl 55.8mm
Water 41.7gn
Punt 70 gn ballistic

Lading 33.6gn
3376
3339
3386

Dankie

Re: 6mm Dasher

Posted: Sat Apr 02, 2016 8:11 pm
by tripodmvr
Prakties gesproke is jy by die enigste bruikbare node wat spoed gee met druk wat nie te laag is nie. Dopvulling is swak - S335 of S341 behoort dit te verbeter en nog dieselfde node kry.

Re: 6mm Dasher

Posted: Sat Apr 02, 2016 10:10 pm
by Toyrsi
Dankie. Enige idee watse lading in s335

Re: 6mm Dasher

Posted: Sun Apr 03, 2016 2:22 am
by tripodmvr
Begin 31gr en pasop as jy naby 3500vps kom. Bygese as jy normale trapsgewyse laaimetode gaan volg - andersins bring net die data hiernatoe.

Re: 6mm Dasher

Posted: Sun Apr 03, 2016 8:49 am
by Chrisjan
Hier is my Dasher se besonderhede. Gebruik asb oordeelkundig. My druk is hoog maar veilig.

Met my lot S335 gooi ek 37gr met n tpl van 56.78mm om n spoed van 3550fps te kry.

Ons loop lengte is dieselfde en skiet dieselfde koeƫls. Dit is met CCI450 primers.

Groete.

Re: 6mm Dasher

Posted: Sun Apr 03, 2016 9:16 am
by Jaktrap
More more.
Hoe weet mens jou druk is veillig sonder QL?
Ek het gehoor die Dasher steek sy druk goed weg.

Re: 6mm Dasher

Posted: Sun Apr 03, 2016 10:45 am
by Toyrsi
Dankie manne. Chrisjan hoe kry jy so baie S335 in daai dop en hoekom gebruik jy magnum primers met S335. Het gedink die gewone sal beter werk met die kruit.