Page 1 of 2
Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Fri Apr 01, 2016 6:43 am
by Capt. Yoda
Hopelik kry ons n RF wat bq meer bekostigbaar is hier in SA. As hy n gong op 1200y en n Blesbok op 600y Kan range vir onder 6K sal daar baie van hulle verkoop.Nuwe RF is die onderste prentjie kry hom nie om bo te bly nie...
EK het ook die outjie op hul US site gesien
http://cdn3.bigcommerce.com/s-x6svp/products/103/images/424/8x42_BinoRange_1__51358.1458835348.600.600.jpg?c=2
The Rudolph Optics 8x42 Binocular Rangefinder is the hunting markets first 1800 meter rangefinder under $900.00. 1800 meters is equivelant to 1,968 yards which is 1.12 miles. We have ruggedly designed these to uphold all types of terrain with a rubberized coating. Simple one button range and scan mode helps you identify your target quickly and identify their position. Multi mode ranging helps get pin point accuacty to +/- 1m. Comes in a soft side hard case with lens covers and neck strap. By far "the best value for the money" ranging binoculars in the world.
Brilliant images with high color fidelity
High light transmission due to the multi-layer coating
Wide fields of view and a distinct close focusing distance
100% Waterproof and filled with nitrogen to prevent internal fogging
Twistable and comfortable eye cups
Rain, Refl, >150 modes
CR2-3V battery
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Fri Apr 01, 2016 7:14 am
by Heinz Petersen
Is daai "lever" langs die kant om die laser straal weer op te wen.

Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Fri Apr 01, 2016 8:50 am
by PWV
Heinz Petersen wrote:Is daai "lever" langs die kant om die laser straal weer op te wen.

Heinz, ek dink jy trek die bok nader as jy hom eers gevang het met die lazer>

Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Fri Apr 01, 2016 10:09 am
by LoopSoosStroop
Ek wens iemand wil 'n goedkoper verkyker/rangefinder combo maak. Hoe moeilik kan dit wees?
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Fri Apr 01, 2016 11:57 am
by koos 2
LoopSoosStroop wrote:ens iemand wil 'n goedkoper verkyker/rangefinder combo maak. Hoe moeilik kan dit wees?
Stem saam
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Fri Apr 01, 2016 12:44 pm
by PWV
LoopSoosStroop wrote:Ek wens iemand wil 'n goedkoper verkyker/rangefinder combo maak. Hoe moeilik kan dit wees?
Heinz kan, maar hy het te min tyd!

Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Mon Apr 04, 2016 6:43 am
by Capt. Yoda
RF-1200 1200 meter Micro Rangefinder R3 750
BRF-1800 1800 meter Bino Rangefinder R9 980
Ek sal my RF Junie he as hul beskikbaar is!
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Mon Apr 04, 2016 7:00 am
by Heinz Petersen
Kaptein, daai is n goeie prys vir die BRF en die RF. Seker nie in die klas van die Leica nie. Het jy al met die RF te doen gehad.
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Mon Apr 04, 2016 7:09 am
by Capt. Yoda
Heinz Petersen wrote:Kaptein, daai is n goeie prys vir die BRF en die RF. Seker nie in die klas van die Leica nie. Het jy al met die RF te doen gehad.
Heinz, nee al 2 sal eers in Junie beskikbaar wees.Vir R3700 moet hy net n bok op 600m kan range en ek sal gelukkug wees hoe goed hy dit gan doen kan ek nie se nie. Ek glo dam nie die RF sal in die selfde klas as die Leica wees nie maar ek het vir Dolf gese ek soek een sodra hulle in die land is dan sal ek sien wat hy doen.
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Mon Apr 04, 2016 8:10 am
by LoopSoosStroop
Goeie prys vir die BRF.
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Wed Jun 22, 2016 10:14 am
by Swede
Capt. Oblivious wrote:Heinz Petersen wrote:Kaptein, daai is n goeie prys vir die BRF en die RF. Seker nie in die klas van die Leica nie. Het jy al met die RF te doen gehad.
Heinz, nee al 2 sal eers in Junie beskikbaar wees.Vir R3700 moet hy net n bok op 600m kan range en ek sal gelukkug wees hoe goed hy dit gan doen kan ek nie se nie. Ek glo dam nie die RF sal in die selfde klas as die Leica wees nie maar ek het vir Dolf gese ek soek een sodra hulle in die land is dan sal ek sien wat hy doen.
Capt. het jy al die RF gekry?
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Wed Jun 22, 2016 10:19 am
by Capt. Yoda
Swede, nee die prys wat Dolph my oorspronklik gegee het is nou omtrent dubble en amper wat n Leica 1000 kos so was nie lus vir daai toets nie.
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Wed Jun 22, 2016 11:43 am
by Yogi
Ek het een gekry, nog nie op wild getoets nie, maar range bome en geboue maklik op 950meter.
Sal volgende naweek in die veld gaan toets.
Vir amper die helfte van 'n Leica se prys dink ek dit is goeie koop.
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Wed Jun 22, 2016 11:51 am
by Capt. Yoda
Yogi laat weet hoe hy werk op wild asb, ek sal nie omgee vir so Rudolph as hy n blesbok gemaklik op 600y kan range nie. As jy kans kry doen bq n toets met sy beam om te kyk hoe groot sy displacement is of anders gestel hoe "groot" area die beam op die tyken toe maak, maklikse manier probeer n krag draat op so 100m range en kyk hoeveel "speling" jy op die mikpunt kry todat hy nie meer die lyn kan range nie.
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Wed Jun 22, 2016 12:46 pm
by Yogi
Sal laat weet.
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Mon Jul 04, 2016 11:23 am
by Yogi
Ek het toe die naweek die rangefinder getoets. Was voor sonop in die veld en terwyl ek wag dat die son opkom het ek lekker gespeel met die rangefinder.
Ek kon beeste maklik op net oor die 900m range.Groenerige bossies was die verste een wat ek kon optel 1173meter. Dit is wow vir my. Ek kon kragdrade op 197m nog optel.
Toe die son eers helder skyn het die effektiwiteit amper halveer. Kon darem nog beeste op +-600m optel. Bossies en miershope was ook nie meer so maklik om te range nie.
Die grootte van die unit is vir my baie handig, hy pas maklik in die sak en is lekker lig.
Vir die prys dink ek dit is 'n baie goeie eenheid en sal dit vir enige iemand aanbeveel wat goeie werkverrigting soek teen 'n bekostigbare prys.
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Mon Jul 04, 2016 11:35 am
by Capt. Yoda
Dankie Yogi, klink of ek dalk maar na een moet kyk. Wonder hoe ver hy n MOA size gong sal kan op tel wat die regte kleur geverf is
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Tue Jul 05, 2016 9:00 pm
by Jaco V
Menere, dankie vir die terugvoer, ek het onlangs maar te hore gekom van die Rudolph, het nog altyd gedink ek sal maar die Leica koop. Maar vir helfte die prys maak die Rudolph sin.
EK is nou in 'n posisie waar ek die Leica kan koop OF die Rudolph en paar ander goedjies
Help my besluit asb, my primere gebruik van die RF sal wees om Wild in die jagveld te range. Ek voorsien nie om in die nabye toekoms verder as max 400m op wild aan te le nie. Is dit nodig vir die Leica? Of is daar ander gebruik wat ek dalk nie nou insien nie, ek weet Rudolph het nie die Ballistic info nie maar ek is maar nog nuut met Strelok ook, gaan ek dit regtig nodig kry in my applikasie.
Ek waardeer julle insette.
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Tue Jul 05, 2016 9:07 pm
by LDV
Jaco ek is in selfde skip as jy.
Ek het vandag besluit om maar te gan vir leica.
As jy hom nie nou gan koop nie gan jy oor n jaar of twee want dit gan nie bly by 400m nie
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Wed Jul 06, 2016 8:38 am
by Capt. Yoda
Jaco V wrote:Menere, dankie vir die terugvoer, ek het onlangs maar te hore gekom van die Rudolph, het nog altyd gedink ek sal maar die Leica koop. Maar vir helfte die prys maak die Rudolph sin.
EK is nou in 'n posisie waar ek die Leica kan koop OF die Rudolph en paar ander goedjies
Help my besluit asb, my primere gebruik van die RF sal wees om Wild in die jagveld te range. Ek voorsien nie om in die nabye toekoms verder as max 400m op wild aan te le nie. Is dit nodig vir die Leica? Of is daar ander gebruik wat ek dalk nie nou insien nie, ek weet Rudolph het nie die Ballistic info nie maar ek is maar nog nuut met Strelok ook, gaan ek dit regtig nodig kry in my applikasie.
Ek waardeer julle insette.
Jaco ek het n klompie Rudolph scopes en sal maklik nog koop, die Bipods en daai weet ek nie oor nie maar met die scopes is daar nie fout nie. Vir 400m jag sal ek nie 2 keer dink om so Rudolph te koop nie, hul na verkoops diens is ook baie goed as iets fout gaan stuur jy hom terug en jy kry ander een. Daai Ballisitc tables op die Leica is maar net snaaks as jy die unit kry na dit sal jy sien dit gaan jou nie regtig vreeslik baie help as jy fein wil skiet nie (tensy jy gelukkig is) en met jou Strelok en RF kan jy dit baie beter doen
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Wed Jul 06, 2016 9:51 am
by Jaco V
Dankie manne. Ek het besluit om hom te vat. Sal terugvoer kom gee van my ondervinding.
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Wed Jul 13, 2016 8:58 pm
by kwela
Wat was dir prys op die Rf Jaco? By wie het jy gekoop?
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Wed Jul 13, 2016 9:27 pm
by JJV
Kyk na die Nikons ook,myne werk goed en gee geen probleme nie, ek het die 550 yard ene.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Wed Jul 13, 2016 10:07 pm
by Jaco V
Hello Manne
Ek moet confess
Ek het toe nie die Rudolph RF gevat nie.
Lang storie kort, my wonderlike vrou het gereken dat ek eerder eenkeer moet koop en klaar koop as wat ek oor 2 jaar vir haar se ek het nou nog 'n RF nodig.
So wie is ek dan nou om te stry, ek is dus nou die trotse eienaar van 'n Leica 1600B.
Ek sou by Rudolph optics die laaste een van hulle ou stock geneem het teen so bietjie meer as R4k. Ek het laat weet ek neem hom nie maar dit was al laasweek Vrydag, weet nie of hulle hom nog het nie.
Re: Rudolph 1200 meter Micro Rangefinder
Posted: Thu Jul 14, 2016 8:08 am
by Armand Steenkamp
Ek het een van die ouer modelle RFs. Ek range bome op 980m en springbokke gemaklik op 400m.
Groetnis