Ek is ook besig om vir my een te bou toevallig. Ek moet nog net weer die dop voer en flam uitsorteer.
Ek het klaar 'n lekker torch gekry wat ek sommer direk van my gaskan af kan loop. Dit het 'n 10mm blaasvlam wat ek dan mooi hitte kan konsentreer op die nek.
Re: Watch
Posted: Thu Mar 31, 2016 8:30 am
by Smit@50
Ek gebruik n gewone wiper motor wat ek met n transformer aandryf en dan het ek n pot ingebou om die spoed te beheer .
Ek sien baie ouens gebruik 2 motors een vir die voer van die dop en een vir die drom.
Ek het nie kans gesien vir die twee motors en twee spoed kontroles nie.
Re: Watch
Posted: Thu Mar 31, 2016 4:11 pm
by PWV
Jannie, kom met 'n paar foto's!
Re: Watch
Posted: Thu Mar 31, 2016 8:23 pm
by JTM
Myne is ook maar gebaseer op die Gloeiman ontwerp. Ek bou maar op Trial-and-Error. Lyk my die gleuf in die pan het ek te.groot gesny, dit bly te veel doppe voer op 'n slag. Dit wil nog net een een dop gevoer word. Ek het nie so fancy soos Smitty se ontwerp gegaan nie.
14594482647551.jpg
Re: Watch
Posted: Thu Mar 31, 2016 8:30 pm
by Gawie(13mm)
Jannie, maak daai glybaan se helling verstelbaar. Jy kan dan die helling verander en hom so stel dat net een dop deurval.
Re: Watch
Posted: Thu Mar 31, 2016 8:40 pm
by JTM
Ek het met die helling gespeel, maar of hy gooi net een en niks verder of hy voer klomp op 'n slag.
Die Alu angle stukkie is ook maar half taai en voer nie die doppe glad nie. Dit en moontlik die gleuf wat te groot is reken ek kan dalk bydra tot die probleem.
Re: Watch
Posted: Thu Mar 31, 2016 8:46 pm
by Gawie(13mm)
Jou gleuf moet nie wyer as 20mm wees nie. Hoe vinnig draai jou pan? Enige iets vinniger as 1 omwenteling, elke 6 sekondes en jy gaan sukkel.
Re: Watch
Posted: Thu Mar 31, 2016 8:51 pm
by Gawie(13mm)
Jammer Smit, vir die kaping.
As jy ooit beplan om jou masjien te smous sal ek belang stel.
Paar baie goeie oplossings vir voerprobleme wat jy mee voor 'n dag gekom het. Lyk vir my soos die ATACR van uitvloei masjiene.
Re: Watch
Posted: Thu Mar 31, 2016 8:56 pm
by JTM
Myne se rpm is reg so tussen 7 en 10 as ek met krag toevoer speel. My pan se gleuf is omtrent 30mm.
Re: Watch
Posted: Thu Mar 31, 2016 9:21 pm
by Gawie(13mm)
Plak 'n strokie plaat aan die binnekant, op die "leading edge" van die gleuf vas. As jy seker is hy werk reg, kan jy hom met klinknaels vassit.
Re: Watch
Posted: Thu Mar 31, 2016 9:22 pm
by PWV
JTM wrote:Myne se rpm is reg so tussen 7 en 10 as ek met krag toevoer speel. My pan se gleuf is omtrent 30mm.
Jannie, die spoed is reg (tussen 9 en 10 sek), maar dit lyk asof die stutarm waarteen die dop val, te ver na links is. (Kan nie mooi sien nie). Hoe verder die dop val, hoe groter is die kans dat dit verkeerd gaan land.
Gooi hom in jou kar as jy Saterdag kom skiet.
Re: Watch
Posted: Fri Apr 01, 2016 5:40 am
by Smit@50
Ek het net so gesukkel om net een dop op n slag gevoer te kry.
as die hoek van jou voer plaat nie reg is nie voer hy twee op n slag en as jou spoed van drom te vining is voer hy glad nie.
Re: Watch
Posted: Fri Apr 01, 2016 8:39 am
by PWV
Smit@50 wrote:Ek het net so gesukkel om net een dop op n slag gevoer te kry.
as die hoek van jou voer plaat nie reg is nie voer hy twee op n slag en as jou spoed van drom te vining is voer hy glad nie.
Wel, Marius, met jou patent sukkel jy nie dat twee doppe op 'n slag gevoer word nie.
Wil jy nie 'n foto plaas van sy agterkant nie, asseblief.
Re: Watch
Posted: Fri Apr 01, 2016 9:42 am
by JTM
Vir die blaasvlam wat ek gebruuk, werk 'n M12 Cable clamp perfek om die nozzel te klamp. Dit hou dit stewig vas.
Re: Watch
Posted: Fri Apr 01, 2016 9:53 am
by JTM
Ek het die Trojan blowtorch kit gekoop vir R289. Dit kom met 'n 10mm, 15mm en 20mm nozzle en koppel direk op jou Cadac 3kg gaskan. Wat ek gevind het is dat die standaard jetting op die klein 10mm nozzle 'n bietjie vlou is. Ek het rondgespeel en op die ou end die 20mm nozzle se jet in die 10mm gesit en dit lewer die beste vlam.
Ok hier is 'n video van my probeerslag nadat ek Gawie hulle se raad gevolg het.
Ons toets nog, maar kom al nader.
Re: Watch
Posted: Sat Apr 02, 2016 8:02 pm
by henning
Daarsy Jannie, jy kom mooi reg.
Groete
Henning
Re: Watch "Case anealing machine" on YouTube
Posted: Sat Apr 02, 2016 8:16 pm
by Smit@50
Mooi .
Re: Watch
Posted: Sat Apr 02, 2016 8:46 pm
by Heinz Petersen
Dit is goed om manne te sien iets bou wat se hande nie rond is nie.
Goed gedoen.
Re: Watch
Posted: Sat Apr 02, 2016 9:44 pm
by PWV
Jannie, nou wat wil jy meer he? Die ding werk.
Een stukkie raad: Skuif die houer wat die uitgegloeide doppe vang effens op sodat die doppe nie te ver val nie. Soms val hulle hul bekke skeef! Al is dit nie nodig nie, het ek 'n bakkie met water onder wat die val effens stuit. As jy na ons gloeiman kyk, sal jy ook sien daar is 'n glybaan wat die dop effens stadiger laat val.
Re: Watch
Posted: Sat Apr 02, 2016 10:24 pm
by JTM
Dankie.
Oom Pieter, ja dit is nog 'n toets model en met julle raad sal ek aanpassings maak om die werking te verbeter. Daai U-bolt raak maar net lekker warm. Mens moet maar versigtig wees om dit.
Ek het eerste warm toets gedoen na ek torch gemonteer het. Die voer het nie so hot gewerk nie, maar dis oor die ramp en die doppe nat was. Gewoonlik sal dit droog wees en voorsien ek nie probleme nie.