Page 1 of 1
Firestone Destination all terrain
Posted: Tue Mar 29, 2016 9:46 am
by Burger
More almal,
Is daar enige van julle wat bogenoemde bande op hulle bakkies of 4x4 gebruik en kan julle hom aanbeveel? Ek sien die Firestones Destinations is goed geprys in vergelyking met ander all terrain bande.
Mooi dag
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Tue Mar 29, 2016 10:01 am
by Supacow
Birre
Met daai waarborg maak hy net sin.
Kyk bq hu mooi is Errol's tyres in Ooslonden se pryse
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Tue Mar 29, 2016 10:20 am
by Burger
Ek sien Errols se pryse is baie goed Henry. Is die waarborg op hul all terrain bande ook van toepassing?
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Tue Mar 29, 2016 10:27 am
by Supacow
Ek glo so
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Tue Mar 29, 2016 4:00 pm
by Apie
Ek het so 75000km op n stel 265 17s gekry, redelik baie grondpad.
Doen goed op sand, hanteer goed op nat.
Lekker band en vir die prys n beter band as Wrangler At/sa wat net in die middel afloop al roteer en pomp jy hulle hoe hard of sag
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Tue Mar 29, 2016 4:39 pm
by Pappabeer
Hoe vergelyk hy op Grondpad met n BFG? My bakkie is due vir nuwe bande. Ek het hom met Bridgestone Duelers gekry, en dink nie veel van hulle nie.
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Tue Mar 29, 2016 4:58 pm
by Burger
Apie die Goodyear Wranglers doen presies dit wat jy nou noem. Ek kry hulle ook nie gebalanseer nie, volgens die bande handelaar is die wranglers wat ek op my 4x4 het ook nie 100% rond nie. Terwyl hulle die wiele probeer balanseer het kon hulle sien dat die bande effens op en af beweeg deur die loopvlak dop te hou.
My trokkie se skokbrekers is nog splinternuut so dit kan nie die oorsaak wees nie. Goodyear Wranglers sal ek nie weer opsit nie.
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Tue Mar 29, 2016 5:03 pm
by Heinz Petersen
Ek het nou die tweede stel Firestones Destinations op my bakkie. As julle daai pad tussen Ceres en Calvinia ken, hy vreet tyers. Ek het geruil op 81000 km en baie tevrede met hulle.
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 10:45 am
by Arnold van Wyk
Jip, ek ook op my tweede stel Destinations, 87000 km op my eerste stel, grond en teer geen problem nie. ek sal by hulle bly vir nog baie lank. Wranglers is n pot snol.
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 10:53 am
by Arnold van Wyk
Pappabeer wrote:Hoe vergelyk hy op Grondpad met n BFG? My bakkie is due vir nuwe bande. Ek het hom met Bridgestone Duelers gekry, en dink nie veel van hulle nie.
Waarna kyk jy All terian of Mud terian, ek het op my Cruiser Maxxi Big Hornes gesit, ek sweer by hulle baie beter as BFG.
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 10:54 am
by joe rocket
Ek het nou 30 000 km op my Toyota die firestones en hulle loop soos stroop. Ek ry baie grond pad en nog nie n pap wiel gekry nie. Die band raas ook nie op teer nie.
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 10:59 am
by ruaanb
Kan ook kyk na die Kumho All Terrain band - ek het nou al so 25000km gedoen met die stel en is regtig tevrede. Die Duelers voor dit het ek net 50 000km uit gekry. Ek is 'n rustige ryer so het hulle nie verniel nie. Duelers en Wrangler se kwaliteit is nie na wense deesdae nie.
'n Interessante tip wat die plek waar ek die Kumho's laat op sit het vir my gegee het is as volg: Vir die eerste 2 weke ry die bande teen 2.5 bar en maak seker hulle bly daar. Dit help dat band reg inloop en vermy die "out of round" issues. Op grondpad gaan die 2.5 bar nou net nie lekker werk nie......
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 11:00 am
by Burger
Lyk my die Firestone Destinations is soos Howas ( Japanese Sako ). Uitstekende waarde vir geld.
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 11:02 am
by VdWalt
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 11:26 am
by Burger
Arnold van Wyk wrote:Pappabeer wrote:Hoe vergelyk hy op Grondpad met n BFG? My bakkie is due vir nuwe bande. Ek het hom met Bridgestone Duelers gekry, en dink nie veel van hulle nie.
Waarna kyk jy All terian of Mud terian, ek het op my Cruiser Maxxi Big Hornes gesit, ek sweer by hulle baie beter as BFG.
Arnold ek het huidiglik die Maxxis AT980 all terrain op my Triton en die bande doen baie goed. Hulle is bietjie raserig op teer maar hulle het heelwat greep op nat teer en grondpad. Hulle doen baie beter as die BF Goodridge KO wat ek so 3 jaar terug opgehad het op die Triton.
Ek hel wel verneem dat die nuwe generasie BF Goodridge wat nou onlangs uitgekom het beter is as die ou generasie BF Goodridge.
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 11:32 am
by Supacow
Birre
Geniet die visvang in Ooslonden

Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 11:52 am
by Burger
Supacow wrote:Birre
Geniet die visvang in Ooslonden

Ha ha, nee mater ek sal hulle sommer hier in Bloem laat opsit.
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 12:48 pm
by Pappabeer
Arnold van Wyk wrote:Pappabeer wrote:Hoe vergelyk hy op Grondpad met n BFG? My bakkie is due vir nuwe bande. Ek het hom met Bridgestone Duelers gekry, en dink nie veel van hulle nie.
Waarna kyk jy All terian of Mud terian, ek het op my Cruiser Maxxi Big Hornes gesit, ek sweer by hulle baie beter as BFG.
AT Arnold.
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 1:48 pm
by Apie
Pappabeer wrote:Hoe vergelyk hy op Grondpad met n BFG? My bakkie is due vir nuwe bande. Ek het hom met Bridgestone Duelers gekry, en dink nie veel van hulle nie.
Duelers AT, ou en nuwe loopvlak gee nie eintlik neer goeie kilos nie. Ek weet nie hoekom nie, maar is puik op nat teerpad.
Die BF is verseker n beter grondpadband as die Deuler.
Die Firestone Dest At kan ek jou se dat hy vir my beter is as die Deuler op grond en teer.
Beter as die BF op grond weet ek nie.
Op teer is die FS beter as die Bf
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Wed Mar 30, 2016 8:06 pm
by OU VOORSLAG
Ekt ook van hulle op my een bakkie en sodra my jag bakkie moet tyres kry dan gaan dit ook van hulle wees
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Fri Apr 01, 2016 9:40 am
by Kubus
Manne, maak net seker van die Firestone Destination 4X4 se waarborg. Het hulle op my bakkie gehad. Een band het n sny in sy wand opgetel, en kon nie heelgemaak word nie.
Gaan gee hom toe in, en dog hier kry ek n nuwe band en ek betaal net die loop wat al afgery is in.
Groot was my skok toe hulle my meedeel dat daardie waarborg nie op bakkiebande van toepassing is nie. Slegs gewone motors of SUV's.
Moes n nuwe een koop.
Sorry nie weer n Firestone op my bakkie nie.
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Fri Apr 01, 2016 7:03 pm
by Apie
Kubus wrote:Manne, maak net seker van die Firestone Destination 4X4 se waarborg. Het hulle op my bakkie gehad. Een band het n sny in sy wand opgetel, en kon nie heelgemaak word nie.
Gaan gee hom toe in, en dog hier kry ek n nuwe band en ek betaal net die loop wat al afgery is in.
Groot was my skok toe hulle my meedeel dat daardie waarborg nie op bakkiebande van toepassing is nie. Slegs gewone motors of SUV's.
Moes n nuwe een koop.
Sorry nie weer n Firestone op my bakkie nie.
Geen ander bakkie band het daai waarborg nie?
Volgens al die advertensies is die All Road Hazard waarborg op Firestone Firehawk bande.
Dis n Destination nie n Firehawk nie...
Re: Firestone Destination all terrain
Posted: Fri Apr 01, 2016 9:24 pm
by JJV
Yokohama Geolander, ek het nou so 3 stelle al opgery, draai so 60k uit, goeie waarde vir geld in my opinie, was selfs al met myne oor Van Zyls pas Namibie sonder probleme. Oorweeg hulle gerus. JJ