Page 1 of 1

Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 9:19 am
by BLOK
Ons het Vrydag aand bymekaar gekom om hierdie naweek se jag te bespreek. Soos dinge maar gaan praat ons almal toe van hoe baie jakkalse in die Potch omgewing is en dat daar onder hulle geroei moet begin word. Tot my verbasing het meeste van die boere wat daar bywas gese nee, die honne mag nie geskiet word nie hulle beheer die knaagdiere. Die manne redeneer dat al vang die jakkalsse n paar skaap en bees n jaar is die verlies daarvan veel minder as die verliese wat hulle op die lande verloor agv rotte en muise.

Hoe redeneer mens nou teen dit wnt sin maak dit tog al voel dit in die hard verkeerd.

Blok.

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 9:30 am
by Gerhard
Jakkals reun en teef met 4 tot 5 kleintjies het ongeveer 20kg se vleis per week nodig om te oorleef...

Hulle moet bitte baie rotte en muise he in Potch ....

Meer as toe ek op 4 Arty Regt gewerk het

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 9:35 am
by .::Alwyn-U::.
Gerhard

Daar sal monster muise moet wees as hulle versadig wil word op muis. Ek stem saam Blok, mens kan amper nie redeneer nie want volgens die boer maak dit baie sin.

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 11:15 am
by Ambessa
Hallo .::Alwyn-U::. / almal
.::Alwyn-U::. wrote:...sal monster muise moet wees...
...onthou mos nou die volgende frase uit 'n ou liedjie: "...and there were rats, rats as big as f#$k6^g cats in the quatermaster's store..." Kon nogal lekker op die wysie/woorde draf... :angel:

Elke ou het maar sy uitdagings (lees: probleempies) en sal/wil dit op 'n ander manier benader en oplos. Die soort knaagdiere is ook nie heeljaar beskikbaar nie en dan moet die dieet noodwendig weer op die blerrendes gerig word...

Ambessa

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 12:27 pm
by James Wilson
die manne sal moet opgelei/opgevoed word oor die regte toedrag van sake.  nie n job wat ek wil he nie.

o ja, ek wil net se ek ken daai bees boere, as daar n jakals voor hom in die grondpad hardloop daan jaag hy hom verseker met sy groot Cruiser.

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 3:39 pm
by Dawid
Sien julle nou......daar is manne wat glo aan goed soos ONSKULDIGE Jakkalse..... :laugh:

Arme jakkalsies werk dan soooo hard om die verpeste muise en rotte te vang

As daar so nou en dan n skapie of lammertjie of kalfie gevreet word, word dit seker maar toegeskryf aan kwajongstreke.  :laugh:

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 3:49 pm
by BLOK
Manne ja ek kom dit nie glo dat mens so kan voel oor n rooi hond nie. Die een ou se nogal hy sien hulle amper elke dag op die plaas. Nou kyk mens kan seker maar die ouens probeer oplei of opvoed maar ek dink nou regtig nie dat dit my tyd is wat so gemors gaan word nie. Ek sal maar op hulle buurmanne se lyndrade sit en die manne inroep.

Blok

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 3:51 pm
by Beretta
Blok
My dogter swot in Potch jy het my toestemming om al die twee been jakkalse wat daar probeer kuier te klits stuur net vir my die kaliber van jou geweer ek sal die ammo supply pos geld ingesluit. ;D O ja daar is n groot plaas vol van hulle n redelike scope sal goed werk ;D
Groete
Beretta

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 3:56 pm
by Beretta
Dawid
Ag shame die arme honde het ook vitamine nodig soos ons as ons hoender eet ;D
Beretta

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 3:58 pm
by BLOK
Beretta

Dis hoekal van daai jakkalse wat my die dinge vertel het, want hulle pas se so so hulle glo ook so >:( >:(. Dit klink vir my reg jou voorstel, Kaliber is 300H&H hy groepeer net mooi met Norma doppe, 385 kruit en Nosler interlock 150g Koele, stuur maar solank die eerste 500 patrone ek reel vir n line up die naweek. ;D ;D ;D ;D

Blok.

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 4:11 pm
by Beretta
Blok
Ag shit man ek dog ek stuur piet marais punte vir jou (pmp) vir klein en groot piet ;D

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 4:18 pm
by Stefan764
Beretta wrote: My dogter swot in Potch....
Sjoe.....Sterkte.......

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 4:22 pm
by Beretta
Stefan 764
Nee my maat nie sterkte vir my nie maar vir Blok hy het n groot taak ;D

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 4:44 pm
by BLOK
Stefan jy sit met n groot sale op jou hande het jy daai items in voorraad stuur dan Beretta n quote. ;D ;D

Blok

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 4:46 pm
by Beretta
Blok
Skerp my maat skerp ;D
Beretta

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 4:49 pm
by Beretta
Blok
O ja smaak my Stefan was mis gekiet op Potch ;D

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 4:51 pm
by Beretta
Blok
Sorry man geskiet

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 5:16 pm
by CR
Het selfde redenasie in Kalahari gehad . Ou Oom dink toe verder , sit 4voet aple in vir uile om op te sit in probleem area ......... muise  word natuurlik beheer!

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 8:00 pm
by Foxcreek
Hier by ons in die KZN middelande pas die meeste boere "no till planting" toe. So die springhaasrotte neem vreeslik oor. As jy 'n rot-ge-investeerde land vat en jy rip hom diep en daarna ploeg of disc jy hom, vernietig jy hordes van die goed, maar hulle teel weer vinnig aan.

En ja, die jakkies vreet baie rotte, maar hulle vreet ook baie duur melk koeie. Dan praat ek nie eers van al die Oribi, ander kleinwild en voels (hier is niks meer tarentale nie, niks nie se ek vir jou) wat opgevreet word deur die jakkies nie.

So, ons voorvaders het klaar die ewewig in die natuur versteur deur die jakkies se natuurlike vyande (leeus, hyenas en luiperds in die area) uit te roei. So ons moet nou maar self inspring en die ewewig probeer herstel. Volgens my kan ons dit hier in my omgewing net doen deur die rotte op te dons deur hulle met 'n "water trap" te vang of om gif in hulle gate te stop (ons kry 'n gif hier wat nie die uile vrek maak nie). Dan sit ons ook uil neste uit wat goed werk, maar die uile is hopeloos te min vir die duisende rotte.

En dan natuurlik die jakkies. Hulle maak ons vrek deur te roep en skiet, ysters en honde.

Van ons dit so hier op die plaas toepas het ons redelik min skade by die mielies met die rotte en ook redelik min skade met die jakkies by die melkkoeie.Ons is ook een van die min plase met patryse en Natal francilons wat suksesvol broei. Ongelukkig het ons nog geen tarentale nie.

Baie van die naburige boere wat nooit wou laat skiet onder jakkies ( hulle vreet mos nou die rotte) nie het vinnig van menig verander toe hulle my suksesse met die mielies(rotte), kleinwild, voels en die melkkoeie(jakkies) gesien het.

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Mon Jun 27, 2011 8:45 pm
by henslin
Foxcreek

Partykeer het die natuur net die hand van 'n gewillige helper nodig - daarna sorg hy vir homself - sterkte !!!!

Re: Skiet nie jakkals nie

Posted: Tue Jun 28, 2011 9:06 pm
by Foxcreek
Henslin

The eye (hand in die geval) of the master fatens the ox  ;D :D :)