Page 1 of 1
Seating Depth
Posted: Sun Jun 26, 2011 9:20 pm
by Arnold
Manne het julle al opgelet wat met julle groepe gebeur as julle die seating depth van die koeel verstel?
Hier verwys ek spesifiek na vertikale en horisontale verspreidings.
Re: Seating Depth
Posted: Sun Jun 26, 2011 9:38 pm
by erx
Jip, dit maak 'n m@erse verskil!
Groete
erx
Re: Seating Depth
Posted: Sun Jun 26, 2011 9:42 pm
by tripodmvr
Arnold wrote:
Manne het julle al opgelet wat met julle groepe gebeur as julle die seating depth van die koeel verstel?
Hier verwys ek spesifiek na vertikale en horisontale verspreidings.
Het jy enige tendens waargeneem of gaan dit in die algemeen net oor swak en goeie groepe.
Re: Seating Depth
Posted: Sun Jun 26, 2011 10:01 pm
by Arnold
Ek het eintlik nog te min geskiet om dit 'n tendens te noem maar dit het vir my gelyk of my groepe van horisontaal na vertikaal verander soos ek die seating depth verstel.
My verdere seating depth verstellings sal ek nou rondom die middelste groepie konsentreer.
Hierdie was geskiet vanaf 'n 5 thou jam (bo) tot 'n 20 thou jump (onder)
5 thou jam
[img width=560 height=420]
http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... 0grVLD.jpg[/img]
10 thou jump
[img width=560 height=420]
http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... 0grVLD.jpg[/img]
20 thou jump
[img width=560 height=420]
http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... 0grVLD.jpg[/img]
Ek sal nou hier by 10 to 15 thou jump speel en sien of die groep nog gaan krimp?
Re: Seating Depth
Posted: Sun Jun 26, 2011 10:07 pm
by erx
Sal kyk of ek nog die tykens het en dan fotos plaas.
Vir my het dit al gelyk dat nader aan die lands gee partykeer 'n vertikale verspreiding en verder van lands 'n horisontale verspreiding.
Moet ook byse dat dit net met Bergers was wat ek dit gevind het, ander het slegs oop of toe gemaak.
Groete
erx
Re: Seating Depth
Posted: Mon Jun 27, 2011 6:53 am
by THOMAST
'n Mens is geneig om enn dimensioneel te dink wanneer dit kom by "barrel harmonics" Die woorde "sinus kurwe", "amplitude" , "frkwensie" laat jou dink aan die beelde wat jy op 'n ossiloskoop sien.
'n Loop beweeg egter nie net op en af nie, maar sywaarts ook. Soos die seating depth gestel word gaan jy hierdie fenomeen sien op die teiken, as alle ander faktore kontant is.
Het eenkeer gehoor dat 'n man sy geweer beskryf as "'n 375 met 'n Shilen whipping barrel" on die "free floating" loop te beskryf. Miskien was hy nader aan die waarheid as wat hy besef het...
Re: Seating Depth
Posted: Mon Jun 27, 2011 9:27 am
by baboonstalker
Toe ek met die seating depth vir die 88 bergers op die 6mm bepaal het het ek die volgende gesien:
zero jump - perfekte vertikale string van +- 2"
30 thou jump - groep het toegemaak na 3 skote in +- 12mm en een flyer 'n effe hoog en links
60 thou jump - horisontale groep
90 thou jump - groep maak heeltemaal oop
Groepe was 4 skote op 300m
Re: Seating Depth
Posted: Mon Jun 27, 2011 10:10 am
by Arnold
Dankie vir daardie Pieter
Ek lees Berger beveel aan dat jy die VLD koeels in 30 tot 40 thou stappe moet jump en sodoende 'n sweetspot kry waarna jy verstellings van 2 tot 5 thou kan maak vir die finale tuning. {Hierdie is as jy sukkel met groepe en akkuraatheid van minder as 0.75 MOA kry}
Aangesien dit lyk of my geweer gaan groepeer rondom 10 thou jump sal ek daarvandaan my volgende groepe toets in 30 thou stappe.
Re: Seating Depth
Posted: Mon Jun 27, 2011 11:17 am
by baboonstalker
Arnold,
Op watter afstand het jy die groepe geskiet?
Pieter
Re: Seating Depth
Posted: Mon Jun 27, 2011 11:19 am
by Arnold
Pieter, daai was maar op 'n 100m
Re: Seating Depth
Posted: Tue Aug 13, 2024 7:27 am
by jdpretorius
Hierdie is n stok ou draad wat dalk kan doen met herlewing.
Daar is ook n paar ander wat lekker info het.
Ek loop gereeld manne raak wat nie glo, in of dat, die TPL verstelling so groot veskil kan maak in groepeering nie en blameer die geweer self as hy nie mooi wil skiet nie. Al verduidelik n ou dan mooi sien jy die skeptisisme (google se groot woord

) in hulle gesigte....so dink dalk dat "sien is glo" werd, en meskien wil ander ook hulle ervarings deel sodat ons/ek weer dalk nog iets nuut kan leer.
Die toets is gedoen om te sien wat moonlik is met n geweerkie wat n barrel tuner op het, wat reeds gestel is vir rak ammo. In die geval is hy gestel vir 165gr Federal Fosions (rak ammo) en ek laai op die herwinde doppe tans 165gr Accubonds met N550. Ek gebruik vir eers sommer net n gewone Lee Collet Die stel.
Die is op node 5.5 (half node) teen 2706fps wat toevallig +/_ die selfde spoed is as die rak ammo.
Wat interesant was is om te sien hoe die ES verander en dat spoed op n stadium nie baie verander nie. Ek't die TPL korter gestel in 0.15mm inkremente, en die kruit die selfde gehou. Die eerste drie skote was net foulers. Skote was op 100m.
20240811_191457.jpg
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Seating Depth
Posted: Tue Aug 13, 2024 9:26 am
by JF123
Ek het nie veel vertroue in 3 skoot groeperings nie. Veral nie as dit kom by spoed nie.
En ja, ek weet diepte van die koeël maak 'n verskil, maar ek dink dit het meer te doen met hoe diep dit in die dop in is en nie hoe vêr dit van die keel af is nie.
Re: Seating Depth
Posted: Tue Aug 13, 2024 10:44 am
by Wouter Roets
JF123 wrote: Tue Aug 13, 2024 9:26 am
Ek het nie veel vertroue in 3 skoot groeperings nie. Veral nie as dit kom by spoed nie.
En ja, ek weet diepte van die koeël maak 'n verskil, maar ek dink dit het meer te doen met hoe diep dit in die dop in is en nie hoe vêr dit van die keel af is nie.
JF123
Drie skote gaan verseker vir n mens n indikasie kan gee. Ek neem aan as dit 5 skote was sou jy seker n 10 skoot groepe verkies het.
Verduidelik vir my hoe die sprong na die groewe n kleiener invloed op groepering sal he as die nek greep op die koeel? Wanneer n koeel grafeer het dit by verre die grootste invloed in die opwaartse gedeelte van die drukkurwe. Hoe kan die adisionele nekgreep van 0.15mm op n koeel skag naastenby n gelykstaande uitwerking he?
Groetnis
Wouter
Re: Seating Depth
Posted: Tue Aug 13, 2024 10:48 am
by jdpretorius
JF123 wrote:
En ja, ek weet diepte van die koeël maak 'n verskil, maar ek dink dit het meer te doen met hoe diep dit in die dop in is en nie hoe vêr dit van die keel af is nie.
Seg dalk hoekom jy soo sê.
Ek gan vir die oomblik verskil van jou want het al gesien dat soos die keel weg brand, dat ek weer my TPL moet stel vir die selfde hoeveelheid "jump" om op die sweet spot te kom.
Ps. ek moes my kruit ook n klein bietjie (0.1gr) aan pas. Deur net kruit aan te pas het nie die kroepies weer tot op hul beste gekrimp nie.
Die flipped koeëls raak nou so duur dat ek nie vir n seating depth toets 5 skote elk wil skiet nie
Hier is n link na n ander ou gesprek .....waar Gian so ietsie sê van die Chris Long teorie.
https://r.tapatalk.com/shareLink/topic? ... source=app
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Seating Depth
Posted: Tue Aug 13, 2024 11:14 am
by Capt. Yoda
jdpretorius wrote: Tue Aug 13, 2024 10:48 am
JF123 wrote:
En ja, ek weet diepte van die koeël maak 'n verskil, maar ek dink dit het meer te doen met hoe diep dit in die dop in is en nie hoe vêr dit van die keel af is nie.
Seg dalk hoekom jy soo sê.
Ek gan vir die oomblik verskil van jou want het al gesien dat soos die keel weg brand, dat ek weer my TPL moet stel vir die selfde hoeveelheid "jump" om op die sweet spot te kom.
Ps. ek moes my kruit ook n klein bietjie (0.1gr) aan pas. Deur net kruit aan te pas het nie die kroepies weer tot op hul beste gekrimp nie.
Die flipped koeëls raak nou so duur dat ek nie vir n seating depth toets 5 skote elk wil skiet nie
Hier is n link na n ander ou gesprek .....waar Gian so ietsie sê van die Chris Long teorie.
https://r.tapatalk.com/shareLink/topic? ... source=app
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Jis 9 jaar terug al
Re: Seating Depth
Posted: Tue Aug 13, 2024 11:18 am
by Arnold
Arnold wrote: Sun Jun 26, 2011 9:20 pm
Manne het julle al opgelet wat met julle groepe gebeur as julle die seating depth van die koeel verstel?
Hier verwys ek spesifiek na vertikale en horisontale verspreidings.
... en so het almal iewers begin

Re: Seating Depth
Posted: Tue Aug 13, 2024 11:48 am
by Kallie Fernhout
https://precisionrifleblog.com/2020/04/ ... ment-tips/
Vir die wat nog nie hierdie navorsing raak gelees het nie. Dit is al n paar jaar terug gedoen maar nogsteeds van toepassing.
Re: Seating Depth
Posted: Wed Aug 14, 2024 1:45 pm
by Lategan1
@Kallie, goeie stuk. Lank en dalk uitgerek, maar waardevol. My ervaring en info met my .223 projek elders geplaas, strook grotendeels hiermee.
Dit was in 2020 publiseer, nie te lank terug nie.
Beste.