Page 1 of 1

Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Sun Mar 27, 2016 6:21 pm
by Heinds
Dagse manne,

Ek is 'n Nightforce man maar met die R/$ verswakking en die pryse wat die laaste 6 maande met amper 40% gestyg het raak dit onbekostigbaar om 'n NF, S&B, Swarovski etc op jou roer te sit.

In my soeke na meer bekostigbare glase het ek basies begin kyk na die Sightron S3 en Vortex Viper PST.

Ek is seker daarvan elke ou het sy eie opinie en dat dit amper gaan wees soos om te praat oor wie se rugby span die beste is maar ek sal graag julle opinies wil hoor.

Die teleskoop moet gebruik kan word vir veldskiet en papierskiet tot 1000 meter.

Hier is 'n interesante "review" van die twee teleskope

http://www.shootingreviews.com/affordab ... tron-siii/

Groete

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Sun Mar 27, 2016 6:45 pm
by jloots
Jy kan gerus die Hawke ook n kans gee. Ek het in die maand n klient begely wat een op sy 30-06 het, en ek kon hom help om MOA groeperings op 600yrd te skiet met Barnes koels. Ek was baie beindruk met daai scope

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Sun Mar 27, 2016 7:17 pm
by Heinds
jloots wrote:Jy kan gerus die Hawke ook n kans gee. Ek het in die maand n klient begely wat een op sy 30-06 het, en ek kon hom help om MOA groeperings op 600yrd te skiet met Barnes koels. Ek was baie beindruk met daai scope
Is hy FFP of SFP?

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Sun Mar 27, 2016 7:18 pm
by Jessie
Heinds

Ek is ook 'n nightforce man en het 'n paar van hulle maar stem met ons rand is hulle pryse net te hoog. Ek het leupold se VX6 gekoop en Sightron Siii en ek moet vir jou sê ek is baie gelukkig met die Sightron SIII, meer as met die leupold VX6. Ek sou nie sê die Sightron is 100% wat die Nightforce NXS is maar baie naby. Wat ek wel ook baie van die Sightron hou is dat die verstellings op die een wat ek het spot on is. Ek weet mense se oë verskil maar is baie tevrede met die Sightron se beeldhelderheid. Ek sal enige dag weer vir my Sightron SIII koop. Maar ek moet ook sê dat as die Nightforce en die Sightron dieselfde gekos het sou ek die Nightforce geneem het

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Sun Mar 27, 2016 7:37 pm
by jloots
Heinds wrote:
jloots wrote:Jy kan gerus die Hawke ook n kans gee. Ek het in die maand n klient begely wat een op sy 30-06 het, en ek kon hom help om MOA groeperings op 600yrd te skiet met Barnes koels. Ek was baie beindruk met daai scope
Is hy FFP of SFP?
SFP

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Sun Mar 27, 2016 8:53 pm
by JTM
Ek het beide Sightron en Vortex scopes gebruik en sal enige een van die twee vat. Die Sightron in 6-24x het net meer interne verstelling teenoor die Vortex wat dit vir my die eerste keuse sal maak.

Altwee se turrets stel vir my lekker positief en track uitstekend. Met beide scopes het ek konstant gestel vir afstande en as jy terug draai na zero is hy op sy plek waar dit moet wees. Die Vortex het 'n tipe zero stop wat ook weer sy voordeel het.

Ek kan nie praat van Sightron se plaaslike ondersteuning nie, maar Vortex is beslis van die beste.

Dis 'n moelike keuse en in my opinie kan jy enige een koop.

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Sun Mar 27, 2016 9:07 pm
by Heinds
JTM wrote:Ek het beide Sightron en Vortex scopes gebruik en sal enige een van die twee vat. Die Sightron in 6-24x het net meer interne verstelling teenoor die Vortex wat dit vir my die eerste keuse sal maak.

Altwee se turrets stel vir my lekker positief en track uitstekend. Met beide scopes het ek konstant gestel vir afstande en as jy terug draai na zero is hy op sy plek waar dit moet wees. Die Vortex het 'n tipe zero stop wat ook weer sy voordeel het.

Ek kan nie praat van Sightron se plaaslike ondersteuning nie, maar Vortex is beslis van die beste.

Dis 'n moelike keuse en in my opinie kan jy enige een koop.
Dankie JTM,

Die sightron is SFP korrek?

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Sun Mar 27, 2016 9:18 pm
by Capt. Yoda
Jy kry die 6-24 in FFP en SFP maar die res is almal SFP

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Mon Mar 28, 2016 8:26 pm
by Arnold
My opinie is dat Vortex se glas deesdae swakker is as wat dit was.

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Mon Mar 28, 2016 8:29 pm
by Heinds
Arnold wrote:My opinie is dat Vortex se glas deesdae swakker is as wat dit was.
Het ook noggal so agtergekom Arnold.

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Mon Mar 28, 2016 9:18 pm
by Frikkie Coetzee
Ek stem saam. My ou PA was brilant en het my n Vortex aanhanger gemaak. My HST 4-16x wat ek van die VSA gekry het heel in begin is goed maar my laaste 6-24x HST is nie great nie. Hy is definitief n stappie agter bv Ludwig en Eugense se S3.

As ek nou moet koop leun ek na Sightron.

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Tue Mar 29, 2016 7:42 am
by 30-06
More manne.

Ek wil sommer net hoor of daar 'n rede is hoekom baie min mense praat van die Burris Veracity.

Hy kom in 'n 5-25 *50 met FFP.

Ek sal graag wil weet waar pas hy in die prentjie.
Hoor graag wat julle se.

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Tue Mar 29, 2016 7:56 am
by Ben
Sal ook graag wil weet waar pas die Burris....

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Tue Mar 29, 2016 8:20 am
by Capt. Yoda
Ek is ook lus vir n Sightron maar die een!

http://info.sightron.com/product_images/SVSS1050x60MH.jpg

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Tue Mar 29, 2016 8:57 am
by Heinds
30-06 wrote:More manne.

Ek wil sommer net hoor of daar 'n rede is hoekom baie min mense praat van die Burris Veracity.

Hy kom in 'n 5-25 *50 met FFP.

Ek sal graag wil weet waar pas hy in die prentjie.
Hoor graag wat julle se.
My opinie oor die Veracity is dat dit 'n goeie teleskoop vir jag is. Hou net in gedagte dat die Burris Veracity en XTR 2 in die Philippines gemaak word waar die sightron en van die ander top teleskope in Japan gemaak word. (As dit 'n probleem vir jou is)

Glas helderheid is goed en hy kom ook met 'n zero stop funksie.
Turrets is positief maar kan "mushy" voel. (Amper asof daar te veel gries op is)
Reticle is vir my bietjie dik op groot vergroting maar nie te erg nie.
Tracking is spot on.

Overall is dit 'n goeie teleskoop vir wat jy betaal.


Persoonlik sal ek eerder die Burris XTR 2 met die Sightron vergelyk.

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Tue Mar 29, 2016 9:13 am
by Arnold
Toe ek deur die XTRII en 'n PST gekyk het was hulle glas baie dieselfde. Die NXS waardeur ek ook deur gekyk het se glas was aansienlik beter ek het ongelukkig nie n SIII daar gehad om te vergelyk nie.

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Tue Mar 29, 2016 9:21 am
by Ben
Capt. Oblivious wrote:Ek is ook lus vir n Sightron maar die een!

http://info.sightron.com/product_images/SVSS1050x60MH.jpg
10-50x60

Daai is n bul!

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Tue Mar 29, 2016 9:23 am
by Heinds
Arnold wrote:Toe ek deur die XTRII en 'n PST gekyk het was hulle glas baie dieselfde. Die NXS waardeur ek ook deur gekyk het se glas was aansienlik beter ek het ongelukkig nie n SIII daar gehad om te vergelyk nie.
Stem saam met Arnold. Sou baie graag die S3, XTR2 en PST wou vergelyk.

Volgens wat 'n ou lees sal die XTRII en die S3 baie goed vergelyk. Baie manne se weer hulle kan nie die verskil sien in glas tussen S3 en NXS nie maar dit is ook geen geheim dat die NXS se glas nie die beste is nie maar sal nog graag self wil kyk en vergelyk.

Al nadeel vir my is die feit dat die reticle op die S3 omtrent nie gesien kan word op x6 vergroting nie.

Arnold ek weet nie wat jou opinie is oor hoe die XTRII nie? Glo nie dit het selfde probleem op laagste vergroting nie? Vir my was hy bietjie dik op groot vergroting maar nie te erg nie..

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Tue Mar 29, 2016 9:23 am
by Capt. Yoda
Ben wrote:
Capt. Oblivious wrote:Ek is ook lus vir n Sightron maar die een!


10-50x60

Daai is n bul!

Jaja jy kan hier so bq oor hom lees
http://mysticprecision.com/2015/05/comp ... -tactical/

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Tue Mar 29, 2016 9:25 am
by douw
Ek kan getuig die SV Sightron is 'n masjien van 'n "scope"

Hy is baie "solid", puik verstellings, duidelike glas. Geniet myne baie!

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Tue Mar 29, 2016 9:35 am
by Arnold
Die XTRII is n baie nice scope en ek hou van Burris. Die rede hoekom ek nie een gekoop het nie is oor ek n SIII het wat ek dink beter glas het maar soos ek sê kon ek hulle nognie vergelyk nie.

Die ander ding wat my tweekeer laat dink het is die 34mm tube en spesifiek die koste van goeie ringe. Ek het reeds 30mm ringe en koop toe n NXS op S&O se special.

Die XTRII se reticle is nie vir my die beste nie en ek dink daar is min FFP reticles wat met die nodige sorg ontwerp is. As ek reg onthou wat ek wel eerder die XTRII se reticle bo die SIII se reticle in FFP (Ek het die SIII in SFP).

Die XTRII is nog te nuut hier by ons en soos wat Vortex great was begin mens nou meer hoor van ongelukkigheid oor Vortex se kwaliteit. Hopelik doen die XTRII goed want om opsies te hê is nooit sleg nie.

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Wed Mar 30, 2016 6:24 pm
by Sangoma (IAN)
Heinds wrote:

Al nadeel vir my is die feit dat die reticle op die S3 omtrent nie gesien kan word op x6 vergroting nie
Hy is baie fyn op 6x vir nag skiet. Ek sal dit persoonlik nie aanbeveel nie. Vir dag skiet is hy heel ok

Dit is nou die FFP scope

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Wed Mar 30, 2016 7:24 pm
by Heinds
Sangoma (IAN) wrote:
Heinds wrote:

Al nadeel vir my is die feit dat die reticle op die S3 omtrent nie gesien kan word op x6 vergroting nie
Hy is baie fyn op 6x vir nag skiet. Ek sal dit persoonlik nie aanbeveel nie. Vir dag skiet is hy heel ok

Dit is nou die FFP scope
Hi Ian,

Ek het maar gegaan op wat die manne op die forums se en gekyk na die video hier onder.

https://www.youtube.com/watch?v=9Gl3d0pxkvI

Moet se ek sal graag self deur die teleskoop wil kyk want 'n ou kan nie net gaan op wat ander mense se nie. ;)

Re: Vortex Viper PST vs Sightron S3 en ander teleskope

Posted: Wed Mar 30, 2016 8:55 pm
by Sangoma (IAN)
Ek stem saam. Kom kuier vir my dan maak ons plan.