Page 1 of 1

Tripod

Posted: Sun Jun 26, 2011 9:07 pm
by erx
Hi daar manne

Ek het gister vir my 'n Chrony gaan koop en tersefde tyd gaan kyk vir 'n tripod om die chrony op staan te maak.
Kom op die outjie af by Kloppers in bloem. Regtig stewig en verstelbaar in alle rigtings vir R200.
Kan nogsteeds nie die prys glo, maar is regtig stewig genoeg vir die aplikasie en netjies afgewerk ook.

[img width=560 height=420]http://i1183.photobucket.com/albums/x48 ... G_1910.jpg[/img]

Groete
erx

Re: Tripod

Posted: Sun Jun 26, 2011 9:10 pm
by Monrique (SJ)
Netjies my maat

Nou wonder ek weer oor daai tripod!! :-\ :-\ :-\

Groetnis

Re: Tripod

Posted: Sun Jun 26, 2011 9:12 pm
by tripodmvr
Dit is netjies en ek sien dat hy selfs 'n hak het waaraan 'n gewig gehang kan word om hom stewig te laat staan.

Re: Tripod

Posted: Sun Jun 26, 2011 9:24 pm
by Monrique (SJ)
erx

Skroef hy in die Chrony in?

Groetnis

Re: Tripod

Posted: Sun Jun 26, 2011 9:24 pm
by erx
Hy het dra handvatsel en kom in sak met strap vir dra.
Sy bene is in die foto een keer uitgetrek en kan nog een keer uittrek. Daar is 'n slinger wat die middelste gedeelte nog kan extend en die kop het 90 grade swivel vir die basis asook links en regs, op en af.
Als soos die duur modelle en regtig bo verwagting vir die prys.
Sal seker nou nie so lank hou vir 'n fotograaf wat hom gedurig rondskuif en stel nie, maar vir aplikasie soos die chrony, dink ek hy sal sy werk doen.

Groete
erx

Re: Tripod

Posted: Sun Jun 26, 2011 9:30 pm
by erx
SJ

Hy het "base plate" met skroefie op wat met 'n knip los maak.
Die chrony het klaar 'n gat met die standaard thread soos alle kameras op, so jy sit net die base plate op jou chrony en knip dan die hele storie terug op die tripod.

Groete
erx

Re: Tripod

Posted: Sun Jun 26, 2011 9:33 pm
by tripodmvr
Gebruik al jare so kameradriepoot vir my chrony. Kan presies verstel sodat jy die chrony nie vermoor nie. As die wind kwaai waai kan jy selfs sy pote vasmaak aan ysterpenne wat jy inkap. Keer so vir skade aan duur toesrusting.

Re: Tripod

Posted: Sun Jun 26, 2011 11:03 pm
by Pottie
Jy kan dieselfde tripod by Game of Makro ook koop teen ongeveer dieselfde prys, dit word gewoonlik vir kameras gebruik. Buig sommer vir jou n stukkie plat yster in n V vorm waarin jou geweer lekker dooierus kan le, boor n gaatjie onder in en sny skroefdraad daarin om by die skroefie op die tripod te pas. Skroef dit op die tripod vas en jyt n goedkoop maar baie handige amperse Harris bipod. Myne is al 6 jaar oud en ek beskou dit as uitstekende beleging. Baie lekker klein en kompak, veral by voorsit en aanjaag jagte.
 

Re: Tripod

Posted: Mon Jun 27, 2011 11:01 am
by James Wilson
daars n fout. het daai selfde tripod 14 dae terug gekoop vir R700

Re: Tripod

Posted: Mon Jun 27, 2011 11:58 am
by PITSMIT
erx

myne het weet ander job.  dalk kan jy joune meer doelig maak

[img width=560 height=420]http://i1223.photobucket.com/albums/dd5 ... 6-1957.jpg[/img]

daai V bo-op kan swivel dis n bout deur n bearing wat in daai pypie ingepress is

werk soos n bom vir dooie rus in die veld veral as jy voorsit

Re: Tripod

Posted: Mon Jun 27, 2011 12:06 pm
by erx
Jagbehep, lyk my ek het gescore! Enige iemand vir sulke tripods, R400 , ;D ;D ;D

Pitsmit, dankie vir die foto, het reeds gedink ek wil iets soos daai prakseer, dan kan 'n man net een afhaal en ander opknip soos jy dit nodig het.

Groete
erx

Re: Tripod

Posted: Mon Jun 27, 2011 12:40 pm
by SmitH
Hi

PITSMIT my kontrepsie lyk en werk net soos joune het myne sommer by n tweedehandse winkel Big Bucks in Port Elizabeth gekoop het vir 3 R280.00 betaal

SmitH