Page 1 of 1
SCOPE TOETS: kom ons vergelyk
Posted: Wed Mar 23, 2016 12:34 pm
by Bees
Ek dink ons almal kan baie baat by 'n vergelyking van verskillende teleskope op hierdie forum. Ek het hierdie gesien wat baie van my vrae antwoord maar ek dink feedback van almal af kan die moeite werd wees. As julle volgende keer op die skietbaan is.
- Stel bietjie jou scope na 6x en 12x en 24x (as jy het) en neem fotos en gooi dit hier asb
- Veral op verdere targets sal dit interessant wees
- Grade C' op die dag en mirage ens sal ok interessant wees om te sien
- Ek neem gewoonlik met met Sony selfoon (23mp) die fotos
Ek sal so maak oor die naweek en fotos van my Rudolph en twee Vortexe bring.
Het iemand al sulke fotos?
Nag nella
Re: SCOPE TOETS: kom ons vergelyk
Posted: Wed Mar 23, 2016 1:36 pm
by Jaco v Zyl
Ek het dit al gedoen, maar my opinie is dat dit nie rerig vergelykbaar is nie, dit hang te veel van die kwaliteit van foto af, jy gan 2 fotos van dieselfde scope neem en hul gan maklik baie verskil.
Om 2 teleskope met mekaar te vergelyk is nie n eenvoudige proses nie, en dit gaan ook nie op een skietsessie in my opinie gebeur nie,wat nog van n foto .
Ek is net bang daar word verkeerde gevolgtrekkings gemaak.
Re: SCOPE TOETS: kom ons vergelyk
Posted: Wed Mar 23, 2016 1:57 pm
by Koos Barnard
HIerdie tipe vergelykings met foto's werk glad nie, dis al gedoen. Daar is net te veel veranderlikes wat 'n invloed het. Om teleskope te vergelyk moet jy 'n paneel hê wat almal gelyk onder dieselfde omstandighede na die verskillende scopes kyk. En selfs dan sal jy verskille kry soos reeds bewys is in geweerwinkels waar ons mense se menings getoets het met verskillende scopes.
Mooi loop
Re: SCOPE TOETS: kom ons vergelyk
Posted: Wed Mar 23, 2016 6:55 pm
by johans
ons het nou een aand scopes getoets na jakkals teikens op verskillende afstande en ook sommer elke man uit sy eie skietstoel na die teikens geskiet.was baie interessant
Re: SCOPE TOETS: kom ons vergelyk
Posted: Wed Mar 23, 2016 7:01 pm
by Hein M.
Koos Barnard wrote:HIerdie tipe vergelykings met foto's werk glad nie, dis al gedoen. Daar is net te veel veranderlikes wat 'n invloed het. Om teleskope te vergelyk moet jy 'n paneel hê wat almal gelyk onder dieselfde omstandighede na die verskillende scopes kyk. En selfs dan sal jy verskille kry soos reeds bewys is in geweerwinkels waar ons mense se menings getoets het met verskillende scopes.
Mooi loop
Hierdie paneel se oë moet seker ook "dieselfde" kan kyk / sien? Of is 20/20 goed genoeg?

Re: SCOPE TOETS: kom ons vergelyk
Posted: Wed Mar 23, 2016 8:13 pm
by Heinds
Nice draad maar ek dink dit gaan dalk 'n paar manne deurmekaar maak. Kyk bv na zeiss se glas in vergelyking met nightforce. My opinie is dat zeiss se glas beter is maar sy tracking is glad nie so goed nie. Nightforce se tracking is uitstekend. Soveel vektore wat in gedagte gehou moet word.

Re: SCOPE TOETS: kom ons vergelyk
Posted: Thu Mar 24, 2016 9:27 am
by Bees
Goeie feedback manne. Kyk bietjie hierdie video:
https://www.youtube.com/watch?v=CX3hLSI59ko
Hierdie ouens doen nogals intense reviews...
Waar is die draad waar die fotos al gedoen is, sal graag bietjie wil kyk?
Re: SCOPE TOETS: kom ons vergelyk
Posted: Thu Mar 24, 2016 3:18 pm
by Steppenwolf
Heinds wrote:Nice draad maar ek dink dit gaan dalk 'n paar manne deurmekaar maak. Kyk bv na zeiss se glas in vergelyking met nightforce. My opinie is dat zeiss se glas beter is maar sy tracking is glad nie so goed nie. Nightforce se tracking is uitstekend. Soveel vektore wat in gedagte gehou moet word.

Stem saam, Zeiss in my 'oge opinie' sit NF ore aan met glase maar nie met tracking nie. Burris se glass van XTR en Veracity "beat" Zeiss "medium" en NF "medium" en doen uitstekend in die "tracking" afdeling maar eks seker Zeiss en of NF klop Burris met iets anders iewers wat onbenullig mag wees

O! ja met prys!!
