Page 1 of 1

Jag in 60 kmh wind

Posted: Sat Jun 25, 2011 8:15 pm
by ablm468
Manne die weer het ons darem mooi ingeloop die naweek. Ek jag hier by Vrede, hier waai 'n berg windjie van so 50- 60 kmh. Ek het alreeds swb gekwes, die skote is ver en die bliksems staan nie stil nie. Enigiemand raad? Voel vir my dis beter om binne om die vuur te sit as om te probeer hond haar af te maak in die wind.

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Sat Jun 25, 2011 9:06 pm
by raychell
Ek ry vanmiddag van Steytlerville af huis toe in net so wind maar yskoud en ja, twee jagbakkies in die veld gesien ek dag dit is net uitlanders wat so laf is  ;D
Raynie

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Sat Jun 25, 2011 9:30 pm
by Danie Lombard .243
Vlakte wild jag in sterk wind is amper onmoontlik, goeie skoot plasing is baie moeilik.

Daar is nie raad of kits oplossing vir jag in die sterk wind nie. Beste raad is moenie jag as die wing sterk waai nie, veral vlakte wild waar ver skote die orde is.

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Sun Jun 26, 2011 5:08 am
by Dawid
Hansman....Waar jag jy?  Daar by CP?.....Maak soos die manne wat in die Vrystaat vlaktes jag..bou n skerm van bale en wag dat die mense die diere met die bakkies aanja.

Die vlaktes is oop en as die goed die bakkies sien begin begin hulle op 120km/h eers te wei. :laugh: :laugh:

Sterkte ou maat, Vrede se vlaktes is nie vir sissies nie, het daar grootgeword, ek ken.

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Sun Jun 26, 2011 8:40 am
by DawieKotze
Ja nee - so 'n wind kan 'n lank vooruitbeplande jagnaweek met vriende baie onsmaaklik maak en mens gaan sommer maklik le? hande en dikbek huistoe.

Soos Dawid s? - voorsit in sulke omstandighede is die beste om darem jouself 'n kans te gee en iets te skiet. Dit hang net af hoeveel jagters daar is en of die plaas se topografie en kampe reg is daarvoor. My ondervinding is dat bokke normaalweg windop beweeg in sulke winde (let op ek s? "normaalweg"  :-\  ) - so die voorsitplekke moet bo die wind wees en jy moet dan nie gestort en lekkergoed aansit of rook nie - hulle gaan jou ruik! Die Amerikaners gebruik sulke goed wat hulle aanspuit wat reuke wegvat, maar ek weet nie of dit werk nie?

Voorspoed!!

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Sun Jun 26, 2011 9:58 am
by driesdup
Het in Vredefort gaan jag met sterk winde en 8 blesbokke geskiet. het gelyk of ons n heele paar gekwes het maar het agter gekom dat dit die wind was wat hulle van belaans af gewaai het. Die afstande was alles tussen 220m - 350m, die bokke wou gladnie stil staan nie en hulle het heeltyd gemaal. Het met n 223 en 308 geskiet, die 308 het meer sukses behaal maar was wel nog baie beinvloed deur die wind.

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Sun Jun 26, 2011 7:40 pm
by bobby
in a 60 km per hour wind i will not be taking shots at game at 200 or 300 meters . taking a 223 out in that wind is just looking for .  rather go home empty handed than wound game , if you not sure of a killing shot don't shoot .

bobby 

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Sun Jun 26, 2011 8:17 pm
by theedge
Dink die wind en weer het n paar jagte die naweek gepootjie.  Het maar gelos en tyd by vrou en kinders deur gebring

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Sun Jun 26, 2011 10:49 pm
by shabba
ja Dawid ek hoor hulle s? in die vrystaat kry jy springbokke met lang bekke??hulle drink somer water in die hardloop slag

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Wed Jun 29, 2011 6:14 pm
by ablm468
Manne ja ek het reggekom dis is 'n groot plaas en die vorige twee dae was daar 'n groot groep jagters 40= op die plaas wat die goed wild geskiet het, het huis teo gekom met 5 x blesse en 1 bwb maar het ook betaal vir 'n gekwesde swb. Die wind het aan die begin erg rond geneuk. Het eers met die 375 probeer met 250gr sierra gamekings maar die afstande is te ver, het toe maar die 30 0kwes bygetrek en die bokkies die een na die ander laat val. Naaste skoot was so 250m die ander almal 300 m plus. Moet se met die tweede sessie het die wind bietjie kalmeer so 20 kmh. Dit het gehelp.

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Thu Jun 30, 2011 1:44 pm
by BLOK
Sorg dat jy net direk windop skiet of windaf maar dit neuk want hulle ruik jou, dan skakel jy heelwat effek op die koel uit.

Blok

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Thu Jun 30, 2011 1:49 pm
by Raven
BLOK wrote: windaf skiet
Blok
Met 60km/uur wind agter 'n 308, sal hy seker lekker plat skiet of hoe ;D  ;D

Raves

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Thu Jun 30, 2011 1:50 pm
by Geno
Raves,
Dis 'n feit my maat!

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Thu Jun 30, 2011 3:52 pm
by Skolla
Raven wrote: Met 60km/uur wind agter 'n 308, sal hy seker lekker plat skiet of hoe
Al probleem is dan vlieg die goggas in die agterkant van die koeel vas.

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Thu Jun 30, 2011 3:58 pm
by Raven
Skolla,

Skerp.... ;D  ;D  ;D  ;D

Raven

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Thu Jun 30, 2011 4:08 pm
by BLOK
Skolla

Dit sal ek nou nie weet nie, my dalk n 308 leen dat ek dit kan bevestig. ;)

Blok

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Thu Jun 30, 2011 4:58 pm
by Skolla
BLOK wrote: Dit sal ek nou nie weet nie, my dalk n 308 leen dat ek dit kan bevestig. ;)
Blok

Jy kan sommer myne leen.
Sommer n goedige spottery.Daar moet altyd n spottery wees met n .308 en Land Rover. O ja, en laasgenoemde het ek ook.
Louis s?, n jakkals jagter moet n raakskiet geweer en n betroubare 4x4 h?, nou begin ek wonder of ek in die regte bedryf is?????

Skolla

Re: Jag in 60 kmh wind

Posted: Fri Jul 01, 2011 9:06 am
by Christo Els
Skolla wrote:
Raven wrote: Met 60km/uur wind agter 'n 308, sal hy seker lekker plat skiet of hoe
Al probleem is dan vlieg die goggas in die agterkant van die koeel vas.
Skolla jy praat seker nou van 'n 2.5 Isuzu. Ek het so een en vra gereeld hulle moet die agter ruit skoon maak die voorste een is nog skoon