Page 1 of 1

Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 7:02 am
by Sangoma (IAN)
Ek vind dat my Nikko Stirling 4x40 (Made in China) baie helderder is as my March 5-50. Veral vir fyner skiet werk op 400m.

Ek kan duidelik elke merkie op die papier sien met my NS.

Ek dink rerig die glas en bou kwaliteit is heelwat beter op die NS.

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 7:06 am
by Capt. Yoda
Nee dit is so en die Nikon behoort ook mooi met daai 308 se trajek te werk. As jy later bq wil upgrade na n Nikon met meer vergroting skree maar dan koop ek jou n lekker bul van n 3-9 Nikon en ruil jou vir daai Merzh

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 7:09 am
by Gian_dP
Dink mods moet n nuwe kategorie skep:

"Dinge wat ek post nadat ek my sokkies gerook het"
[WINKING FACE]

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 7:18 am
by James Wilson
Nou voel dit of ek n hangover het, en ek het nie eers iets gedrink nie

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 7:24 am
by Geno
Jou post is 2 weke vroeg Ian...

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 7:26 am
by Sangoma (IAN)
Captain, ek gebruik nie die reticle se strepies nie. As ek jag dan skat ek hom sommer so effe bo die rug en so entjie agter op die gat as die wind waai op langer afstande.

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 7:27 am
by Jakkalsgat
Daai helderheid gaan jou niks help nie, tensy jy hom wil gebruik as 'n verkyker. Nikko Sterling is net goed vir een ding en dit is om springhase mee dood te slaan.

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 7:28 am
by Jakkalsgat
Sangoma (IAN) wrote:Captain, ek gebruik nie die reticle se strepies nie. As ek jag dan skat ek hom sommer so effe bo die rug en so entjie agter op die gat as die wind waai op langer afstande.
Verseker 2 weke vroeg!

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 7:31 am
by Sangoma (IAN)
Jakkies, ekt nou myself mo€r toe gelag vir jou comment oor die springhaas vs Nikko..... whahaha

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 7:53 am
by Apie
Ja nee!

Het nou die dag saam die manne geskiet, ek kerm oor hoe erg die mirage is en almal kyk my snaaks aan.

Dit was my skietbril wat toe opgewasem het!

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 8:56 am
by ruaanb
Apie wrote:Ja nee!

Het nou die dag saam die manne geskiet, ek kerm oor hoe erg die mirage is en almal kyk my snaaks aan.

Dit was my skietbril wat toe opgewasem het!
Pens te groot? >:+












Ek is laaste een om te praat :angel:

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Fri Mar 18, 2016 8:58 am
by Apie
ruaanb wrote:
Apie wrote:Ja nee!

Het nou die dag saam die manne geskiet, ek kerm oor hoe erg die mirage is en almal kyk my snaaks aan.

Dit was my skietbril wat toe opgewasem het!
Pens te groot? >:+












Ek is laaste een om te praat :angel:

Whaaahhaaa haaa.

Nee jong, het dalk aan 'n mooi meisie gedink......

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Sun Mar 20, 2016 5:48 pm
by tripodmvr
Gehou in die trant van die vergelyking. Gisteraand toe march die jakkals voor my 223 in en ek het hom toe met die Nikko Sterling doodgemmmmmmmmik.

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Mon Mar 21, 2016 4:33 pm
by Reloader270
tripodmvr wrote:Gehou in die trant van die vergelyking. Gisteraand toe march die jakkals voor my 223 in en ek het hom toe met die Nikko Sterling doodgemmmmmmmmik.
Ek is maar net verstom hoe ons altyd in die duur teleskope glo en dan skiet die ouens met hul goedkoper Nikko Sterling ook hul bokke raak!! Ek was al in die jagveld waar 'n ou met duur Leopold Teleskope 'n bok in die pens geskiet het en 'n ander ou met die Nikko Sterling 'n mooi kopskoot geskiet het.

Re: Nikko Stirling VS March helderheid

Posted: Mon Mar 21, 2016 4:39 pm
by Andre308
Ek het nou gedink ek moet ook maar op hierdie wa klim.

Ek het n 7x45 Nikko Stirling platinum wat daar in die kas le. Aangesien julle die 11.1.11 so goed praat. Ek soek R5000 vir hom...

So "put your money where your mouth is"

[FACE WITH TEARS OF JOY][FACE WITH TEARS OF JOY][FACE WITH TEARS OF JOY]