Page 1 of 3

Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Thu Jun 23, 2011 7:20 pm
by Hugo
Manne,

Wie stel belang, ekt 10 blesbokke om af te skiet in Noordwes, tussen Rustenburg en Swartruggens, die grond is 200ha, dis doenbaar in 1 dag, geen dag fooi nie, R10k vir die wild. Koel en slag geriewe. Wild is mak, dis 'n boog plaas. Al vereiste is dit moet met KD gedoen word. As jul belangstel lat weet my. Slegs een jagter in die veld op n slag vir veiligheid, lat weet mar. Dis bosveld bokke, die ooie tref maklik 33kge en op, en die ramme 40kg en op.

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Fri Jun 24, 2011 8:09 pm
by Hugo
Niemand? Te duuur?

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Fri Jun 24, 2011 11:14 pm
by bobby
Nee net te ver van die kaap af . ;D

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sat Jun 25, 2011 12:18 am
by Geno
Hugo, ek sal moontlik die bokke kom skiet, gee my kans tot maandag om jou te laat weet.

Groete,
Eugene

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sat Jun 25, 2011 9:55 am
by Hugo
Ok dis reg, lat weet mar, 079 491 1863

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sat Jun 25, 2011 10:54 am
by Sarelss
Bietjie styf net in vleiswaarde gemeet. Groetnis en sterkte

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sat Jun 25, 2011 1:07 pm
by Hugo
Weet jy wat kos n Blesbok in die bosveld?

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sat Jun 25, 2011 1:22 pm
by Sako75
Hugo,

Ek dink daardie bokke is baie meer werd as hulle lewendig verkoop sou word in die bosveld eerder was wat hulle vir vleis gejag word.  As ek uit Pretoria 150km moet ry om blesbokke te skiet ry ek Middelburg toe en skiet vir R600/bok.

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sat Jun 25, 2011 1:39 pm
by Hugo
Ekt 65-70 bokke, wil hul net minder maak, as jy blesbokke lat vang gan jy max R450 per dier kry

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sat Jun 25, 2011 11:18 pm
by Sako75
Die bosveld blesbokke is gewoonlik duur ja - maar omdat dit 'n snaaksigheid in die bosveld is nie omdat hulle groter horings het of meer vleis nie.

Ek sou voorstel dat pakette maak van 2x vir R1,800 en 3x R2,600.  Laat skiet 10x to 12x en dan het jy maklik meer as R10,000.  Dis baie meer aantreklik as 'n hele pakket van 10x bokke vir een ou om te skiet.  Mens gaan maar altyd balans moet vind tussen wat die bokke se vleis werd is en wat hulle sal verkoop lewending.

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sun Jun 26, 2011 4:17 am
by Geno
Hugo,

Ek kannie meer gaan nie maat. Ek gaan vandag blouwildebeeste teen R14/kilo skiet.

Groete,
Eugene

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sun Jun 26, 2011 8:55 am
by DawieKotze
Geno wrote: Hugo,

Ek kannie meer gaan nie maat. Ek gaan vandag blouwildebeeste teen R14/kilo skiet.

Groete,
Eugene
Daai is 'n baie goeie prys Geno!! Is die jagplek geheim, of kan ons ander arm jagters ook daar gaan skiet? Vertel bietjie?

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sun Jun 26, 2011 11:01 am
by Hugo
Die bokke hoef nie deer 1 jagter geskiet te word nie, R3k vir 3 bokke geen dag fooi, 2-3 jagter per jag, maklik.

Ek gannie die bokke verniet weggee nie, dan skiet ek hul self dood, mar 'n bok kos geld en hul moet teen 'n prys geskiet word, dis mar hoe dit werk.

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sun Jun 26, 2011 11:28 am
by jgnel
Hugo wrote: Die bokke hoef nie deer 1 jagter geskiet te word nie, R3k vir 3 bokke geen dag fooi, 2-3 jagter per jag, maklik.

Ek gannie die bokke verniet weggee nie, dan skiet ek hul self dood, mar 'n bok kos geld en hul moet teen 'n prys geskiet word, dis mar hoe dit werk.
  Hugo se bietjie vir die manne wat belangstel in kalahari jag in nam hulle kan trofee blouwildebeeste skiet vir 2500 en die vleis kry vir 8 per kilo groete Johan

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sun Jun 26, 2011 2:16 pm
by Hugo
Eks nie by nie?

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sun Jun 26, 2011 2:23 pm
by Cobus(Cobb)
Hugo.

Gaaf van jou om te adverteer, R1k/bok bietjie styf vir my beurs.

Cobus

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sun Jun 26, 2011 6:43 pm
by Hugo
Streng gesproke is dit R830 per bok want R250 per dag vir dag fooi wat jy gratis kry, lyk my ek gan die bokke self dres!

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Sun Jun 26, 2011 9:13 pm
by Nico Harris
dan moet net een bok mos R1000 kos en die res 850...mens betaal mos nie dagfooi op elke dier nie... ;) ek kry blesbokke by my in natal in die bosveld vir r750 en r1000 vir n trofee!

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Mon Jun 27, 2011 7:30 am
by Hugo
Ek gan ophou om dit te try justify, ek sal ander plekke adverteer.

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Mon Jun 27, 2011 8:40 am
by Christo Els
More Hugo
Vir my is dit nie te duur nie en so graag wou gaan, maar die afstand na jou toe is net te ver.

As jy die som so maak R1000/40kg = R25 /kg dis minder as die helfte goedkoper as skaapvleis.
Ek wonder net watter manne sal vir skaapvleis teen daardie prys s? nee dankie.

Ja behalwe die skaapboer hy kry dit mos verniet  ;D ;D ;D ;D

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Mon Jun 27, 2011 1:59 pm
by LoveHenties
Hugo wrote: Ek gan ophou om dit te try justify, ek sal ander plekke adverteer.
Dis mos joune. Jy vra wat jy vra. Of iemand is bereid om te betaal, of nie.

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Mon Jun 27, 2011 2:05 pm
by Hugo
LoveHenties wrote:
Hugo wrote: Ek gan ophou om dit te try justify, ek sal ander plekke adverteer.
Dis mos joune. Jy vra wat jy vra. Of iemand is bereid om te betaal, of nie.
Dankie.

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Mon Jun 27, 2011 3:45 pm
by BLOK
Ek hijack seker nou die post maar ons het ook nog n paar datums oop.

Blok.

(7KM VANAF POTCHEFSTROOM)

PRYSLYS

SPESIE                MANLIK / VROULIK          TROFE?
ROOIBOK            R975                R900          R1375          23? ?
BLESBOK            R875                R800          R1275          16? ?
SPRINGBOK          R675                R600          R1000          14?
GEMSBOK            R5500              R5500          R6500          40?
ROOIRIBBOK        R10000            R10000        R10000

DAG TARIEF:   
JAGTER  : R200 P/P/PD
NIE-JAGTER  : R200 P/P/PD

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Tue Jun 28, 2011 9:46 am
by PRIVATE RYAN
BLOK wrote: Ek hijack seker nou die post maar ons het ook nog n paar datums oop.

Blok.

(7KM VANAF POTCHEFSTROOM)

PRYSLYS

SPESIE                 MANLIK / VROULIK          TROFE?
ROOIBOK             R975                R900           R1375           23? ?
BLESBOK             R875                 R800          R1275           16? ?
SPRINGBOK          R675                R600           R1000           14?
GEMSBOK             R5500              R5500          R6500           40?
ROOIRIBBOK         R10000            R10000        R10000

DAG TARIEF:   
JAGTER   : R200 P/P/PD
NIE-JAGTER  : R200 P/P/PD
Hulle wil nie regtiig
die ribbokke skiet nie? ;D

Re: Blesbokke jag beskikbaar,

Posted: Tue Jun 28, 2011 11:19 am
by BLOK
Royal game se ek jou en daai bokke weet dit jy loop langs hulle verby.

Blok