Page 1 of 1

Nuwe Leica Magnus

Posted: Thu Jun 23, 2011 10:47 am
by Louis Kriel
Lyk soos alle Leica produkte n 'n fantastiese scope. Wonder wat gaan hulle hier kos? Daai 1.5-10 x 42 lyk na 'n baie veelsydige scopie.

http://en.leica-camera.com/sport_optics ... es_magnus/

Re: Nuwe Leica Magnus

Posted: Thu Jun 23, 2011 11:36 am
by Wouter Roets
30-06

Net so van die os op die jas. Leica het destyds teleskope gemaak en dit laat vaar agv druk van die groenes. Hulle het gevoel dat hul verkyker verkope kon daaronder ly. Nou kyk hulle weer anders lyk my. More blaf n paar groenes en wat dan. Wonder maar net.

Groetnis
Wouter

Re: Nuwe Leica Magnus

Posted: Thu Jun 23, 2011 11:53 am
by raychell
Wouter
Hulle was nie eers bereid om die vorige modelle te diens nie ek het hulle destyds self gebel.
Raynie
Soos Taffie altyd se hulle hardloop gou terug as die groenes se geld opraak

Re: Nuwe Leica Magnus

Posted: Thu Jun 23, 2011 1:24 pm
by Louis Kriel
Nee ek sal self ook nie 'n Leica koop nie. Net 10 jaar waarborg of so iets, maar ek hou van die vergrotings range van 1.5-10.

Re: Nuwe Leica Magnus

Posted: Mon Jul 04, 2011 9:24 pm
by Rfourie
Wouter Roets wrote: 30-06

Net so van die os op die jas. Leica het destyds teleskope gemaak en dit laat vaar agv druk van die groenes. Hulle het gevoel dat hul verkyker verkope kon daaronder ly. Nou kyk hulle weer anders lyk my. More blaf n paar groenes en wat dan. Wonder maar net.

Groetnis
Wouter
Nope, gaan lees op internet, niks met groenes te doen nie! Leupold het die scope gemaak en leica net die lense, die Duitsers het na n kort rukkie besef dit gaan nie werk nie......verskeie redes wat ook al holrig gery is op forum! Lank en kort, leica het die verkeerde partner gekies! Nou doen hulle alles self!

Re: Nuwe Leica Magnus

Posted: Mon Jul 04, 2011 9:48 pm
by tripodmvr
Leica (Wild Heerbrugg) en Zeiss is donkiejare al in die opmeetbedryf bekend vir hul opmeetinstrumente. Hul teodoliete het daardie tyd al met 30-40x vergroting hul werk gedoen. Hulle moes net aanpas by die varierende vergrotings en siedaar - wenners. Hulle maak ook mikroskope.

Re: Nuwe Leica Magnus

Posted: Sun Jul 10, 2011 10:49 pm
by Rfourie
Ou wat julle gelees het van leupold en leica is almal tjoestil.....waarheid maak seer, veral as n mens n groot leupold man is!!!!!

Re: Nuwe Leica Magnus

Posted: Tue Jul 12, 2011 12:03 pm
by Wouter Roets
SMK

Kan jy asb jou enorme kennis met ons deel? Waar kry mens dit op die internet en wie se weergawe is dit van die waarheid? Kry die gevoel jy is nie n verskriklike Leupold man nie?

Groetnis
Wouter

Re: Nuwe Leica Magnus

Posted: Tue Jul 12, 2011 6:25 pm
by Piet Breedt
Genade Wouter, maar jy het n mooi versameling Rugers. Ek sien dit nou eers onder jou naam.

Re: Nuwe Leica Magnus

Posted: Wed Jul 13, 2011 8:42 am
by Wouter Roets
Dankie Piet!

Ja ek geniet die goedjies baie. Net jammer hulle skiet so skeef agv die swak scopes wat op hulle is! ;D  ;)
Voel daar is wel nog so paar kalibers waarvoor daar plek gemaak kan word!

Groetnis
Wout

Re: Nuwe Leica Magnus

Posted: Wed Jul 13, 2011 8:47 am
by BLOK
Dalk vir jou n Burris kry Wout, hulle is baie goedkooper maar tenminste nie green growers nie.  ;);D

Blok

Re: Nuwe Leica Magnus

Posted: Wed Jul 13, 2011 12:25 pm
by Danie Lombard .243
Jinne maters,  


Lees ekke nou reg hier?? Is Leica von Leiptzig Gmbh bunny huggers greeny folks?? As dit waar is sal ek NIE meer van Leica hou nie. En ek laaaaaik vir Leica sterk.


My swaer spandeer ure voor die rekenaar op die net. Hy jag en skiet ook graag. Ander dag vertel hy my van watter groot handelsname anti jag is en "green" is. Dalk moet ons probeer uitvind watter handelsname anti jag is en aldus die name se produkte vermy en nie aankoop nie.