Page 1 of 1

Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Wed Jun 22, 2011 11:33 pm
by jaracal
Dag 3 - Eland
Het my oog vandag op een van die grotere boksoorte en die Grizzly Sticks uitgehaal. Met my aankoms in die area ry ek verby 4 elande maar is dit te moeilik om hulle te bekruip. Ek "spook " nog 4 elande maar raak hulle rustig na ongeveer 40min en ongeveer 500m waar ek hulle gesien het. Ek sien die wind is reg en die terrein nie te moeilik nie. Begin stadig en hou die area rondom my baie goed dop. Ongelukkig kon ek nie verby twee verdomde volstruise kom nie en indien hulle hardloop volg alles in 'n ketting reaksie. So volg die gemsbokke, springbokke en ook die elande. Half keelvol en lus om van alle volstuise sop te maak neem ek die pad terug. met die terug ry merk ek 'n eland bul op wat alleen op 'n vlakte naby bosse le^. Ry tot ongeveer 700m van daar en begin my versigtige bekruip. Eerstens loop ek my amper vas in 'n eland koei wat ek nie gesien het nie. Nou weer terug. So met die terug beweeg merk ek 'n trop rooibokke op wat gewoonlik in die area ronddwaal. Nou weer ander pad soek. So sien die rooibokke my en laat spander. Ek wag 'n hele ruk en kyk of die elande nog daar is. Ek het baie gesien dat as groot wild hardloop, vlug alles saam maar geld dit nie noodwendig ander-om nie. Ek sien toe dat die koei nog daar is maar dat die getal nou aangegroei het tot 4. So begin die dan vorentoe dan agter toe om alle oe" gelyktydig agter bosse te kry. Later beland ek in 'n slootjie met lang gras wat dit bietjie makliker maak. Na ongeveer 2,5 ure is ek so 40m van die een bul. Ek kry toe die pyl reg en sit en wag. Na ongeveer 15 min beweeg die koei en die bul staan op. Hy kom uit en kyk reguit in my rigting en my hart gaan staan amper. Hy draai so bietjie weg van my en loop 'n paar tree. Ek het 'n uitstekende kand en span die boog - nou hoe ve^r het hy geloop vlieg dit deur my brein. Onseker sit ek die 50m pennetjie op die killzone en laat die pyl gaan. Die eland slaan soos 'n os neer en ek is verstom oor wat gebeur het. Die eland probeer regop kom maar is sy agterlyf verlam. Ek wag my kans af  wat soos 'n ewigheid voel en skiet hom nog 'n skoot. Na 'n ruk dop hy om en raak stil. Ek wag nog 'n ruk met die ander 3 elande wat nie weet wat gebeur het nie en nog daar rondstaan. Ek neem my laaste pyl en beweeg versigtig na sy agterkant maar hy het klaar sy laaste asem uitgeblaas. Ek sien dat die een Grizzly Stick deur die blad is. Met die oopslag is gesien dat die een pyl deur albei longe is. Die ander een was bietjie hoog en het waarskynlik in die rugstring beland want ek het van 'n laer posisie geskiet en met die verkeerde afstand skat die bok hoog geskiet. Sal met die verwerking van die vleis kyk waar die eerste skoot deur is. Moet se^, na jare se geweerjag is hierdie challenge meer die ware jakob as andersins. Ek kon nog nooit stilsit nie, so 'n "hide" werk maar net nie vir my nie en is dit lekker om 'n dier op sy eie gebied uit te oorle^.

Image

Image

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Wed Jun 22, 2011 11:51 pm
by KalahariKlong
Bie goed gedoen. Ek kan dink dat dit 'n man se hart aan die klop kry. Baie geluk en dankie vir die deel.

Groete
KK

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Wed Jun 22, 2011 11:58 pm
by JPS
Hel Oom Jaracal,

Daai kos gedoen word. Sit nie in enige ou se broek om 'n bok te stalk met boog en skoon skoot in te kry nie en dit nogal 'n Eland. Baaaaie geluk dit is werklik iets besonders.

Groete
JP

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Thu Jun 23, 2011 4:57 am
by Gerhard
Baie geluk!!!

Ek sal graag die fotos wil sien van die Grizzly Tricks en die wonde as dit moontlik is.

Daar is min dinge in jag wat so lekke is as om met die boog n bok te bekruip en met geduld en geluk alles laat reg loop.

Range finder maak n bitter belangrike deel uit van n boog jagter se arsenaal en nog meer so as jy loop en bekruip...

Geniet daai lekke biltong

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Thu Jun 23, 2011 7:03 am
by jaracal
Ek moes seker weer gerange het maar was bang dat die beweging hom sal laat skrik. Net nog 'n les. Die uitgangswond is net so groot soos die pyl maat die wond in die long is bietjie groter. Het nagelaat om die foto te neem - foutjie.

Groete

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Thu Jun 23, 2011 7:08 am
by Gerhard
Ek het n skouer harnas vir n verkyker gevat en my range finder daar aan gesit.

Nou hang die Nikon verkyker en range finder voor my bors as ek loop en bekruip.

Wat ek dan doen is om hulle voor in my baadjie of 3D suit se baadjie in te druk deur die zip net half pad op te trek.

Nou pla dit mens glad nie en is baie naby om vinnig te die finale afstand te range en dan te skiet.

Hoop dit help...

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Thu Jun 23, 2011 9:54 am
by Beyers
Hein Baie geluk.
Nou dag roep jakkie met die boog?

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Thu Jun 23, 2011 11:31 am
by Francois Marais
Hein

Baie gluk maat, mag daar nog vele wees.....

Mooi loop
Francois

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Thu Jun 23, 2011 12:41 pm
by Raven
Oom Heinrich,

Baie geluk met die mooi bok, dit wil gedoen wees.

Net so gou 'n vraagie, as 'm man so na die randjie kyk agter jou, waar sal ou jakkie daar uitdop, seker so reg agter Oom Hein, daar by die nek of is ek verkeerd  ;D  ;D

Ek spot maar net bietjie, voorwaar 'n goeie jag, iets wat 'n man vir baie jare nog in detail kan onthou en 'n glimlag op jou gesig sal los.

Raven

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Fri Jun 24, 2011 7:01 am
by marno
Blikskottel!! Baie geluk Hein!

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Thu Jul 07, 2011 1:28 pm
by Geno
Oom Hein, daai lyk sommer bakgat!
Welgedaan!

Groete,
Eugene

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Thu Jul 07, 2011 1:39 pm
by Dewie
Mooi Oom Hein
Baie geluk met daardie mooi eland
En baie dankie dat oom fotos opgesit het van die Eland ;)

Dewie

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Thu Jul 07, 2011 4:32 pm
by BLOUVALKIE
oom Hein baie geluk dis mooi elande dis seker moeilik om hulle met 'n peil en boog te skiet

hoefeel het hulle geweeg

BLOUVALKIE

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Thu Jul 07, 2011 9:34 pm
by spekieries
Jara

Baie geluk ek persoonlik dink dit is die ultimate jag en dit skei die manne van die seuns. Mooi gedaan ek beny jou. Dink ek moet ook begin uitkyk vir Apache Ammo.

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Sun Jul 10, 2011 9:20 am
by jaracal
Dankie manne, die eland is nie geweeg nie maar by skatting sal hy meer as 280kg uitslag. Hierdie elande is nogal groot, hier is die pa van die meeste Elande:

Image

Laat 'n mens "drool"

Groete
Heinrich

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Sun Jul 10, 2011 11:21 am
by BLOUVALKIE
jho oom dis nou 'n bloubul eland daai :o :o

eendag as ek groot is ................?  wie weet

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Sun Jul 10, 2011 12:56 pm
by Dewie
Halo almal

Daai Blou Eland is 'n MENEER

Dewie

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Sun Jul 10, 2011 3:03 pm
by tafjak
Heinrich

Ja, nou het ek alles gesien. Gewoonlik begin ou jag op afstande van 40meter en werk dit op na so 3- 500meter skote, maar jy werk hom andersom. Mooiman!

Ek sal seker die goet moet voorl? met 'n boog, met my lyf gaan ek nie eers 'n skilpad kan bekruip nie.

Mooiloop

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Tue Aug 16, 2011 9:46 pm
by basie
Jaracal
Baie mooi, ek wens ek kon so mooi eland voor my sight kry. Hulle het darm 'n baie mooi bloubul pa. :) :)

Taffie
Grou bietjie daai boog uit die kas wat jy al van gepraat het en toets hom. As jy eers daai ding geproe het sit jy hom nie gou weer neer nie. ;) ;)

Lekker pyle gooi.
Basie

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Wed Aug 17, 2011 7:26 am
by jaracal
Dankie Basie
Was werklik iets besonders om so naby aan die Eland te kon kom op sy eie gebied.
Groete
Heinrich

Re: Walk & Stalk 3 van 3

Posted: Wed Aug 17, 2011 7:46 am
by henried
Baie geluk, ek sukkel nog met die W/S, maar dit is baie spesiaal vir my as ek dit regkry.