Page 1 of 1
Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Tue Mar 08, 2016 9:19 am
by HCVWYK
Ek soek n produk wat n lankwerkende uitwerking het om opslag onder n elektriese heining te onderdruk.
Die draad is skoon geskoffel, maar ek soek nou n gif of chemiese middel wat dit vir n tydperk kan skoonhou.
Dit is in die Calvinia omgewing en daar is nie bome naby die draad nie.
Ek het met ouens by Henchem gepraat oor Orbit GR en Outpaste GX. Hulle se dit hou so jaar na twee jaar. Dit kos R2300 n sak wat so 8km per sak kan doen. Ek soek iets wat langer kan hou.
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Tue Mar 08, 2016 10:09 am
by Apie
Die ding is die grond wat die chemiese middel bevat spoel met die tyd weg en die nawerking daarvan word grootliks deur jou reenval bepaal.
Die ou Arsenal van Basf het goedkoper uitgewerk en het minder effek op omliggende bome.
Nuwe produk se naam Is Format(selfde aktief as arsenal)
As jy meer bosse wil beheer kan jyn produk met die naam Savannah spuit.( bevat Terbythiron en Bromacil)
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Tue Mar 08, 2016 10:10 am
by Apie
Vir lyndrade werk korrels gewoonlik duurder uit.
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Tue Mar 08, 2016 11:15 am
by jean 7mm
Het jy al bundo probeer
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Tue Mar 08, 2016 12:22 pm
by Apie
Bundu en Savannah is dieselfde
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Wed Mar 09, 2016 8:43 am
by HCVWYK
Appie
Het die Savannah n langwerkende effek en hoe lank sal dit werk.
Die draad is skoon geskoffel ,so dit is nie volgroeide bosse wat ek wil beheer. Dit sal net opslag wees na die reen.
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Wed Mar 09, 2016 10:40 am
by Suikermuis
Mag ek dalk vra of daar n rede is dat niemand Roundup noem nie?
Ek is nie n kenner op daardie gebied nie en sal self ook graag n ander middel gebruik as dit meer effektief is. Tot dusver het ek Roundup gespuit en die drade bly vir n redelike rukkie darem skoon.
Groete
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Wed Mar 09, 2016 10:48 am
by HCVWYK
Suikermuis
Ek het 2 probleme. Een is geld en twee is arbeid, maar in die die geval is my arbeid n groter probleem as die geld.
Roundup werk as jy dit elke jaar spuit en verstaan ek werk die goedkoopste uit, . Ek soek n produk wat n lankwerkende uitwerking het al kos dit bietjie duurder as Roundup.
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Wed Mar 09, 2016 10:53 am
by Suikermuis
Dankie ek verstaan nou. Het self ook ondervind dat Roundup jaarliks gespuit moet word, hoewel dit darem afneem namate die lyne skoner bly met minder plante wat opkom.
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Wed Mar 09, 2016 11:14 am
by Smirre
More
Spuit round up gemeng met Atrazine..dit voorkom opkoms van plante
Sal dit ongelukkig jaarliks moet doen
Andre
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Wed Mar 09, 2016 11:15 am
by Dolf014
Roundup word deur die blaar opgeneem. Val die chlorofil aan.
Ander giwwe maak die sade dood, en maak die grond onvrugbaar.
Die korrel giwwe; pasop vir "grond wat wegspoel" jy gaan dalk groter skoon kolle kry as wat jy wou hĂȘ.
Lank terug was daar 2 ander korrel produkte ook nl; Slam en Spike. maar ek weet nie op hulle nog op die mark is nie. Hulle het langer as 2 jaar gewerk.
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Wed Mar 09, 2016 11:34 am
by Albert84
Luister saam
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Wed Mar 09, 2016 11:57 am
by Toyrsi
Ons gebruik SLAM*100GR. Gooi dit in die substasies en transf. Hokke vir onkruid. Hou gewoontlik so 5 jaar afhandend van die hoeveelhuid reen.
Re: Elektriese Heining Skoon Hou.
Posted: Wed Mar 09, 2016 1:38 pm
by Apie
Slam is net die korrel formulasie van Bundu en Savannah.
Gee 2 tot 3 jaar.
As jy mooi bome naby jou heining het kan hierdie middels hulle dalk dood.
Gebruik dan liewer Arsenal/Format/Tandem