Page 1 of 1

Redfield teleskope ?

Posted: Mon Mar 07, 2016 10:13 pm
by koos 2
Goeie naand.
Hoop almal het n goeie naweek gehad. Ek dink hierdie onderwerp is al bespreek.
Wil net graag by almal hoor wat julle dink van hierdie teleskope.
Wil graag die 6-18 Redfield Revenge op my .243 monteer.
Ek gebruik die gewer meestal vir vlakte skiet , waar ons van 150m - 350m skiet.
Waar is die beste pryse met naverkope diens ?
Enige insette sal wardeer word.

Re: Redfield teleskope ?

Posted: Tue Mar 08, 2016 2:40 am
by Capt. Yoda
Beste pryse wat ek al gesien het was maar by NWK (kooperasie).Is n lekker scope wat mooi sal werk op jou 243

Re: Redfield teleskope ?

Posted: Tue Mar 08, 2016 6:58 am
by Armand Steenkamp
koos 2 , Ek het vir n kort tydjie so n scope op n geweer gehad. Was baie tevrede met hom. Sal enigetyd weer een koop.

Groetnis

Re: Redfield teleskope ?

Posted: Tue Mar 08, 2016 6:47 pm
by koos 2
Baie dankie aan almal se terug voer

Re: Redfield teleskope ?

Posted: Tue Mar 08, 2016 6:58 pm
by 30-0Kwes
Ek het een op my 30-30 vir die laaste 3 jaar. Nog geen fout gehad nie. Sal weer een koop.

Re: Redfield teleskope ?

Posted: Wed Mar 09, 2016 8:40 am
by goodstuff
Hi Koos, Ek het een gehad op my .308 - lekker scope, het hom onlangs vervang met n nikon wat ver kan sien - gatjeuk, dit was al rede

Re: Redfield teleskope ?

Posted: Wed Mar 09, 2016 8:53 am
by Riaan Kriel
Capt. Oblivious wrote:Beste pryse wat ek al gesien het was maar by NWK (kooperasie).Is n lekker scope wat mooi sal werk op jou 243
Die telefoonnr. van NWK Lichtenburg handelstak is 018 6325071. Vra om met Darius of Dandré by die wapenkluis te praat.

Re: Redfield teleskope ?

Posted: Thu Mar 10, 2016 1:37 am
by koos 2
Baie dankie aan almal se bydrae