Page 1 of 1

Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 11:44 am
by Ben Remington
Goeie dag....

Ek is die naweek Kalahari toe om vir 'n vriend 'n oog te gaan hou terwyl hy weg was.

Met so 25km oor na sy plaas kon ek sien in die verte daar sak 'n lekker reën bui uit en terselfdetyd het lekker growwe druppels op die voorruit van die bakkie begin val...hy het verspreid oor die plaas so 5mm tot 16mm gekry...

Darem wonderlik hoe die Kalahari minute na die reën verander in 'n ander wêreld...waar die springbokke nog met krom rûe teen die reën skuiling gesoek het in die vlak of onder 'n Witgat , hardloop hulle nou met skoongewaste pronk heen en weer met bontkiewiete wat luidkeels deel in hulle vreugde. Die Geelbek Neushoringvoëls hop oral rond en tel insekte op wat na die reën aktief is...'n endjie verder stap 'n mooi Kalahari-koedoebul teen 'n waai duintjie op om net so voor hy oor die kruin gaan te gaan staan en om te kyk met die dik blou vaal nek wat weerskante van sy ore uitdruk.

Die rustigheid van die aand om die vuur is gekenmerk deur die jakkalsroepe in die agtergrond en die geskree van 'n draaijakkals heelwat nader aan ons...

My woorde is te min om hierdie unieke deel van die wêreld te beskryf.

Hier is paar fotos.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160304_114212jljkk_zpsfy3shy4v.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160305_154144hjjgjgkk_zpszzxxjg5f.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160305_081629hihijh_zpslopuqvbd.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160306_091755hkhkjhjk_zpsjzdtt6mv.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160306_091830lkjlkhlkjhljkh_zpsiutbmzg6.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160306_071148kjlkjhjkh_zpspugbzfe2.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160305_085624bkhkhbkj_zps7r7fnraw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160305_154426uioo_zpsv1ojwken.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160305_152651jhjkh_zpsqzwupijz.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160305_152520jjhkjhj_zps2hojqieq.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160305_093245jhkjlhkj_zps1hcrhasj.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160305_073837hkgkhu_zpszdcgpsa3.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160305_060517hhkjhj_zpsrtb4rd3e.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160304_183857hkjhhjk_zpsat5hhmv8.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160304_171630jhhkjhk_zpszdbcitax.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160304_174733hjjj_zpsaoqi81eu.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160304_173955hjhkj_zpssayaipvc.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160304_142636nkmnmn_zpsa4lyrcjw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160304_164730bkjhkj_zps3agytywm.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160304_141136nnkn_zpslmkyljkv.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160304_171545jjhbhj_zpsimhqkquj.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160304_161818kjk_zpsty0dkrmb.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160305_132159hkhj_zpsyqmtigki.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160305_195444kggjkll_zpss7i3klkd.jpg

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 11:56 am
by Arnold van Wyk
Baie mooi, beny julle.

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 12:15 pm
by FHM
Pragtig Ben - ek ruik daai natgeid as ek so na die fotos loer.

Wie het so blase gebrand?

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 12:23 pm
by Ben Remington
Francois,

Dis Myburgh se rug wat so lyk...dis die werk van so 'n rooinekkewertjie wat tussen die duwweltjies bly...die gogga het tussen sy hemp en rug beland en vermoedelik skei hy 'n stof af wat dit veroorsaak...

Groetnis

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 12:23 pm
by lukie nel
Hallo Ben, ek is opsoek na jagplek inni duine. Net so paar springbokke vir die winter as jy my dalk oppi pad kan sit met n naam of twee. Lukie, Vryburg, 0834438274.

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 12:26 pm
by Ben Remington
Lukie ek kan ongelukkig nie help nie ....my kontakte se springbokke is almal amper vrek agv die droogte.

Groetnis

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 12:33 pm
by FHM
Ben Remington wrote:Francois,

Dis Myburgh se rug wat so lyk...dis die werk van so 'n rooinekkewertjie wat tussen die duwweltjies bly...die gogga het tussen sy hemp en rug beland en vermoedelik skei hy 'n stof af wat dit veroorsaak...

Groetnis
Ek ken daai biksempies - al n paar stelle met hulle afgetrap - hulle eet die duwweltjies se geel blomme of die stuifmeel daarop. Lyk of julle n blast gehaad het - lekker manne! ;)

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 12:36 pm
by lukie nel
Baie dankie, ja dis vanjaar n baie groot krisis. Ek het by n hele paar plekke waar ek al voorheen baie lekker gejag het in die duine navraag gedoen en almal het dieselfde probleem. Ons kyk volgende jaar dan gaan dit hopenlik n ander prentjie wees.

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 8:11 pm
by Vlakvark Soldaat
Arnold van Wyk wrote:Baie mooi, beny julle.
My woorde presies!

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 9:19 pm
by Suikermuis
Oom FHM is reg. Daai rooinek blaaskewers is nie n man se maat nie. Ek en my laaitie het ook hierdie jaar deurgeloop.

Bly om weer vir Myburgh in die fotos te sien. Was op die punt om een of ander # (hashtag) veldtog te begin sodat jy hom saamvat

Lekker om te sien dat julle weer n paar otjies kon klits.

Groete

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 9:40 pm
by koos 2
Pragtig vertel.

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Mon Mar 07, 2016 9:43 pm
by Giepie
Lyk baie lekker.

Het in Bots ook onder die metaal blou blaaskewers deurgeloop, op 'n manier seker op een gaan lê. So in my cleavage agter. Was nnie lekker nie. ;D

Re: Paar druppels het geval...

Posted: Tue Mar 08, 2016 9:43 am
by FHM
Giepie wrote:Lyk baie lekker.

Het in Bots ook onder die metaal blou blaaskewers deurgeloop, op 'n manier seker op een gaan lê. So in my cleavage agter. Was nnie lekker nie. ;D
++>: Hou op kaalgat op die grond sit ++>: