Page 1 of 3
260 Rem AI
Posted: Tue Jun 21, 2011 7:26 pm
by Arnold
Ek kon vandag my roer so bietjie laat hardloop.
260 Rem AI
28.6" Broughton 5C loop met 1:8" twist
130gr Berger VLD ~ TPL 72mm
fireformed 308W Winchester doppe
S355 en CCI200 primer (een skoot gechrono)
41.0gr ~ 2886 fps
41.5gr ~ 2904 fps
42.0gr ~ 2952 fps
42.5gr ~ 3007 fps
43.0gr ~ 3047 fps
Hiermee kon ek 'n vertikale verspreiding van 5 mm op 300m kry tussen 3 rondtes elk gelaai met 42.9, 43.0 en 43.1gr onderskeidelik. Ek sal nou bietjie meer speel met die 43.0gr lading.
S365 ~ PMP primer (gemiddeld van twee skote wat ge-chrono is)
44.0gr ~ 2983 fps
44.5gr ~ 3035 fps
45.0gr ~ 3052 fps
Hierdie was net om die spoed te toets met S365. Dopvulling is beter maar oor die afgelope tyd se gesukkel met lot 61 en voor dit dink ek lot 48 wou ek eerder S355 gebruik.
Ek sal seker S365 gebruik as ek oorslaan na 140gr koeels.
Werk maar mooi met die ladings, effense druk kan waargeneem word soos die primers platter geslaan word en effens meer begin krater. (Dit lyk my of my firingpin gat in die slot 'n bietjie aan die groot kant is en ek kry kratering selfs by lae ladings)
************************************************
Ek het vandag bietjie met die seating depth gaan speel.
30thou van die lands af maak hy so met 130gr Berger VLD's teen so 3000 fps by 42.5gr S355 {wat die node program s? hy moet hardloop uit my 28.62" lange loop}

http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/260RemAI_130grVLD_30thoujump_425grS355_CCI220_WWcases_3000fps.jpeg
Die grootste 5 skoot groep was 0.619" {ander seating depth} en die 4 skote in die foto meet ek op 0.3"
Re: 260 Rem AI
Posted: Thu May 24, 2012 4:53 pm
by Arnold
140gr NoslerCC
42gr S365
2850fps {fire forming}
308W Lapua Palma case
PMP primer
69mm COL
http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/260AI.jpg
130gr Berger VLD
42.5gr S355
3000fps
308W W-W case
BR2 primer
71.5mm COL
http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/260AI%20130gr%20BergerVLD%2042.5grS355%203000fps%20308W%20W-W%20case%20BR2%20primer%2071.5mm%20COL_small-1.jpg
Re: 260 Rem AI
Posted: Thu May 24, 2012 5:05 pm
by tafjak
Arnold
Jy moet nou ophou om sulke goeters te pos, agge nee man! Ek het ook 'n binneste.
Mooiloop
Re: 260 Rem AI
Posted: Thu May 24, 2012 5:15 pm
by Foxhound
ek is suuuuuuuuuuuuuuuur Groen van jaloesie
Re: 260 Rem AI
Posted: Thu May 24, 2012 5:26 pm
by Beer (Christo)
Arnold
Sal graag wil weet hoe jy doppe voorberei en so kort oorsig oor jou herlaai proses. Bv, sny jy die nekke, klassifiseer jy doppe met eenvormige nek wand diktes en H20 kapasiteit bymekaar, ens
Hoor graag.
Groete
Christo
Re: 260 Rem AI
Posted: Thu May 24, 2012 7:17 pm
by Marc
Beer wrote:
Arnold
Sal graag wil weet hoe jy doppe voorberei en so kort oorsig oor jou herlaai proses. Bv, sny jy die nekke, klassifiseer jy doppe met eenvormige nek wand diktes en H20 kapasiteit bymekaar, ens
Hoor graag.
Groete
Christo
Magtag maar dis pragtig

Re: 260 Rem AI
Posted: Fri May 25, 2012 10:03 am
by Arnold
Dankie ouens, daai is maar die goeie groepe maar daar is baie wat hier by 'n half duim sit
My herlaai proses is maar langdradig en begin natuurlik by die dop voorbereiding. Ek het tot dusver net 308 doppe in die 260 gebruik.
1. Fullsize 308 dop in 'n LEE 7mm-08 matrys waarvan die expander mandril verwyder is (gebruik daai klein blikkies wax as smeermiddel, het nou die naam vergeet).
2. Fullsize nou met 'n LYMAN 260 matrys waarvan die expander mandril verwyder is (gebruik daai klein blikkies wax as smeermiddel, het nou die naam vergeet).
3. Expand die nekke met 'n expander mandril (Hierdie is met 'n .265 mandril van Redding of Forster).
4. Sny doppe tot op dieselfde lengte (inside and outside chamfer die nek, hier gebruik ek 'n RCBS chamfer tool en LEE cutter vir dop lengte).
5. Uniform primer pockets met LYMAN of RCBS tool afhangende van groot of klein primers soos met die 308 Lapua doppe wat ek gebruik.
6. Debur, uniform flash hole met Lyman tool
7. Sny nekke tot 70-80% skoon of sodat daar 1 thou clearance rondom is in die kamer (maak seker om so klein bietjie in die nek te sny sodat die donut wat gevorm het deur sizing nou weg is. Hiervoor gebruik 'n tooltjie van oom Chris van Niekerk)
8. Size nekke met 'n RCBS neck bushing die (so 2 thou tension, expander mandril verwyder)
9. Expand nekke met aparte expander mandril soos voorheen genoem (ek het hierdie stap ingegooi om seker te maak nek tension is dieselfde vir alle doppe)
10. Seat primers, dit doen sommer met 'n Lee autprime II op die Lee Classic cast press wat ek vir al die werk gebruik.
11. Gooi kruit, presies afgeweeg met RCBS 505 skaaltjie
12. Seat koeels tot op verlangde TPL met Redding competition seater die.
13. Meet koeel se run-out op 'n tuis gemaakte meter en sorteer vervolgens.
Daai was die lekker werk, nou sukkel ek gewoonlik om die goed geskiet te kry sodat ek weer kan laai. As ek klaar geskiet het gaan die proses soos volg:
13. Tumble tot skoon
14. Deprime met Redding bushing neck die met expander button removed
15. clean primer pocket met Lyman primer pocket uniformer
16. Expand nekke met expander mandril
17. Herhaal stappe 10-13
Dit is maar wat ek doen en ek is seker daar is nog plek vir verbetering ...
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri May 25, 2012 10:11 am
by Zack Benade
Arnold, Ek hou waarvan ek sien. Baie mooi man.
Alles gaan oor voorbereiding en ek sien jy hou baie daarvan. Dit wat jy insit sal jy verseker terugkry.
Die 260 bly darem 'n goeie opsie.
Groete
Zack
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri May 25, 2012 10:15 am
by Arnold
Dankie Zack
O ja, ek gebruik meestal Winchester doppe.
1. Winchester doppe is bekostigbaar en die kwaliteit is goed genoeg vir my.
2. Die doppe hou redelik lank en ek gebruik nog die eerste 50 doppe wat ek vir my 308 gekoop het.
3. Die interne volume is groter en gee dus so 10-20 fps by op 'n node spoed (wat ek eers later besef het toe ek die OBT metode ontdek het)
Ek het doppe sorteer volgens nekwand dikte variasie maar, dit was net 'n groot issue met PMP doppe.
Iets wat ek uitgelaat het is dat ek ook die doppe anneal na so elke 3-5 skote (as ek tyd het)
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri May 25, 2012 10:22 am
by Danie01
Arnold,
Dit nou regtig goeie raakskiet daai! Ek hoop ook om eeeeeendag daar uittekom.
Wil sommer dankie se, jy dalk nou vir my die antwoord gegee oor my geweer wat ook kraters maak, selfs op baie lae ladings ook en dit maak sin dat firepin se gat te groot is, want myne is ook. Is dit nodig om dit reg te maak of kan n man so aangaan? Dit lyk nie of dit enige invloed op jou geweer se groepe het nie?
Baie mooi groepe
Groete
Danie
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri May 25, 2012 10:36 am
by Arnold
Hi Danie
Ek het met my aksie se vervaardiger oor die spesifieke storie gekontak en volgens hom is dit nie 'n probleem as dit nie akkuraatheid beinvloed nie. (Hoe mens gaan weet is ek nie seker nie, maar ek dink nie dit is my geval so nie)
Daar is volgens my 2 goed wat kratering kan veroorsaak:
1. 'n Pap slagpen veer (ek sit te hoe ladings hierby)
2. 'n Oversized slagpen gat, wat ek dink so is in my geval aangesien ek al die veer vervang het.
Ek kan sien dat 'n pap slagpen veer akkuraatheids probleme tot gevolg kan he omdat die primer dalk nie elke keer behoorlik ontsteek nie. 'n Oversized gat kan ek nie sien dat dit probleme sal gee nie, binne perke natuurlik anders gaan jy moontlik na elke skoot 'n pierced primer he.
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri May 25, 2012 10:41 am
by Zack Benade
Arnold
Ek is verbaas om te sien 'n 260 het begin by 'n 7mm08
Ek het vir iemand 'n hornady 7mm08 stel dies. Die decapping pin is net stukkend.
Groete
Zack
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri May 25, 2012 11:00 am
by Danie01
Dankie Arnold,
Ek het nognie my veer/spring vervang nie, maar die geweersmit het genoem dat die gat te groot is en die firepin gepolish moet word.
Dit sleg dat hy krater op lae ladings ook, want dit mos een van die maniere om te sien as daar druktekens is by n geweer. ek kyk maar viri plat primers en of slot swaar oopmaak ens.
Groete en plaas maar nog sulke mooi kiekies!!
Danie
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri May 25, 2012 11:27 am
by Beer (Christo)
Dankie Arnold
Waardeer
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri May 25, 2012 12:41 pm
by Koos Barnard
Arnold
Ek het vir jou 'n pm gestuur
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri May 25, 2012 6:10 pm
by Hein M.
Koos Barnard wrote:
Arnold
Ek het vir jou 'n pm gestuur
Arnold
Lyk my jy gaan Hollywood toe...
Grap net!
Dankie vir die mooi foto's en beskrywings! Ons is almal jaloers!
Sien ek die naam LEE in jou dopvoorbereiding... Gebruik jy regtig 'n Lee cutter vir doplengte? Whow! Dit speek boekdele.
Mooiloop!
Hein
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri May 25, 2012 9:28 pm
by Arnold
Dankie vir die mooi woorde ouens.
Ek dink wat hier baie tel is die Broughton loop, custom aksie en die twee wat reg aanmekaar gesit is. Ek meen die kolf is nie eers gebed nie.
Die gevoel wat jy kry as jou geweer sulke groepe skiet is regtig onbesryflik.
LEE maak nie net slegte goed nie en ek het lank op 'n LEE 4 hole turret pres herlaai want ek het dit en 'n stel 308 LEE dies saam met 'n geweer gekry. Ek gebruik steeds die 308 se FL die maar die seater het ek vervang. Ek gaan eendag vir my 'n Wilson case trimmer kry, tot daai dag werk die LEE heel goed. Partykeer moet mens net eksperimenteer en leer hoe om goedkoop toerusting te gebruik sodat dit beter resultate gee.
As ek bv. die LEE seater gebruik het vir my 308 het die koeel in 4 stappe geseat en tussen elke bietjie wat die koeel dieper gedruk word die press laat sak en die dop so 1/4 draai gegee. Dit het gemaak dat ek baie minder runout gekry het op my gelaaide rondtes. Die Lyman neck sizing die wat ek vir die 308 het gebruik ek bv. nie meer nie want my doppe het baie meer run-out gewys met hierdie die as wat ek die LEE FL die gebruik en partial FL sizing doen.
Hierdie truuks kan jy net leer as jy weet wat fout is en dan eksperimenteer met jou herlaai stappe. Soos Baboonstalker se: Om te meet is om te weet!
Ek sal regtig baie van die volgende goodies nog hou om in te las op die herlaai tafel:
RCBS Charge Master, Wilson Case trimmer en 'n Ultrasonic case cleaner.
Re: 260 Rem AI
Posted: Wed Feb 27, 2013 4:34 pm
by Rudi_van_Niekerk
Arnold,
Lyk my jy het al die huiswerk onder die knie wat jou geweer en kaliber betref. Ek en my broer is besig met beplanning vir `n 260 Rem AI. Help ons bietjie om die ideale geweer aan mekaar te slaan man. Die huiswerk wat ons tot op hede gedoen het, het die volgende opgelewer:
- Broughton loop, 26 duim, 1:8.5 twist
- Remington 700 aksie, blueprint
- Jewel sneller
- GRS kolf
- Wie moet geweer bou? Weet nie.
- Wie het die regte reamer en die sets wat by mekaar pas? Weet nie.
Gee kommentaar asb en moenie bang wees om ander voorstelle as ons sin hier bo te maak nie, soos ek se, ons is nog besig om die beplanning reg te kry.
Re: 260 Rem AI
Posted: Wed Feb 27, 2013 8:59 pm
by Arnold
Hallo Rudi, gaan stel jouself so bietjie
hier voor en dan gesels almal lekker saam.
Jy en Nico sal bietjie moet sê waarvoor julle die geweertjie wil gebruik en watter gewig koeels julle beplan om te skiet.
Ek sou uit die staanspoor 'n 1-8" twist loop opsit en so sal jy omtrent enige koeel kan skiet.
Afhangende van jou doel is die loop dalk so rapsie te kort om voldende spoed te kry met sekere koeels.
Oor die aksie en sneller gaan ek niks sê nie, dit is nie 'n slegte keuse nie. Om dinge makliker te maak en te verseker die geweer voer mooi sou ek centre feed magesyn soos die accuracy international voorstel en dan die bypassende bottom metal.
Afhangende van watter GRS kolf lyk dit of dit 'n geweer vir algemene gebruik gaan wees?
Jy moet maar probeer uitvind of iemand in die omtrek 'n reamer het. Redding bushing dies werk mooi saam met die ackley.
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri Mar 01, 2013 8:47 am
by Rudi_van_Niekerk
Hi Arnold,
Jy het vinnig gevang :-) Het myself gaan voorstel - dankie man.
Ons wil hoofsaaklik papier en gongs op langer afstande skiet, maar ek sal graag die geweer wil jagveld toe wil neem ook as dit prakties is. Ons wil 120gr tot 140gr koeels skiet. Ek koop jou punt op die loop se lengte, jy is nie die eerste persoon wat daarna verwys het nie. Sien jy het `n 28.6" loop - wat is jou ervaring daarmee en wat is jou voorstel?
Wat kolf betref is ons nog nie 100% seker nie. Ons hou van die GRS Sporter/Varminter, maar as julle manne beter voorstelle het is ons oop daarvoor. Het die naweek met `n McRees Precision kolf op `n 260 geskiet maar nie baie van die "metaal" gevoel gehou nie.
Dankie vir jou voorstel oor die centre feed magasyn - ons het juis gedink dit sal voorkeur geniet vir beter voer met die skerp skouer en al. Wat is jou ervaring van voer met die 40 grade skouer? Partye manne waarsku dat dit `n probleem kan wees maar ek het nog nie self `n 260 AI skut ontmoet wat gekla het nie.
Wat reamer en dies betref het ons tans 2 opsies waaraan ons herkou. Die een is om `n 6.5mm/08 40grade AI reamer vanaf JGS in te bring en die dies met selfde beskrywing te koop vanaf Redding. Ander opsie is `n verwysing na Louw van Deventer van Advanced Gunsmithing in Potch - blykbaar het hy `n reamer en kan ons dies oor die toonbank by hom koop. Ek weet nie hoe belangrik die toleransies en moontlike verskille van `n paar thou kan wees wanneer dit kom by die verskille tussen die spec van die die en die reamer nie - dit is waar ons hulp nodig het!
Julle kennis is welkom!
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri Mar 01, 2013 10:23 am
by Arnold
Rudi, hierdie is nou veronderstel om so min of meer die spoed te wees waar jy akraatheid gaan kry
Met 'n 130 gr Berger ... 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................. 2831 fps .... 2820 fps .... 3010 fps
260 AI ................... 2868 fps .... 2859 fps .... 3050 fps
Met 'n 140 gr Berger ... 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................ 2784 fps .... 2770 fps .... 2763 fps
260 AI .................. 2823 fps .... 2815 fps .... 2800 fps
Nou sal jy sien hoekom ek se die 26" is dalk bietjie kort. Uit hierdie syfers sou jy dalk ook die gewone 260 Rem kan oorweeg as jy sien wat die verskil is.
My loop is vir my baie lank en 'n jag geweer moenie so lang loop he nie. Dit pla my nie want ek jag bittermin en ek was nog nie eers met die geweer in die jagveld nie. As jy dink hoe baie manne met silencers jag dan is die geweer dalk effens korter en nie so moeilik hanteerbaar met die lang loop op nie. Dit bly maar 'n persoonlike keuse.
Het jy met Frans se 260 geskiet? Elkgeval, ek hou ook nie van die kolf nie en sou persoonlik 'n Mcmillan A5 adjustable vat as ek kon. Die GRS is ook verstelbaar en dit is baie belangrik as jy ver begin skiet (dat die kolf jou pas).
Uit die centrefeed het my 260 lekker gevoer maar dit sukkel so bietjie uit die gewone Remington boks magesyn wat ek nou het. Dit pla my nie aangesien ek elkgeval enkelskoot skiet. Baie van die F-klas ouens skiet ook die 6.5 Impi, basies dieselfde maar met 35 grade skouers en hy kan dalk effens makliker voer uit 'n magesyn, maar om dies te kry gaan jou kos!
As ek jy was sou ek die reamer inbring sodat jy self die dimensies van die nek en vryboor kan spesifiseer. Vryboor lengte gaan afhang van of jy jou rondtes in 'n kort aksie magesyn wil laat pas of nie. Die 6.5mm koeels is baie lank en om regtig die dopkapasiteit te benut moet die koeels baie ver uit geseat word en dan pas 'n rondte nie in die magesyn nie. As die vryboor te lank is gaan jy sukkel met die ligter/korter koeels om hulle naby aan die lands te kry. Ek is baie gelukkig met my setup en die 130gr Bergers.
Vra gerus ek deel graag.
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri Mar 01, 2013 10:31 am
by Wouter Roets
Arnoldus
Wat se rondte gebruik jy in QL met die 260 AI?
Groetnis
Wout
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri Mar 01, 2013 10:37 am
by Arnold
Wouter, ek gebruik my eie 260 AI
Wat vir my redelik goed werk is die 260 Rem, 57gr H2O kapasiteit en 'n Weighting factor van 0.43. Die Weighting Factor maak egter min verskil en jy kan hom dalk opstoot na 0.45 of selfs 0.5 as jy baie konserwatief wil wees.
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri Mar 01, 2013 10:45 am
by Wouter Roets
Arnold
Dit is presies wat sou voorstel deur die standaard 260 te gebruik met net die dopkapasiteit van die Ackley.
Groetnis
Wout
Re: 260 Rem AI
Posted: Fri Mar 01, 2013 12:06 pm
by Hercules Louw
Arnold, dankie vir die deel van jou inligting, ek vind dit baie interessant.
Die tabel wat jy hierbo met looplengtes vir die 260Ackley en gewone 260Rem getoon het, het my geprikkel om te skryf.
Ek het 'n 6.5x284 Savage met 'n 24 duim loop bestel (hanteerbare geweer) en beplan om die 123 Nosler match, 120gr en 100gr Nosler Ballistic Tips en moontlik die Berger 130gr te skiet. Die dryfmiddel sal waarskynlik S361 wees, moontlik S365. Ek wil nie graag die druk bo 58 000 psi laat gaan nie, die loop moet darem so 2500 skote hou. Hoe sal hierdie kombinasie met jou 260 en 260Ack tabel hierbo vergelyk?