Page 1 of 1

Bly maar net lekker...

Posted: Sun Feb 28, 2016 10:18 am
by Ben Remington
Goeie more...

Ek was gou vining gister vir die dag uit na 'n vriend se plaas toe om iets met die boog te skiet.....rooibok, blesbok of springbok.

Ek was so 05h30 in die hide met die dag wat stadig besig was om te begin breek...die tarentale was vroeg besig om mekaar te jaag by die water en die kelkiewyne wat oudergewoonte kom water skep voor die dag te warm raak.

Die diere het teen so 09h00 se kant aktief begin suip en so 09h30 het 'n mooi trop rooibokke met twee baie mooi ramme aangestap gekom en ewe skielik gaan vassteek en begin blaas en almal in een rigting gestaar en hot en haar begin spring...ek kon dit nie verstaan nie en met hulle wat weghardloop het die varkbeer so 2 minute na hulle opgedaag...toe verstaan ek die geblasery.

Die vark het mooi dwars gaan staan op 21m en die pyl is aan die onderpunt van die hart deur...hy het gehardloop vir nog so 70m waar hy gaan val het onder 'n wag-'n-bietjie.

Teen so 17h15 het ek opgepak in die hide en met die geweer begin stap...17h45 het ek die rooibokram se afetsing tussen twee vaalbosse gesien waar hy effe skuins na my gestaan het...ek het gaan lê en gewag tot my asem trug was en hom heeltyd dop gehou deur die teleskoop...toe ek lekker rustig was het ek lekker elmboë ingekap in die nat sand en hom 'n goeie nekskoot geskiet ...hy het op die plek gesak...so eindig nog 'n lekker dag in die veld.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_083641_zpsaj011azb.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_084020_zpsm5rgo4ta.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_084211_zpscoycg7dy.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_125306_zpsyy8awa4d.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_114509_zpsd4to9qus.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_085714_zpsmqdtifoh.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_083816_zpsagytttlk.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_094645_zpsrx5ku4iq.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_120145_zpsiujekdy3.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_115356_zpszjq7wwfw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_103638_zpswcjdhmbu.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_104041_zpsxkp2x3tx.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_104415_zpsibtmtlxl.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160227_183857_zpsfv4bat67.jpg

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Sun Feb 28, 2016 11:16 am
by Capt. Yoda
Mooi rooibok daai, geluk Ben

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Sun Feb 28, 2016 11:55 am
by Pieterburger
More Ben,

Geluk met jou rooibok en vark. Nou waar was jou seun die keur?

Groete

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Sun Feb 28, 2016 12:05 pm
by Basie2
Altyd lekker om so'n dag te beleef, goed afgesluit. Dankie vir die deel.

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Sun Feb 28, 2016 12:25 pm
by Ben Remington
Pieterburger hy was gister by die ouetehuis se bazaar....hy vrek oor pannekoek ...die mense daar ken hom al en bederf hom vreeslik.

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Sun Feb 28, 2016 12:47 pm
by Bravo10
Baie geluk!

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Sun Feb 28, 2016 3:19 pm
by Johan Nel
Ben,
Ek lees elke keer jou drade baie gulsig en geniet die fotos van jou, jou seun en julle hond terdeë. Ek reageer nie noodwendig op elke draad nie. Ek wil egter vir jou se dat hierdie plekke waar julle jag regtig vir my baie mooi is, buiten natuurlik die pragtige jagtonele en prooidiere... ++>:
Ek beny jou hierdie wonderlike geleenthede en bewonder die moeite met hierdie geleenthede wat jy saam met jou seun spandeer.
Groete,
Johan Nel

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Sun Feb 28, 2016 8:38 pm
by Vlakvark Soldaat
Ben, jy leef ons almal se droom! Baie geluk met die pragtige diere!

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Sun Feb 28, 2016 10:12 pm
by Suikermuis
Baie geluk!

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Mon Feb 29, 2016 6:50 am
by Ben Remington
Johan Nel...

Ja nee ...ek en Myburgh is baie bevoorreg....ons geniet elke oomblik. ;D

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Mon Feb 29, 2016 6:57 am
by Baasvark
Vlakvark Soldaat wrote:Ben, jy leef ons almal se droom! Baie geluk met die pragtige diere!
Ek die stelling beskryf dit presies!

Geluk Ben. Altyd lekker om jou drade te lees!

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Mon Feb 29, 2016 8:52 am
by JuanVE
Ben, jy is bevoorreg. Geniet dit! Dis regtig 'n mooi omgewing en dit lyk asof die wild vollop is. Dankie vir ie mooi foto's.

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Mon Feb 29, 2016 9:53 am
by Arnold van Wyk
Die manne is reg Ben, julle lewe die lewe, eendag as ek groot is gaan ek ook een van daai varke skiet.

Re: Bly maar net lekker...

Posted: Tue Mar 01, 2016 12:42 am
by theedge
Net so maat