Page 1 of 1

Jag Luiperd Probleem

Posted: Thu Feb 25, 2016 11:55 am
by Termiet
Manne

Ek bestuur 'n wildplaas in die Oos-Kaap van 7500ha. Ons het 'n toerisme plaas wat ons bure is en het jag luiperde......die goed het al so aangeteel dat hulle dink hulle weet wat hulle het, maar weet nie regtig nie. Die plaas word natuurlik deur Engelse besit.

In die afgelope 5 jaar het ons al 4 katte gevang op die grond, alles per geluk en op die regte tyd op die regte plek. Ek sit nou met 'n kat wat al seker 'n jaar hier loop. Die spore was opgemerk amper 'n jaar terug maar nooit weer gesien nie en aangeneem die kat het iewers weer 'n gat in die draad gekry. Twee weke terug het ek alweer die spoor gekry by 'n rivier stroompie en my blesbokke en springbokke neem af by die week.

Ek kan nie die kat skiet nie omrede ek moet hom wettiglik vang (TOPS permit) sodat ons wettiglik stappe kan neem teen die ander plaas. Die probleem is ek sien die kat nooit nie en al is die permit al gereel moet ek oplossing kry hoe ons die kat gaan vang.

Is daar manne op die forum wat dalk 'n goeie pak honde het? Manne met vorige ondervindings. Om hokke uit te sit gaan nie help voordat ek nie weet waar die kat regtig loop nie. Helikopter weet ek werk nie. Enige raad?

Re: Jag Luiperd Probleem

Posted: Thu Feb 25, 2016 12:02 pm
by Geno
In die OosKaap kan jy vir Roy Sparks kontak. Hy het 'n goeie pak honde.

Re: Jag Luiperd Probleem

Posted: Thu Feb 25, 2016 12:14 pm
by Termiet
Ons het al Roy hier gehad in die verlede met een van die katte. Die kat het gaan sit op sy gat en die honde het 20m verby die kat gehardloop voordat hulle agter gekom het dit is 'n kat en nie 'n stomp nie. Ek was gelukkig met sy honde maar dink ons gaan 'n groter plan of baie baie goeie honde moet kry wat ken van jag luiperd jag of luiperd jag.

Re: Jag Luiperd Probleem

Posted: Thu Feb 25, 2016 12:17 pm
by Termiet
My ander alternatief is om die kat in te roep en te peil indien ek hom naby die bakkie kan inroep. Ek vermoed dis 'n mannetjie kat as jy na sy spoor kyk en ons het nog net mannetjies al gevang in die verlede. Dis asof die area by die plaas langs ons te klein is vir al die mannetjie katte, dan gaan soek hul ander plekke. Ek het 'n jag luiperd wyfie roep wat ek op die foxpro kan sit. Dit mag dalk een uitweg wees.

Re: Jag Luiperd Probleem

Posted: Thu Feb 25, 2016 12:53 pm
by Geno
Gavin Lipjes hier in Limpopo se honde spesialiseer in katte, maar ek weet nie of hy so ver sal ry om te jag nie.
Soek vir Dawie de Klerk op in Cradock. Ek dink amper hy het al jagluiperds in die kwaggapark geroep om te pyl.

Re: Jag Luiperd Probleem

Posted: Thu Feb 25, 2016 1:03 pm
by Tienie
SSG of LG

Re: Jag Luiperd Probleem

Posted: Thu Feb 25, 2016 10:25 pm
by JK
Ek het nog nooit n jagluiperd gevang nie, want hulle pla my nie. Hope luiperds ja. Die is maklik.

Volgens wat ek hoor is daar 2 maniere om hom in n hok te vang, i. is waar hy gereeld loop , en ii. is by sy speel boom.

Sit aas in die hok en kamofleur die hok met take ens, n deurloop hok werk beter. By sy speel boom maak jy n kraal van take om die boom en stel die hok in die hek.