Page 1 of 1

Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Wed Feb 24, 2016 6:34 pm
by Termiet
Dag se manne

Ek is benader deur 'n student wat DNA navorsing begin doen op jakkalse en rooikatte. Enige iemand wat graag wil help kan die student kontak en sy sal 'n DNA "kit" vir jou pos dat wanneer jy iets skiet, 'n DNA monster sal neem en sodra u 'n paar monsters het, vir haar pos asseblief.

For the purpose of our study we are looking for jackal and caracal samples from as many places in South Africa as possible, to conduct DNA-based research. We are hoping to collaborate with taxidermists to retrieve these samples, as jackals and caracals are still widely hunted.

Accordingly, with would sincerely like to ask if your hunting agency would be willing to collaborate with us and provide samples (leftover tissue) for our research. We would be forever grateful, as it is not easy to collect samples across a large geographic area.

All that is necessary is a small piece of untreated skin or meat (we will provide tubes and storage solution), the species name, and the place where it was shot. We will cover all the costs of transport. If you have any concerns or other questions please feel free to contact us: tensen.laura@gmail.com; 0746225598.

Groete

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Wed Feb 24, 2016 7:45 pm
by Geno
Sy is 'n greenie.

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Wed Feb 24, 2016 7:56 pm
by James Wilson
Geno wrote:Sy is 'n greenie.

Even me, I agree!

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Wed Feb 24, 2016 8:04 pm
by Capt. Yoda
Ja ne

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Wed Feb 24, 2016 8:12 pm
by Jackalsniper
Stuur eerder vir haar samples van wat die jakkalse als opvreet...

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Thu Feb 25, 2016 7:05 am
by FHM
Dnnner maar hulle 'druk' die afgelope week erg vir info!

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Thu Feb 25, 2016 9:43 am
by Termiet
Manne

Ek is party dae raad op. Ek is benader met die navorsing omrede ek jakkals jag en in die verlede met klein kat spesies geteel het. Dit is hoe die student my ken. Ek het met haar gesels en gevra dat ek dalk nog 'n paar manne kan kry wat kan help met DNA dan kom die DNA nie net van die Oos Kaap af nie. Sy vra nie julle help nie, sy het net mense benader wie sy ken wat haar dalk kan help. Ek benader julle omrede die in julle lyn is. As julle nie wil help nie dan los dit en los die kommentaar. Sy doen navorsing en kort DNA....met ander woorde die dier moet dood wees. Jy vat net 'n stukkie vel of vleis met jou data wat jy gewoonlik neem soos GPS, geslag en area. Verder wil sy niks weet van wie of hoe nie. Dit is 'n student, nie 'n donderse greenie nie anders het ek dit nooit voorgestel nie.

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Thu Feb 25, 2016 9:58 am
by Kolhasie
Termiet wrote:Manne

Die manne se vertroue is maar moeilik reeds oor die groenes so mal raak. Ek het ook dadelik gedink dis n groene wat die getalle soek hoeveel gedood word. my vraag..... Hoekom jakkels en rooikat?

Groete KH

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Thu Feb 25, 2016 10:25 am
by Geno
Termiet wrote:Manne

Ek is party dae raad op. Ek is benader met die navorsing omrede ek jakkals jag en in die verlede met klein kat spesies geteel het. Dit is hoe die student my ken. Ek het met haar gesels en gevra dat ek dalk nog 'n paar manne kan kry wat kan help met DNA dan kom die DNA nie net van die Oos Kaap af nie. Sy vra nie julle help nie, sy het net mense benader wie sy ken wat haar dalk kan help. Ek benader julle omrede die in julle lyn is. As julle nie wil help nie dan los dit en los die kommentaar. Sy doen navorsing en kort DNA....met ander woorde die dier moet dood wees. Jy vat net 'n stukkie vel of vleis met jou data wat jy gewoonlik neem soos GPS, geslag en area. Verder wil sy niks weet van wie of hoe nie. Dit is 'n student, nie 'n donderse greenie nie anders het ek dit nooit voorgestel nie.
Ken jy haar baie goed?
Het jy hier gelees?
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=93&t=47449

Click sommer ook hier dan kan jy sien hoeveel groen organisasies sy ondersteun. Onderandere Greenpeace.
https://www.facebook.com/laura.tensen.3/likes_all

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Thu Feb 25, 2016 10:50 am
by Kolhasie
Geno wrote:

So word jy raak getrap!!

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Thu Feb 25, 2016 11:04 am
by JuanVE
Jy word baie vinnig kwaai, die manne is maar net versigtig. Daar is baie inligting in die verlede teen ons as boere en jagters al gebruik om ons in 'n swak lig te stel.

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Thu Feb 25, 2016 11:18 am
by Termiet
Ja, jammer slegte dag.
Ek verstaan dit 100%. Ek sit in dieselfde bootjie as enige ander man op die forum. Ek verwag nie dat elke man elke jak of kat wat hy skiet vir haar te gee nie. Al kry sy net 10 monsters van elke provinsie is dit genoeg. Sy is van Holland en vat haar studies verder hier in SA omrede ons die wild het. Ja, sy is 'n groene maar nie die mal groenes wat ons hier in SA het nie.

Dit is maar vir elke man om te besluit of hy haar wil help met haar studies of nie.

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Thu Feb 25, 2016 11:20 am
by Supacow
Ek wonder of mens kan greenface ipv blackface ???

Re: Hulp met jakkals en rooikat navorsing

Posted: Thu Feb 25, 2016 4:14 pm
by G-force
Nee wat,geen greenie het die reg tot daai inligting nie.Hul dink almal die selfde en werk teen jagters net waar hul kan.Ek pass.