Page 1 of 2
.243AI hulp asb
Posted: Mon Feb 22, 2016 3:33 pm
by Johan04
Middag manne
Ek is ook nou die eienaar van n 243 AI.
Kan iemand my help met n lading asb?
.243 Howa Bul barrel 610mm
Lapua doppe H2O 55.6gr
Dop lengte 51.2mm
CCI 200 primers
Kruit S365 Lot 074 (die lot kruit is nou amper op en gaan dan lot 079 gebruik)
40.5gr S365 lot 074 gemiddelde spoed van 3033 fps
Sierra 85gr HPBT gebruik.Sal in toekoms V Max 85gr gebruik.
TPL was 63.9mm
Dankie waardeer.
Johan
Re: .243AI hulp asb
Posted: Tue Feb 23, 2016 7:30 am
by Johan04
Niemand nie?
Kort daar dalk inligting van my kant?
Re: .243AI hulp asb
Posted: Tue Feb 23, 2016 7:45 am
by Geno
Johan04 wrote:Middag manne
Ek is ook nou die eienaar van n 243 AI.
Kan iemand my help met n lading asb?
.243 Howa Bul barrel 610mm
Lapua doppe H2O 55.6gr
Dop lengte 51.2mm
CCI 200 primers
Kruit S365 Lot 074 (die lot kruit is nou amper op en gaan dan lot 079 gebruik)
40.5gr S365 lot 074 gemiddelde spoed van 3033 fps
Sierra 85gr HPBT gebruik.Sal in toekoms V Max 85gr gebruik.
TPL was 63.9mm
Dankie waardeer.
Johan
Daar is 'n lekker node teen 3330fps
Werk op soontoe in 0.5gr inkremente en kyk.
Dit lyk of dit rondom 44.5gr sal wees.
Re: .243AI hulp asb
Posted: Tue Feb 23, 2016 8:10 am
by Capt. Yoda
85gr HP teen 3300 skiet n blesbok uit sy slippers uit
Re: .243AI hulp asb
Posted: Tue Feb 23, 2016 8:56 am
by Johan04
Dankie Geno. Gaan hom probeer.
Re: .243AI hulp asb
Posted: Tue May 03, 2016 9:03 pm
by Johan04
Manne,ek kry redelike goeie groeperings met die geweer,maar nie konstant nie.
Ek het nou al meer as een ou se hulp gekry met ladings,maar die manne verskil.
Een ou se 44.1gr 365 is naby aan max druk en die volgende ou se 46.7 gr 365 is nog redelik veilig. Enige een wat dalk hier nog n opinie kan gee asb.
Net weer inligting omtrent die geweer en ladings.
Howa 243 AI Bull barrel
Loop lengte 610mm
H2O 56.5gr
Dop lengte51.2mm
koeel 75gr v max
Dryfmiddel S365 lot 074
TPL 66.8mm
Hier het ek met 44.5gr S365 n gemiddelde spoed van 3435vt/sek gekry.
Dag temp was +- 30 grade
Sal hulp waardeer.
Johan
Re: .243AI hulp asb
Posted: Tue May 03, 2016 9:06 pm
by Johan04
Ek gebruik CCI 200 slagdoppies.
Re: .243AI hulp asb
Posted: Wed May 04, 2016 7:49 am
by tripodmvr
Die BRF wat ek verkry met Lot 74 wys asof jy baie naby aan die lande is en dit die druk opjaag. Die spoed vertoon op die berekening moet jy met 15vps vrminder en dit is die lesing wat jy op 5m op die chrony moet probeer kry. 'n Lading van 43,7gr gaan jou naby bring. Node 3 is net oor maksimum druk en ek sou dit vermy.
Johan04 243AI S365 Node 4.JPG
Re: .243AI hulp asb
Posted: Wed May 04, 2016 11:07 am
by swc-tr
Hier is nog 'n ander antwoord wat QL ook kan gee.
243AI_75HVMax.jpg
Re: .243AI hulp asb
Posted: Wed May 04, 2016 11:35 am
by tripodmvr
Sien jy het baie goed getweak om by jou antwoord uit te kom. Hoe weet jy dat al daardie veranderinge die korrekte metode is?
Re: .243AI hulp asb
Posted: Wed May 04, 2016 12:11 pm
by swc-tr
pm gestuur.
Re: .243AI hulp asb
Posted: Wed May 04, 2016 12:20 pm
by Capt. Yoda
Hyt seker die DVD gekoop!!!
Re: .243AI hulp asb
Posted: Thu May 05, 2016 8:30 pm
by Johan04
Dankie vir jul moeite.
Tripodmvr,dink jy ek moet n bietjie verder van die lande af gaan? Ek weet ek is baie naby.
Groete
Johan
Re: .243AI hulp asb
Posted: Thu May 05, 2016 9:10 pm
by tripodmvr
Ek sal graag wil weet wie die priester is wat almal glo rondom afstand vanaf die lande. Hy preek zero afstand en almal hou daarby en sukkel met snaakse drukprobleme en groeperings. Gaan 1mm weg en kom ons kyk wat ons kan doen. Jou druk gaan nou baie val en die spoed daarby.
Re: .243AI hulp asb
Posted: Thu May 05, 2016 9:48 pm
by Johan04
Gaan hom so probeer.
Re: .243AI hulp asb
Posted: Fri May 06, 2016 8:25 am
by JW308
My 243 AI inligting:
28" Walther Lothar barrel
87gn Berger VLD Hunter
Cartridge length 69.85mm
Case length 51.08mm
H2O capacity 57.54
40.14gn S365 batch 071/07
Velocity 3259 fps
Ek gebruik Redding Kompetisie dies en seat 0.02mm vanaf die lands
Re: .243AI hulp asb
Posted: Fri May 06, 2016 12:49 pm
by Ben
Mmmm........

Re: .243AI hulp asb
Posted: Fri May 06, 2016 4:44 pm
by Gawie(13mm)
Ben wrote:Mmmm........


Nie eens 'n "hoe-sit?" nie.
Re: .243AI hulp asb
Posted: Fri May 06, 2016 5:42 pm
by Baasvark
tripodmvr wrote:Ek sal graag wil weet wie die priester is wat almal glo rondom afstand vanaf die lande. Hy preek zero afstand en almal hou daarby en sukkel met snaakse drukprobleme en groeperings. Gaan 1mm weg en kom ons kyk wat ons kan doen. Jou druk gaan nou baie val en die spoed daarby.
Ek begin standaard so 2mm van die lande af...
Weet nie hoekom die manne teenaan wil laai nie.
Stywe onderbroek gee net kopsere!
Re: .243AI hulp asb
Posted: Tue May 10, 2016 3:55 pm
by Johan04
Tripod,ek het darm kans gekry om te skiet, Het laaste paar dae baie wind en reen gehad.
5 skote gemiddelde spoed 3199 vt/sek.
Het 2mm van lande af gelaai.
Glad nie n goeie groepering nie,seker so 50mm.
Hoekom sou die volgede gebeur? Van skoot 1 tot 5 was die spoed die volgende.1)3221 2)3208 3)3194 4) 3181 5)3191
Skoot no 1 was die laagste en skoot 5 die hoogste op die teiken met skoot 3 en 4 wat mekaar sny. Maw met elke skoot n bietjie hoeer al hoe wel die spoed stadiger is.
Groete
Johan
Re: .243AI hulp asb
Posted: Tue May 10, 2016 10:01 pm
by likweD
Hi Johan,
Is jou teleskoop mooi vas?
Ek lees ook graag ander met gesoute manne se menings..
Groete,
Halvar
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Re: .243AI hulp asb
Posted: Tue May 10, 2016 11:55 pm
by Andre308
Johan, as ek my dinge hier reg het, dan skiet jy met n Howa.
1.Het jy die Rubber kolf op?
2. Raak jou loop jou kolf?
3. Hoe lank tyd gegee tussen skote?
Re: .243AI hulp asb
Posted: Thu May 12, 2016 3:59 pm
by Johan04
Ja manne.,als vas ens.
Ek is dalk vol dinge want kry redelike groepe maar voel dit kan nog beter.
Groete
Johan
Re: .243AI hulp asb
Posted: Thu May 12, 2016 4:01 pm
by Gawie(13mm)
Johan04 wrote:Ja manne.,als vas ens.
Ek is dalk vol dinge want kry redelike groepe maar voel dit kan nog beter.
Groete
Johan
Wat is redelike groepe?
Re: .243AI hulp asb
Posted: Thu May 12, 2016 4:18 pm
by tripodmvr
Johan04 wrote:Tripod,ek het darm kans gekry om te skiet, Het laaste paar dae baie wind en reen gehad.
5 skote gemiddelde spoed 3199 vt/sek.
Het 2mm van lande af gelaai.
Glad nie n goeie groepering nie,seker so 50mm.
Hoekom sou die volgede gebeur? Van skoot 1 tot 5 was die spoed die volgende.1)3221 2)3208 3)3194 4) 3181 5)3191
Skoot no 1 was die laagste en skoot 5 die hoogste op die teiken met skoot 3 en 4 wat mekaar sny. Maw met elke skoot n bietjie hoeer al hoe wel die spoed stadiger is.
Groete
Johan
Wat was die lading en TPL en is dit nog steeds die 75VMax?