Page 1 of 1

Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Sun Feb 21, 2016 8:20 pm
by Ben Remington
Goeie naand...

Ek en my ou maat was weer Kalahari se kant toe...en soos altyd was dit vir my 'n voorreg om saam met hom te kon wees...
Vrydagmiddag toe ons ry sê hy vir my hy wens hy kan 'n lekker groot bojaan mannietjie en 'n jakkals skiet...net so voor sononder het ek en hy paar varke onder 'n Witgatboom skoon gemaak en die volgende oggend vroeg was daar 'n jakkals besig met ontbyt en hy kon 'n goeie dooie rus skoot op so 110m kry en op die manier het sy eerste jakkals geval.

Die Kalahari is grotendeels nog kaal al het baie reën al geval...nog 'n duim of twee sal nodig wees om die gras goed uit te druk...wat wel opvallend was is dat die varke binne 'n maand en 'n half spekvet geword het van die groen opslag...veral die duwweltjies het baie gehelp.

Die twee aande wat ons uitgeslaap het was weer gekenmerk deur die geur van kameelhout op die vuur en die jakkalse wat in die agtergrond saam gesels en die Koringvoëls wat vroeg in die oggend aankondig die dag begin breek...

Wat ook baie opvallend was is die aktiwiteit van skerpioene nadat heelwat insekte begin uitbroei het..

Hier is so paar fotos ....

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160221_101527gkjkkh_zpst2ssbxcf.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160221_102158kjhjjkhkj_zps633ornyo.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160221_102212ghjhj_zpsodfhah3j.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160221_1023370hkjhjkl_zps7y1ldxnn.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160221_101624jhjj_zpstwrqt1tn.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160221_101224.h.kjhjklhjlk_zpskfiywwo6.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160221_101035kljjhj_zpsiirsuwxk.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160221_114537kjhmgh_zpsuwrbvcky.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160219_181539hhhgkgkjh_zpsr2nablpa.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160220_071548fhfhgf_zpss2lonnju.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160219_161600klhllj_zps6vobjr6k.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160219_170209klhlhjlk_zpsdzjg5umu.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160219_170312nm...b._zpsvvenzfwl.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160220_080536jjffdh_zpsnr02akxz.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160220_084532jhlkhjhkjhghk_zps8gmetj6t.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160220_092956hghjghjkkjgf_zps35y8zrbp.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160220_094111vndffhjd_zpsrormx3us.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160220_094007gkjghhg_zpsgpfha40v.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160220_164639jkhjljkkjhkj_zpsanl4hvvn.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160220_184506jfhfghfjg_zps5geuntfm.jpg

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Sun Feb 21, 2016 8:29 pm
by DWB
Ben,

Will you be my daddy? ;D

Baie mooi! Baie geluk Myburgh

Geniet elke oomblik saam mekaar!

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Sun Feb 21, 2016 10:23 pm
by Suikermuis
Baie geluk!

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Mon Feb 22, 2016 10:23 am
by .303 JAGTER
Ben, Jis dit is so spesiaal om sulke tyd saam met jou seun te kan geniet.Ek is seker dit is elkeen van ons Jagter Pa's se grootste begeerte, maar as jy in die stad bly , is sulke geleendhede maar wyd verspreid en skaars soos hoender tande. Myburgh sal hierdie herhinderinge nog tot sy oudag koester wat hy saam met sy Pa in die jagveld spandeer het.
Bou so voort, jy kweek n bobaas jagter daar Ben, mooi so Myburgh.

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Mon Feb 22, 2016 12:01 pm
by Daneel
Ja ne dit is nou lekker op sy beste..
Julle Manne van die Kalahari weet net hoe om n Maandag langer te laat voel.
Geniet elke oomblik, dit is kosbaar.

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Mon Feb 22, 2016 1:13 pm
by Bees
Weereens awesome Ben! Mooi man

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Mon Feb 22, 2016 8:56 pm
by Vlakvark Soldaat
Weereens seg ek dit lyk awesome! Vat my rn my twee seuns seblief saam! Luan is vandag 5 en die man wil net skiet! Klein Matteo is nou 2 en half, en dit soek net vlakvlak!

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Tue Feb 23, 2016 11:02 am
by koos 2
Baie geluk man !!!

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Tue Feb 23, 2016 11:34 am
by FHM
Lyk sommer bitter lekker so saam die jong man Ben! Dis dae wat hy eendag aan jou kleinkinders sal oorvertel.
Laat my ernstige heimwee kry van so 40 jaar terug saam met die ouman in daai selfde duine - ek sien myself in jou laaitie se gesiggie, waar is die tyd heen! ;)
Pragtige fotos maat!

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Wed Feb 24, 2016 10:29 pm
by Joe13
Dit lyk vreeslik lekker. Dankie vir die deel. Dit brand ny om in die veld te kom. Maar soos genoem ons stads mense kom nie veel in sulke geleenthede nie.

Jou storie waar die hout brand maak my sommer groen.

Baie lekker!

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Wed Jun 22, 2016 10:56 am
by Springkudu
Jissie Ben, ek het nou so paar van jou ou posts gelees en lyk vir my jy roer omtrent elke week iets.

Net 'n dom vraag oor die knaldemper (Enige iemand kan hier natuurlik antwoord) ek sien baie ouens draai net die knaldemper toe met die camo lap/tape, is daar 'n rede hiervoor of is dit maar net persoonlike "taste"?

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Thu Jun 23, 2016 10:45 pm
by Ben Remington
Springkudu...

My hoofrede hoekom ek dit doen is omdat ek omtrent glad nie van ñ voertuig af skiet nie....so wanneer ek loop in die veld en my geweer iewers staan maak is dit gewoonlik die silencer wat kontak maak met oppervlaktes soos klippe....draad...bosse en takke en wanneer ek die geweer insit en uithaal uit die sak beskerm dit effe die verf ook teen die skuurdery.


Groetnis

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Fri Jun 24, 2016 8:05 am
by Springkudu
Goeie idee, baie dankie!!

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Fri Jun 24, 2016 9:16 am
by Omnia
Smaak my hy en daai "wire hair terrier" is onafskeidbaar !!

Re: Weer lekker saam Myburgh gekuier...

Posted: Fri Jun 24, 2016 11:44 am
by gbvl
Praat jy van die hond of die vlakkie?

Sent from my SM-G930F using Tapatalk