Page 1 of 1
more se vlakvark jag
Posted: Mon Jun 20, 2011 5:23 pm
by Francois Briedenhann
Naand ooms ek wil net biekie tips vra. Waneer is die beste tyd vir vlakvark en waar?bv naby water ens.ek wil graag more een skiet so n biekie tips sal werk.
Groetnis
FB
Re: more se vlakvark jag
Posted: Tue Jun 21, 2011 9:20 am
by foxripper
Francois, enige tyd van die dag by n water drinkplek. Ek het al heeldag by n waterpunt gesit en hul is heeldag daar maar het die meeste op laatnamiddag gesien.
Re: more se vlakvark jag
Posted: Tue Jun 21, 2011 12:04 pm
by 243Songdaug
Cois.
Varke is maar heeldag besig - ek maak so:
Ek kyk by waterpunte van watter kant hulle normaalweg inkom.
Dan soek ek area's wat hulle omdolwe - dis 'n sure give away
Kyk watter voetpaaie hulle gebruik - MOENIE IN HUL VOETPAAIE LOOP NIE! Loop langsaan in die veld.
Luister en kyk vir beweging as jy in die veld is - hulle beweeg baie stil, maar as hulle wei is hulle nogal geselserig.
as jy 'n vark bekruip en hy hardloop weg, MOENIE 'n skoot waag nie, wag so bietjie dat hy kalmeer en bekruip dan weer.
As jy weet watter padjies hulle gereeld gebruik kan jy hulle voorsit langs hierdie paadjies.
Ek persoonlik hou nie daarvan by hulle by die water voor te sit nie, hoewel dit baie effektief is - dis vir my 'n uitdaging om hulle te uitoorl? in hul eie speelveld.
As jy voorsit moenie:
'n pel saamvat nie - hulle wil net sit en str@nt praat
'n girl saamvat - doen dieselfde as jou pel
rondloop in die omgewing nie - sit stil
lekkers eet wat raas as jy dit oopmaak nie
Vat 'n sagteband boek saam wat nie raas as jy omblaai nie en ontspan. verseker dat jou skootvak oop en veilig is - O ja, waarsku tog die werkers om weg te bly uit die area.