Page 1 of 1
Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Thu Feb 18, 2016 4:20 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê manne.
My diff sleep op die grond.
My Navara se vorige eienaar het my opgesaal met 'n Iron man suspensie. Ek het middel laasjaar die agterste skokbrekers vervang en nou is dit die voorste paar se beurt.
Waar kan 'n man goeie pryse kry. Ek kan hul self vervang. Die manne by wie ek pryse uitvind het net een prys: Klaar geïnstalleer!
Ek moet nog twee gewere ook aan die gang kry voor die jagseisoen, maar sonder my kar help dit ook boggerol.
EK IS IN DIE BOLAND.
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Thu Feb 18, 2016 4:24 pm
by Chevvy SS
Hoekom weer Iron Man?
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Thu Feb 18, 2016 4:40 pm
by Gawie(13mm)
Chevvy SS wrote:Hoekom weer Iron Man?
Agv. van die langer kronkel vere is dit al wat sal pas.
Die Gabriel Safari is te kort om optimaal te werk en die HDP van Gabriel is duurder as die Iron man.
Enige ander voorstelle?
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Thu Feb 18, 2016 4:53 pm
by JTM
Rancho shocks? Probeer die nommer vir Validtrade (021) 510 1032 / 5
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Thu Feb 18, 2016 5:02 pm
by Gawie(13mm)
JTM wrote:Rancho shocks? Probeer die nommer vir Validtrade (021) 510 1032 / 5
Dankie Jannie.
Ek sal hul more oggend bel.
Hulle het duidelik 5 uur hul deure gesluit.

Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Thu Feb 18, 2016 5:08 pm
by JTM
Jy kan dit by Goldco in Brackenfell ook koop om self op te sit. 021 981 6004
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Thu Feb 18, 2016 5:13 pm
by kudu375
Hi Gawie,
het jy dalk First alignment centre Johan viljoen 08twee trippel5 8twee41(stikland) probeer?
volgens ons Ironman rep (Deon 07ses 79twee 4683)is hy die agent innie kaap
hoop jy kom reg
mooi dag
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Thu Feb 18, 2016 5:28 pm
by Andre308
kudu375 wrote:Hi Gawie,
het jy dalk First alignment centre Johan viljoen 08twee trippel5 8twee41(stikland) probeer?
volgens ons Ironman rep (Deon 07ses 79twee 4683)is hy die agent innie kaap
hoop jy kom reg
mooi dag
Roep hom sommer Johan Tyre. Sy diens is goed.
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Thu Feb 18, 2016 5:34 pm
by Gawie(13mm)
kudu375 wrote:Hi Gawie,
het jy dalk First alignment centre Johan viljoen 08twee trippel5 8twee41(stikland) probeer?
volgens ons Ironman rep (Deon 07ses 79twee 4683)is hy die agent innie kaap
hoop jy kom reg
mooi dag
Ek is nou regtig "cheap", maar Johan was R 200.00 duurder as my plaaslike SPEEDY.
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Thu Feb 18, 2016 8:36 pm
by ruaanb
Gawie stuur vir my model info etc dan hoor ek by n vriend wat in die trade is.
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Fri Feb 19, 2016 7:27 am
by kudu375
Gawie(13mm) wrote:kudu375 wrote:Hi Gawie,
het jy dalk First alignment centre Johan viljoen 08twee trippel5 8twee41(stikland) probeer?
volgens ons Ironman rep (Deon 07ses 79twee 4683)is hy die agent innie kaap
hoop jy kom reg
mooi dag
Ek is nou regtig "cheap", maar Johan was R 200.00 duurder as my plaaslike SPEEDY.
Cheap but easy?

Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Fri Feb 19, 2016 8:24 am
by Ratel
Gawie
Kyk gerus na Monroe magnum gas ook. Ek het in my Hardbody van hulle gehad en nou weer in my Fortuner en ek is baie tevrede met hulle veral vir die prys.
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Fri Feb 19, 2016 8:27 am
by JTM
Ek het ook Monroe Gas Magnum in my Hardbody gehad. Het lekker gewerk. Ek weet net nie of hulle in extended travel weergawes uitkom nie. Die Rancho is wel so beskikbaar. Die Rancho word ook hier deur Monroe gemaak so vêr ek weet.
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Fri Feb 19, 2016 11:45 am
by Gawie(13mm)
Dankie manne, vir al die raad en bystand. Tussen Jannie, Johan, Dirk en Ruaan het ek reggekom.
My probleem is 'n klein bietjie groter as net die skokbrekers.
Ruaan het my na 'n vriend van hom verwys wat spesialiseer in 4 x 4 ombouïngs en veral Navaras.
My bakkie se bande loop aan die buitekant af. Dit wil voorkom of die bakkie "swaar diens" kronkel vere in het met die intreevlak skokbreker van Ironman. Dit veroorsaak dat die neus hoër gelig is as wat aanvaarbaar is. Omdat ek nie 'n swaar buffer en wenas op het nie, staan die neus nou te hoog. Die laer wens-bene is nou te kort en die kantel van die wiel kan nie genoegsaam verstel word nie.
Vandaar die afloop aan die buitekant. Ek sal die naweek die kronkel vere moet beloer en kyk of ek die reeksnommer kan gewaar.
Dankie vir almal se raad en bystand. Smaak my ek gaan hom wen.
Jannie, daai opsie van jou is amper 'n R 1 000.00 goedkoper per skokbreker en volgens Ruaan se vriend is die waarborg beter as die van die Ironman. Ek sal die naam en model van daai skokbrekers bevestig sodra ek die kwotasie kry.
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Fri Feb 19, 2016 11:58 am
by PWV
Smaak my die ou wat die bakkie voor jou gehad het, het hom by die verkeerde gunsmith gehad!

Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Fri Feb 19, 2016 12:04 pm
by ruaanb
Mooi man nou het jy die ware waarheid.
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Fri Feb 19, 2016 3:56 pm
by Baasvark
Verkoop eerder die Navara [SMILING FACE WITH SMILING EYES]
Re: Beste pryse vir Iron man skokbrekers
Posted: Fri Feb 19, 2016 5:43 pm
by junglejulian
Daai Navara kan maar nog vir n rukkie soos n hiena loop.daar word nou eers bietjie geskiet..